Saturday 19 October 2019

Nog 6 blokke klaar

Ek het die laaste 2 weke nog 6 blokke klaargemaak vir die Dear Jane kwilt, en ek het 'n paar blokke herstel ook.

I completed 6 more blocks for the Dear Jane quilt the last 2 weeks and I repaired a few blocks as well.

In die linkerkanste blok was nie al die Nine-patches in lyn gewees nie, so ek het dit herstel. Die driehoek is 'n nuwe blok, maar ek het oorspronklik nagelaat om 'n naattoelating aan die onderkant te los en het dit besef nadat ek die hele blok voltooi het. Ek het net die onderste pers gedeelte vervang.

For the left block, the Nine-patches didn't line up properly, so I fixed that. The triangle is a new block, but after I completed it, I realised I never had a seam allowance at the bottom of the triangle. So I replaced the bottom purple part.
 

Die pienk blok links is ook 'n nuwe blok en het dieselfde probleem as die geel blok gehad, in die sin dat die buitenste randstroke was nie groot genoeg om 'n ordentlike naattoelating te hê nie, so nadat ek die pienk blok gemaak het, het ek beide blokke se randstroke vervang met brëer stroke.

The pink block on the left is also a new block, and ended up having the same issue as the yellow block, which was that the outside borders weren't wide enough for proper seam allowances. So after I finished the pink block, I replaced both blocks' borders with wider strips.


Met hierdie blok het ek gesukkel om die blok die regte grootte te kry. Ek was alles tussen 1/8" en 1/2" uit gewees. Ek dink die feit dat ek 11pm nog aan die gang was het nie gehelp nie ;) Ek het die driehoeke 3 keer vervang, voordat ek tou opgegooi het. Die volgende dag het ek net nodig gehad om 1 driehoek te vervang. Die blok is nie 100% 5" groot nie, maar dis naby genoeg.

I really struggled with this block to get it the right size. I was out from 1/8" to 1/2". I think that fact that I was still sewing at 11pm didn't help ;). I had to redo the triangles 3 times before I got fed-up. The next day I had to change one triangle only. The block isn't 100% 5" big, but it is close enough.


Uitgesluit al die herstelwerk, is hierdie dan my werk vir die laaste 2 weke

Excluding all the repairs, this is my work for the last 2 weeks.

Dusvêer het ek 350 stukkies materiaal vasgewerk. Die Dear Jane kwilt se totale "piece count" is 5 602 stukke. Ek wonder of dit die "sashing" insluit?
Korreksie - ek het 375 stukkies materiaal vasgewerk. Ek wou al die blokke wat reeds voltooi is neerskryf, en die hoeveelheid stukkies per blok, toe ek besef het dat ek het 'n optelfout gemaak.

So far I have sewn 350 pieces of fabric together. The Dear Jane quilt's total piece count is 5 602 pieces. I wonder if that includes the sashing? 
Correction - the piece count is 375. I wanted to write down all the completed blocks and their piece count, when I realised that I made a counting error.

Monday 7 October 2019

Borduur kwilt en Dear Jane

Ek het stadig aan begin vordering maak met my borduur kwilt, totdat daar 'n klein ongelukkie gebeur het. Dit het iets te doen met 'n rooi sak wat nat geword het en kleur uitgeloop het. Hierdie rooi sak is toe bo-op my borduurstuk geplaas en die kleur het oorgeloop tot op die borduurstuk. Noodeloos om te sê wat was baie ongelukkig toe ek dit ontdek. Gelukkig wel, is dat ek kon die vlekke feitlik uithaal. Dis 95% weg, en as jy weet waarvoor om te kyk, sal jy dit kan sien. Andersins is dit goed genoeg om nie 'n ramp te wees nie. Ek het al die "halo's" van die engele klaar, en die vlerke van nog 2 engele klaar (jammer, geen foto daarvan nie).

I started making some progress on the embroidery quilt, when a mishap happened. It involves a red bag getting wet and begin placed on top of my embroidery piece. It then so happened that the red started running...It goes without saying that I was very upset when I discovered it. Luckily, I did manage to mostly make the stain go away. It is about 95% vanished, and if you know where to look, you might find it. But I am satisfied that it isn't a disaster anymore. I have after that completed all the halos of the angles and I finished 2 angles' wings (sorry, no photo of that)

Voor ek die borduurstuk begin was het / Before I started washing the piece

Terwyl ek na die soveelste was vir die borduurstuk gewag het om droog te word, het ek aan 'n ander stuk gewerk. Dit het my darem so bietjie beter laat voel en die emosies gesus :)

While I was waiting for the embroidery piece to dry, after the so-many-th was, I decided to work on another piece. It did calm the emotions a bit and I soon felt better :)


My gedagtes het egter gou begin draai na die "boks in die hoek" met al my Dear Jane materiale in, en vir die laaste paar dae het ek daaraan begin werk. Die plan is om alles wat ek met die masjien eers kan vaswerk, te verwerk en dan oor te gaan na die "foundation piecing" en appliek. Dusvêr het ek 12 blokke klaar. Daar is geen kleurplan nie, ek maak dit behoorlik "scrappy".

My mind kept wandering to the "box in the corner" lately, with all my Dear Jane fabrics in. And so I have started working on those. The plan is to first finish all the machine piecing pieces, then move over to foundation piecing and applique. So far I have finished 12 blocks. There is no colour placement plan. It is all scrappy.


Aan watter opwindende projekte werk julle?

On which exciting projects are you working on?