Monday 30 December 2019

'n Doel vir die Bloggers BOM

Terwyl die tropiese storm Calvinia daar buite woed, is daar geen beter rede om snoesig binne te bly en te kwilt nie :) Ek wag nog vir Boeta se materiale om te arriveer, so ek maak werk aan Sussie se kwilt.

Ek wou oorspronklik dieselfde patroon gebruik as vir Boeta se kwilt, maar het gou besef dat indien ek 4 ekstra blokke byvoeg by die Bloggers BOM projek, dan is die kwilt feitlik groot genoeg vir Sussie. So dis presies wat ek gedoen het.

While tropical storm Calvinia is causing havoc outside, there is no better reason than to stay inside and quilt :) I am still waiting for DS's fabric to arrive, so I started working on DD's quilt.

Originally I wanted to use the same pattern as that of DS's quilt, but I soon realised that if I add 4 more blocks to the Bloggers BOM project, the quilt will be big enough for her. So that is exactly what I did.


Hier is al die blokke uitgelê, voor ek die nuwe blokke bygevoeg het. / Here are all the blocks laid out, before I added the new blocks.


Ek het by die oorspronklike konsep gehou en 2 van elke blok gemaak. Hierdie blokke kom uit die Farmers Wife kwilt, wat ook eendag in die pyplyn sal wees.

I kept to the original concept and made 2 of each block. These blocks come from the Farmers Wife quilt, which will also be in the pipeline one day.



'n Bietjie speel met die uitleg, 'n paar uur agter die masjien en ure se spandeer om te besluit wat om te doen vir 'n buiterand, en dis hoe die kwilt tans lyk.

A bit of layout designing, a few hours behind the machine, lots of hours trying to find a border design, and this is what the quilt looks like at the moment.


Ek is bly ek het besluit om eers 'n klein wit randstrook in te sit, voor ek die gekleurde randstrook en dan 'n derde klein wit randstrook vaswerk. Oorspronklik wou ek goudkleurige materiaal ingewerk het, maar die materiaal wou nie so lekker met die res van die kwilt saamwerk nie. Dis toe dat ek begin rondsoek het na idees vir die randstroke.

I am very happy that I decided to add a narrow white border first, before adding a coloured border and then a narrow white border again. Originally I wanted to add gold coloured fabric, but it didn't work so well with the rest of the quilt. It was then that I started looking around for ideas for the border.

Indien die weer steeds goor is môre, sal ek weer aandag aan die kwilt gee, andersins eers later die week weer.

If the weather is still bad tomorrow, I will continue on this quilt, otherwise it will be later this week.


Tuesday 10 December 2019

Impromptu kwilt

Ek het nog 2 DJ blokke om vir julle te wys. Beide hierdie blokke lyk nie heeltemal soos die blokke in die oorspronklike kwilt nie. Ek dink die skrywer het die patroon aangepas. Ek het nog sulke blokke teëgekom, en het besluit om daardie blokke soos diè in die kwilt te laat lyk, eerder as om die patroon in die boek te volg.

I have 2 more DJ blocks to show you. Both these blocks doesn't look exactly like those in the original quilt. I think the author adapted the patterns. I had more blocks like that, and decided to replicate those blocks in the quilt, rather than follow the pattern in the book.



Na hierdie 2 blokke voltooi is, het ek nie meer gedrukte patrone gehad nie. Intussen vra Boetie die heeltyd nog vir 'n kombers, sedert ek my DJ begin het. Ek gryp toe 'n materiaal pakkie, wat ek as geskenk by iemand gekry het, en die pakkie het 'n gratis patroon by. Ek besluit toe om die patroon vir hom te maak...

After these 2 blocks were finished, I didn't have any more printed patterns. In the meantime DS has been asking me for a "blanket" ever since I started my DJ. I grabbed a fabric pack, which I received as a gift, and in this packet was a free pattern. So I decided to make this for him.


Dis die patroon wat saam met die materiaalpakkie gekom het. Dis 'n maklike en vinnige patroon. / This is the pattern that came with the fabric pack. This is an easy and quick pattern.


Hierdie is die materiaal wat in die pakkie gekom het. 20 verskillende lappies, elkeen herhaal om 'n totaal van 40 10" lappies te maak. /
This is the fabric that came in the packet. 20 different pieces, each repeating to make a total of 40 10" pieces.


Die voltooide bokant. Die randstrook is nie deel van die patroon nie. Ek het dit bygewoeg sodat Boetie darem 'n jaar of twee lank die kwilt kan gebruik ;) Die bokant is ongeveer 158cm x 158cm /
The finished quilt top. The border is not part of the pattern. I added it so that DS can have at least an extra year or two's worth of use from the quilt ;) The top is about 62.5" x 62.5".

Nou moet ek wag vir watte-ersel en die rugkant. Terug na DJ... Tot later!

Now I need to wait for batting and backing fabric. Back to DJ... Until later!

Tuesday 26 November 2019

DJ vordering is maar stadig

Vordering is maar stadig hierdie rondte deur. Die "foundation piecing" blokke begin nou vir my ingewikkeld raak ten opsigte van die aanmekaar werk. Ek het darem weer 5 blokke om vir julle te wys.

Progress is slow this time around. The foundation piecing blocks are starting to get difficult for me, with regards to the assembly. I can at least show you 5 more blocks.


Friday 1 November 2019

Nuutste vordering op DJ

Verlede week was 'n goeie week vir Dear Jane. Ek het 8 blokke voltooi. Hierdie week was ek minder suksesvol, met slegs 2 blokke tot dusvêr (foto's daarvan met 'n volgende geleentheid)

Last week was a very good week for Dear Jane. I managed to complete 8 blocks. This week was not such a great week, with only 2 blocks so far (photos of them in a future post)


Die groen blok links-bo is my gunstelling. Ek kon die groot groen blokke "fuzzy cut" en die algemene blok meer uniek maak.

The green block top row and left, is my favourite. I fuzzy cut the big green blocks, to make the overall block more unique.

Hopelik kan ek nog 'n blok of twee hierdie naweek voltooi. Tot later!

Hopefully I will finish another block or two this weekend. Until later!

Saturday 19 October 2019

Nog 6 blokke klaar

Ek het die laaste 2 weke nog 6 blokke klaargemaak vir die Dear Jane kwilt, en ek het 'n paar blokke herstel ook.

I completed 6 more blocks for the Dear Jane quilt the last 2 weeks and I repaired a few blocks as well.

In die linkerkanste blok was nie al die Nine-patches in lyn gewees nie, so ek het dit herstel. Die driehoek is 'n nuwe blok, maar ek het oorspronklik nagelaat om 'n naattoelating aan die onderkant te los en het dit besef nadat ek die hele blok voltooi het. Ek het net die onderste pers gedeelte vervang.

For the left block, the Nine-patches didn't line up properly, so I fixed that. The triangle is a new block, but after I completed it, I realised I never had a seam allowance at the bottom of the triangle. So I replaced the bottom purple part.
 

Die pienk blok links is ook 'n nuwe blok en het dieselfde probleem as die geel blok gehad, in die sin dat die buitenste randstroke was nie groot genoeg om 'n ordentlike naattoelating te hê nie, so nadat ek die pienk blok gemaak het, het ek beide blokke se randstroke vervang met brëer stroke.

The pink block on the left is also a new block, and ended up having the same issue as the yellow block, which was that the outside borders weren't wide enough for proper seam allowances. So after I finished the pink block, I replaced both blocks' borders with wider strips.


Met hierdie blok het ek gesukkel om die blok die regte grootte te kry. Ek was alles tussen 1/8" en 1/2" uit gewees. Ek dink die feit dat ek 11pm nog aan die gang was het nie gehelp nie ;) Ek het die driehoeke 3 keer vervang, voordat ek tou opgegooi het. Die volgende dag het ek net nodig gehad om 1 driehoek te vervang. Die blok is nie 100% 5" groot nie, maar dis naby genoeg.

I really struggled with this block to get it the right size. I was out from 1/8" to 1/2". I think that fact that I was still sewing at 11pm didn't help ;). I had to redo the triangles 3 times before I got fed-up. The next day I had to change one triangle only. The block isn't 100% 5" big, but it is close enough.


Uitgesluit al die herstelwerk, is hierdie dan my werk vir die laaste 2 weke

Excluding all the repairs, this is my work for the last 2 weeks.

Dusvêer het ek 350 stukkies materiaal vasgewerk. Die Dear Jane kwilt se totale "piece count" is 5 602 stukke. Ek wonder of dit die "sashing" insluit?
Korreksie - ek het 375 stukkies materiaal vasgewerk. Ek wou al die blokke wat reeds voltooi is neerskryf, en die hoeveelheid stukkies per blok, toe ek besef het dat ek het 'n optelfout gemaak.

So far I have sewn 350 pieces of fabric together. The Dear Jane quilt's total piece count is 5 602 pieces. I wonder if that includes the sashing? 
Correction - the piece count is 375. I wanted to write down all the completed blocks and their piece count, when I realised that I made a counting error.

Monday 7 October 2019

Borduur kwilt en Dear Jane

Ek het stadig aan begin vordering maak met my borduur kwilt, totdat daar 'n klein ongelukkie gebeur het. Dit het iets te doen met 'n rooi sak wat nat geword het en kleur uitgeloop het. Hierdie rooi sak is toe bo-op my borduurstuk geplaas en die kleur het oorgeloop tot op die borduurstuk. Noodeloos om te sê wat was baie ongelukkig toe ek dit ontdek. Gelukkig wel, is dat ek kon die vlekke feitlik uithaal. Dis 95% weg, en as jy weet waarvoor om te kyk, sal jy dit kan sien. Andersins is dit goed genoeg om nie 'n ramp te wees nie. Ek het al die "halo's" van die engele klaar, en die vlerke van nog 2 engele klaar (jammer, geen foto daarvan nie).

I started making some progress on the embroidery quilt, when a mishap happened. It involves a red bag getting wet and begin placed on top of my embroidery piece. It then so happened that the red started running...It goes without saying that I was very upset when I discovered it. Luckily, I did manage to mostly make the stain go away. It is about 95% vanished, and if you know where to look, you might find it. But I am satisfied that it isn't a disaster anymore. I have after that completed all the halos of the angles and I finished 2 angles' wings (sorry, no photo of that)

Voor ek die borduurstuk begin was het / Before I started washing the piece

Terwyl ek na die soveelste was vir die borduurstuk gewag het om droog te word, het ek aan 'n ander stuk gewerk. Dit het my darem so bietjie beter laat voel en die emosies gesus :)

While I was waiting for the embroidery piece to dry, after the so-many-th was, I decided to work on another piece. It did calm the emotions a bit and I soon felt better :)


My gedagtes het egter gou begin draai na die "boks in die hoek" met al my Dear Jane materiale in, en vir die laaste paar dae het ek daaraan begin werk. Die plan is om alles wat ek met die masjien eers kan vaswerk, te verwerk en dan oor te gaan na die "foundation piecing" en appliek. Dusvêr het ek 12 blokke klaar. Daar is geen kleurplan nie, ek maak dit behoorlik "scrappy".

My mind kept wandering to the "box in the corner" lately, with all my Dear Jane fabrics in. And so I have started working on those. The plan is to first finish all the machine piecing pieces, then move over to foundation piecing and applique. So far I have finished 12 blocks. There is no colour placement plan. It is all scrappy.


Aan watter opwindende projekte werk julle?

On which exciting projects are you working on?


Saturday 24 August 2019

Wat is volgende?

Nou dat die blou kwilt klaar is, het ek die volgende onvoldooide projek se boks uitgetrek. Ek het gemeen om weer aan die Blogger's BOM Kwilt te werk, maar ek het gou besef dat ek nog nie die korrekte uitleg in gedagte het nie en het die kwilt weer teruggesit in sy boks. Ek het toe die Borduur Kerskwilt uitgehaal en daaraan begin werk.

Now that the blue quilt is finished, I grabbed the next "work in progress" box. First I wanted to work on the Blogger's BOM quilt, but the layout baffled me again, and so I put that back. I grabbed the Embroidery Christmas Quilt and started working on that instead.


Hierdie foto is die vertrekpunt van hier af aan. Dis die vordering wat ek gemaak het, terug in Maart 2016. Vir die ander blokke wat reeds borduur is, gaan kyk op die skakel aan die regterkantste paneel genaamd "Embroidery". Die blog inskrywings sal daar vertoon.

This photo will be the reference point from here on. This is the progress I made back in March 2016. For the other completed blocks, please refer to the "Embroidery" link on the right hand panel. The blog posts will show up there.


Ek het hierdie week die 2 karakters in die middel voltooi en die halo van die ander engeltjies ook vasgewerk. Ek vind dit uitdagend om met die metaal gare te werk, so ek gaan probeer om al die metaal gare gedeeltes eers klaar te maak, sodat dit uit die pad kan kom. Nie heeltemal seker hoeveel vordering ek sal kan maak nie, aangesien als "terugkeur na normaal" volgende week, wanneer die skoolvakansie eindig en die normale roetines weer in plek val.

I completed the 2 characters in the center this week and the halo of each of the other angels. I find the metallic thread challenging to work with. So I am going to try and finish all the parts that requires the metallic thread first, then that is out of the way. I am not sure how much progress I am going to make, since everything returns "back to normal" next week when the school holidays comes to an end and normal routines fall in place again.

Dis dit vir nou. Tot later!

That's that for now. Until later! 

Sunday 18 August 2019

Die Blou kwilt is klaar!

Eerstens, baie jammer aan almal wat kommentaar gelos het, wat geen terugvoer van my af gekry het nie. Vir een of ander rede het ek nie die kennisgewings gekry dat jul kommentaar geplaas was nie. Ek sal so spoedig moontlik daaraan aandag gee, en op jul plasings antwoord.

First of all, apologies for those who left comments, and who did not get any feedback from my side. For some  reason or another, I did not get the notifications that your comments were submitted. I will look into it soonest and reply on your comments.



Na my vorige inskrywing, het ek terug gegaan na die omboorsel, die hoeke wat reeds vasgewerk was losgetorring en die hoeke weer vasgestik, die keer op die "korrekte" manier. Dit het 'n wêreld se verskil gemaak, en die afronding lyk soveel beter.

After my last post, I went back to the binding, undid the corners which were already stitched, and redid it all the "right" way. It made a world's difference and the finishing looks so much better.

Intussen het ek kort tye gehad om aan die omboorsel te werk en het gisteraand die laaste stukkie vasgewerk en die los gare ingewerk. Dis altyd 'n wonderlike gevoel om 'n klaarproduk te sien, met die wete dat daar soveel tyd, liefde en geduld in die projek ingegaan het.

I had short periods "here and there" to work on the binding and I finish the last bit last night. I also took care of the loose threads by hiding them into the quilt. It is always a wonderful feeling to see a finished project, especially when you know how much time, love and patience went into the project.

Die voorkant: Ek hou baie van die kontras in waarde en die effek wat dit skep. /  
The front: I like the contrast in value a lot and the effect that it brings.

Die rugkant: die gekleurde strook is bloot daar om die ekstra lengte/breedte aan die agterkant te gee. Die laken was net daardie stukke te smal om die hele rugkant te dek. /
The back: The coloured part is only there to give me the extra length/width at the back. The sheet was only that bit too narrow to cover the whole backing.

Die kwilt sal nou sy pad na sy nuwe eienaar maak, aangesien hierdie na 'n kollega gaan.

The quilt will now make it's way to it's new owner, as this is going to a colleague.

Met die projek agter die rug, het ons bietjie in die Black River National Gorges gaan stap vandag. Met al die reën wat ons die seisoen gekry het, het die rivier sterk gevloei. Dit was baie lekker om die rivier weer so vol te sien, aangesien die laaste paar jaar redelik droog was by ons.

With the project behind me, we went for a walk in the Black River National Gorges. The river was flowing strong thanks to the amount of rain that was falling this season. I am very happy to see the river so full, as it has been dry here the last few years.




Wat het julle gedoen hierdie naweek? 

Tot later!

What did you do this weekend?

Until later!

Saturday 29 June 2019

Insig van 'n vriendin

Na my laaste blog inskrywing, het my  dierbare vriendin Astrid haar insig gegee oor waarom sy dink my omboorsel se hoeke nie reg wil omvou nie...en sy was reg!

Sy het vir my hierdie video skakel aangestuur, en ek het onmiddelik my fout besef - ek het my naat al die pad tot die einde gestik, en dan die omboorsel omgevou vir die volgende naat. Wat ek moes does was om 1/4" voor die einde te stop, die omboorsel te vou en dan met die volgende naat te begin.

So, hierdie naweek torring ek hoeke los en stik hulle weer KORREK vas!

Ek het sulke wonderlike vriendinne :)

My dearest friend Astrid, gave me her insight on why she thinks my corners didn't fold properly, after she read my previous blog entry...and she was right!

She send me this video link and I immediately realised what I did wrong - I stitched the seam all the way to the end and then folded the binding and restarted, instead of stopping 1/4" before the end and then folding the binding before restarting. 

So this weekend I am ripping seams and restitching them the CORRECT way!

I have such wonderful friends :)

Sunday 23 June 2019

Omboorsel aan die gang

Die omboorsel vir die blou kwilt is aan die gang. Die grootste vordering is hierdie week gemaak. Donderdag het ek die omboorsel se stroke gesny en aan mekaar vasgewerk. Vrydag het ek die omboorsel aan die voorkant van die kwilt vasstik.

The binding for the blue quilt is getting along. The biggest progress was made this week. On Thursday I cut the strips and stitched them together. On Friday I managed to stitch the binding to the front of the quilt.



Vandag kon ek 'n gedeelte van die omboorsel met die hand aan die agterkant van die kwilt vaswerk (die stuk tussen die twee rooi pyltjies is vasgewerk).

Today I had some time to hand stitch a part of the binding to the back (the section between the two red arrows are stitched down). 


Ek is nie seker wat hier verkeerd gegaan het nie. Die hoek wil nie mooi omvou nie. Ek vermoed die hoek is dalk verkeerd vasgestik en sal losgetorring en weer vasgewerk moet word

I am not sure what went wrong here. The corner doesn't want to fold back properly. I might have to undo that part and try again.



Ek dink en gaan eers daaroor slaap :)

I think I am going to sleep on it first :)

Wednesday 5 June 2019

Blou Kwilt - vordering!

Die einde is in sig vir hierdie projek. Ek het so "aan en af" aan die kwilt gewerk, en het gisteraand die laaste kwiltwerk gedoen.

Nou moet ek die omboorsel aanwerk, die los gare verwerk, die kwilt was en dan kan dit aangestuur word.

The end is in sight for this project. I have been working on the quilt "on again off again". Last night I finished the last of the quilting. 

Now I have to do the binding, take care of all the loose threads, wash the quilt and then it is good to go.


Ek het net die kwilt oor ons bed gegooi. Al moet ek nou self so sê, ek dink die kwilt vertoon nogal mooi. / I just draped the quilt over our bed. Even if I have to say so myself, this quilt does look good.

 

Die kwiltwerk van nader / A close up of the quilting.


Die randstrook het ek op 'n eenvoudige kwilt patroon besluit - reguit lyne weerskante van die nate. Ek is nie seker of dit is omdat ek "moeg" raak vir die kwilt en/of dit is omdat ek geen inspirasie vir 'n beter patroon kon kry nie.

I decided on a simple pattern for the border - straight lines either side of the seam. I am not sure whether it is because I am getting "tired" of this quilt or if I just couldn't find any inspiration for a better pattern.


Hierdie strook aan die rugkant, moes ek inwerk sodat ek genoegsame lengte aan die rugkant kon kry, anders wat dit 'n bietjie te knap na my sin.

I had to work this strip into the backing, just to make sure that I have enough length at the back, otherwise it would have been a bit of a "squeeze".


Nog 'n foto van die kwiltwerk aan die angterkant / Another pic of the quilting on the back

Ek is oor die algemeen baie tevrede met hierdie kwilt. Dis die eerste keer wat ek werklike "free motion quilting" gedoen het. Dis nou nie skou kwalitiet nie, maar ek is baie tevrede.

Tot later!

I am very happy with the end result. This is the first time I am doing real "free motion quilting". It isn't quilt show quality, but I am satisfied.

Until later! 

Saturday 2 February 2019

'n Armada hasies

Daar kom so dan en wan 'n tyd, wanneer jy besef dat tyd stap aan. Hierdie week het ek so 'n oomblik gehad, toe ons vir ons geliefde kinders nuwe beddens moes aankoop. Die kinders groei tog te vinning!!! Ons "baba" is dan al byna 3 jaar oud.

There comes a time, every once in a while, when you realise that time never stops. I had such a moment this week, when we went to buy the kids new beds. They grow up so fast!!! Our "baby" is nearly 3.

As deel van die nuwe beddens projek, kom natuurlik nuwe beddegoed. Omdat hierdie Mauritius is, het ek slegs lakens gekoop. Paslakens vir die bedek van die matrasse en gewone plat lakens wat as komberse gaan dien. Sussie het 2 lakens gekies, wat geen motiewe op het nie, en dus die geleentheid vir my geskep het om dit vir haar te versier. Ek het tussen my lappe gaan grou, 'n knoop en doop stuk gekies en laat waai met die soek van pattrone van hase, wat ek vir appliek kan gebruik.

As part of the new beds project, came the new bedding as well. Because this is Mauritius, I only bought sheets. The fitted sheets will be used to cover the mattresses and the flat sheets will be used as blankets. DD chose only solid coloured sheets, which gives me the opportunity to decorated it for her.
So, I rummaged through my stash, decided on a starburst fabric and started searching for patterns of rabbits, that can be used in applique.


 (As jy die foto kan groter maak, sal jy die patrone wat ek daarop geteken het sien / If you enlarge the photo, you will see the patterns I drew on it)

Dit het my 3 dae geneem, om die patrone op die lap te teken en die hase uit te sny. Ek het vanmiddag die laaste stel van die legioen hase uitgesny. Dis eintlik net 38 van hulle...maar toe ek klaar was, het dit gevoel soos 'n armada hase wat oor my gespring het.

It has taken me 3 days to transfer the patterns unto the fabric and to cut the rabbits out. I finished the last set of the legion this afternoon. Actually, it is only 38 rabbits, but it did feel like an armada of rabbits that jumped over me when I finished.



Die volgende stap is om die hase op die laken te plaas en dan dit met die masjien vas te appliek.

Nou eers is ek moeg en my rug seer van die heeltyd vooroor gebuig sit. Dis tye soos hierdie wat ek wens ek het een van daardie spesiale "snyers" gehad soos wat Accuquilt het.

Tot later

The next step is to place the rabbits on the sheet and then applique them with the machine.

But right now, I am tired and my back hurts from sitting, forward bending, to cut these out. This is the time I wish I had one of those special "cutters" like the ones form Accuquilt.

Until later



Monday 14 January 2019

1ste probeerslag met FMQ

So-ja, nou is als feitlik terug na normaal. Nuwe rekenaar is opgestel, ek is terug op kantoor en die kinders is terug by die skool...Laat die pret begin!

Voor ek by die blou kwilt kom, hier is 'n geskenk wat ek vir 'n vriendin gemaak het. Die borduurstuk is nog een van Aimee Ray (ek hou regtig van haar hand borduur patrone) en julle kan die patroon, en nog vele ander, op haar blog Little Dear Tracks kry. Hierdie is haar Life Mandala patroon. Ongelukkig het die hele patroon nie op die kassie gepas nie. Nietemin is ek baie tevrede met die hele stel.

There you go. Now everything is basically back to normal. My new laptop is setup, I am back at work and the kids are back at school...Let the fun begin!

Before I get to the blue quilt, here is a gift I made for a friend, using another one of Aimee Ray's patterns. I really like her hand embroidery patterns. You can find this one, and many more, on her blog Little Dear Tracks. This is her Life Mandala pattern. Unfortunately, the whole pattern didn't fit on the cabinet, but I like the whole setup non-the-less.


Ek werk dan nou al byna 3 weke lank aan die blou kwilt - soos wat tyd my toelaat. Ek het die 3 lae aangemaar geryg en het die vreesaanjaendste ding probeer - Free Motion Quilting (FMQ). Dis die rede waarom ek my Elna destyds gekoop het, en tot op hede het ek dit gladnie daarvoor gebruik nie. Ek het skouer aan die wiel gesit en besluit om FMQ op hierdie kwilt te doen. Tot dusver is ek tevrede, gegewe dat dit my eerste keer is. Die kwiltpatroon is genaamd "3's and E's".

I have been working for nearly 3 weeks on the blue quilt - as time allows. I basted the 3 layers and attempted the most scariest thing - Free Motion Quilting (FMQ). This is the main reason I bought my Elna years ago, and up to now I haven't used it like this. So, I grabbed the bull by the horns and decided I will quilt FMQ on this quilt. So far I am pleased, considering it being my first time. The quilt pattern is called "3's and E's".


Hier was ek nog besig met die rygwerk - halfpad klaar / Here is was still busy with the basting - halfway done


Eerste foto van die kwiltwerk / First photo of the quilting


Foto van nader (moet nie te naby kyk nie, daar is baie stomp hoeke en skerp draaie) / Close up (don't look too close, there is many blund turns and sharp edges)


Vreemd hoe die kwiltwerk op die "vis" materiaal verdwyn / Funny how the quilting disappears on the "fish" fabric


Die rugkant / The back

 Ek het intussen weer bietjie gevorder. Ek sal weer later foto's oplaai daaroor.

Dis dit vir nou. Tot later!

I have made progress in the meantime. I will upload more pics later.

That's it for now. Until later!

 

Thursday 10 January 2019

Welkom 2019!

Hi almal!

Voorspoedige 2019 vir julle! Mag julle baie tyd vir naaldwerk hê hierdie jaar :)

Dis maar 'n kort berig vandag. My rekenaar het Maandag die gees gegee, so ek stel nog die nuwe een op met al die programme wat ek nodig het...Ten minste is ek weer terug op die lug.

Ons werkspermitte is hernu, en ons het "Silly Season" by die werk oorleef. Kinders gaan volgende week terug skool toe, en dan keer als terug na normaal.

Ek het intussen weer aan die blou kwilt begin werk. Sodra my rekenaar eksie perfeksie is, sal ek foto's vir julle oplaai.

Dis dit vir eers!

Tot later.

Hi all!

Wishing you a prosperous 2019! May you have lots of time for sewing this year :)

This will be a short post today. My laptop decided to kick the bucket, so I am still busy setting up the new one with all the programming that I require...at least I am back on the air.

Our working permits were renewed and we survived "Silly Sean" at work. The kids are going back to school next week, and then everything will return to normal.

In the meantime, I have been working on the blue quilt again. As soon as the laptop is "where it should be", I shall load some photos.

That's it for now.

Until later!