Monday 5 December 2016

Flamboyant

In November en Desember, blom die pragtige Flamboyant hier in Mauritius.

Waar ek kon het ek foto's geneem van 'n paar Flamboyant bome in ons dorpie, terwyl ek terug gekeer het van die poskantoor af.

In November and December, the beautiful Flamboyant blooms here in Mauritius.

Where I had the chance, I took some photos of Flamboyant  trees in our town while on my way back from the post office.

Kliek hier vir meer inligting oor hierdie boom / Click here for more information about this tree








 

Tuesday 22 November 2016

Verrassings!

Hier in Mauritius kan geluk jou soms op die vreemdste manier tref. Manlief was besig om deur die advertensies te blaai nou-die-aand, en toe sien hy 'n advertensie wat my aandag soos 'n magneet getrek het. Daar is iemand wat 'n Butterfly naaldwerkmasjien MET sy "treadle" tafel verkoop. 'n Paar boodskappe later is dit afgespreek dat ek die stel sal koop.

Die advertensie het genoem dat hulle is geleë in Bel Air, in die Suide. Dus het ons dit op die kaart gaan soek en het soentoe gekry. Daar gekom, het die persoon ons ingelig dis die verkeerde Bel Air (Grand Bel Air), en dat daar nog een is, in die Weste. So toe is ons na die korrekte Bel Air (Bel Air Riviere Seche) om die masjien en tafel te gaan optel. Op die kaart kan julle ons roete sien. Die kaart bereken dit is 'n amper 3 uur roete. Ons het 4 uur gery en moes iewers stop om te eet - wat natuurlik nou onbeplan was - wat 'n ekstra uur by ons ry tyd gesit het. Dus was dit 'n 5 uur heen en weer trip, maar dit was die moeite werd!


Here in Mauritius, luck can catch you in the strangest of ways. Hubby was paging through the classifieds one evening and saw an advert that grabbed my attention like a magnet. Someone was selling a Butterfly sewing machine WITH its treadle table. After a few messages, it was agreed that I will buy the set.

The advert stated that it was situated in Bel Air, in the South. So we checked on the map and went our merry way. When we reached our destination, it was the wrong Bel Air (Grand Bel Air) and we discovered there was another Bel Air (Bel Air Riviere Seche) in the West. So we went there to collect the machine and table. The map calculated that it should have been an almost 3 hour drive. We drove for 4 hours and we had to stop to get something to eat, which wasn't planned. Our total trip there and back was 5 hours long, but it was worth it!

Toe ons by Bel Air Riviere Seche aankom, is ons versoek om by die ou poskantoor te wag vir die verkoper. Ons het 'n rukkie gesoek vir die gebou, maar het dit wel later gevind...Nodeloos om te sê dis nie wat ons verwag het nie.

When we reached Bel Air Riviere Seche, we were requested to wait for the seller at the old post office. We searched a while for the building, but found it eventually...Needless to say it was not what we expected.


Hier is wat ons saam met ons terug huistoe gebring het:

Here is what we brought back home with us:

 






Die masjien is werkend, maar het beslis aandag nodig. Volgens die eienaar is dit in 2005 gekoop. En kan jy meer - dis elektries! Die versiering op die masjien is vir my baie mooi en ek glo na so bietjie "liefde" gaan die masjien nog beter lyk ook. Die tafel vermis 'n verlengingsblad en die treadle kabel is weg, maar dit kan ons ook aanskaf soos nodig.

The machine is working, but it needs some tlc. According to the owner, it was bought in 2005, and will you believe, it is electric! The decorations on the machine are very beautiful and I am sure that after some "love" it will look even better. The table is missing a extension table and the treadle cable is missing, but that we can add as necessary. 

Sommige van julle sal onthou dat ek 'n paar jaar terug 'n soortgelyke masjien as 'n geskenk by Manlief gekry het. Hier is die blog inskrywing daarvoor.

Some of you will remember that I got a similar machine as a gift from Hubby, some years ago. Here is that blog entry.

Wel, hoe het julle jul naweek spandeer?

Well, how did you spend your weekend?

Wednesday 19 October 2016

Gordyne

Dit het die afgelope paar weke sommer vinnig al hoe warmer begin word. Die slaapkamers kry veral swaar in die somer, aangesien die middag son die kamers bak. Om te poog om die kamers koeler te hou hierdie somer, het ek besluit om sonblok gordyne te maak.

It has become hotter and hotter the last few weeks. The bedrooms suffers quite a lot in the summer because the afternoon sun shines on the rooms and then it feels like an oven in there. To try and keep the rooms cooler this summer, I decided to make blackout curtains.

"Blackout" Voering / Blackout Lining

 Nuwe gordyn materiaal / New curtain fabric 

Soos wat ek die tyd het, sny ek die panele en doen die nodige voorbereiding. Wanneer die kinders my 'n kans gee, dan werk ek die voering aan die gordyn vas en hang die gordyn op. Wanneer Boetie my help, neem dit seker so 2 - 3 uur per paneel.

As I have the time, I would cut the panels and do the necessary preparations. When the kids give me a chance, I would attach the lining and put the curtains up. If DS is helping, then each panel takes about 2 - 3 hours.
 Panele word gesny op die kombuisvloer (die grootste beskikbare oppervlak) / The panels are cut on the kitchen floor (the biggest available space)

 Die some word dan gemeet en ingestryk, die voering word ingewerk en alles word vasgestik. / The seems are then measured and ironed in, the lining is added and everything is stitched together.

 Transformasie van die kinders se kamer: 4 dae/2 naweke in totaal geneem. / Transformation of the kids' room: total of 4 days/2 weekends.



Nou moet ek nog die hoofslaapkamer se gordyne en die gang se gordyne doen. Tot later!

Now I need to start on the main bedroom's and the hallway's curtains. Until later!


Wednesday 28 September 2016

'n Klein bietjie tyd vir kwiltwerk

Dinge begin stadig (baie stadig) maar seker weer normaliseer, na die aanpassing om 2 kinders te hê. Ek begin selfs nou tyd kry om sou nou-en-dan bietjie aan my lappies te werk.

Slowly (very slowly) things are getting settled again, adjusting to having 2 kids. I even have some time to work with my fabrics.

Ek werk tans aan 'n nuwe kwilt. Vir hierdie kwilt gebruik ek dieselfde patroon as vir Broer 2 se kwilt, maar ek gebruik 'n ander kleurskema.

Currently I am working on a new quilt. I am using the same pattern as for Brother 2's quilt, but I am using a different colour scheme. 

Voorgestelde patroon / Proposed pattern


Hierdie is die  materiale wat ek gebruik. Die persoon vir wie ek dit maak hou van blou. Ongelukkig het ek nie turquoise gehad in my "stash" nie, wat eintlik sy gunstelling kleur is.

These are the fabrics I am using. The person for whom this quilt is meant, likes blue. Unfortunately I didn't have any turquoise in my stash, which is his favourite colour. 





Dis die werk wat ek die afgelope 3 weke vermag het. Lappies voorberei, gesny, die nodige driehoeke voorberei en gesny. Tans wag dit vir my om hulle oop te stryk en dan kan die konstruksie van die kwilt begin.

This is the work I have done in the last 3 weeks. Fabrics were prepped, cut, the necessary HST's were prepped and cut. Currently they are waiting for me to be ironed open and then the construction of the quilt can start.

Hoop ek kry vannaand weer tyd om daaraan te werk. Tot later!

Hope I get some time tonight to work on them. Until later!


Saturday 24 September 2016

Blogger's Quilt Festival Fall 2016

Dis weer daardie tyd: Blogger's Quilt Festival, aangebied deur Amy van Amy's Creative Side.

It is that time again: Blogger's Quilt Festival, hosted by Amy from Amy's Creative Side.

Ek het nie onlangs regtig 'n reuse sukses gehad met voltooide kwilte nie. Ek skryf dus my laaste voltooide kwilt in, in the Large Quilt- kategorie

I haven't really had success regarding completed quilts. Thus, I will enter my last finished quilt in the Large Quilt Category. 



 Toestemming om foto te gebruik vanaf EM Groenewald / Permission to use this photo from EM Groenewald

Hierdie kwilt het ek vir my broer gemaak. My idee was om 'n kwilt te maak wat by die "persoon" pas (kleur, patroon, grootte...). Die grootte is 315" rondom en bestaan hoofsaaklik uit Half Vierkant Driehoeke uit, met 'n vierkant hier en daar. Soos in die laaste foto afgelei kan word, is die kwilt baie geliefd.

This quilt I made for my brother. My idea was to make for each of my siblings a quilt that fits to the "person" (colour, pattern, size,...). This quilt measures 315" around and consists of Half Square Triangles for the most part, with a square here and there. As can be deduced from the last photo, this quilt is much loved.

 Geniet die res van die Kwilt Fees, en onthou om vir jou gustelling kwilte te stem.

Dankie Amy vir hierdie wonderlike geleentheid om te kan deel neem en ook om inspirasie vanaf ander kwilte te kan kry!

Enjoy the rest of the Quilt Festival, and remember to vote for your favourite quilts. 

Thanks Amy for this wonderful opportunity to take part and to draw inspiration from other quilts!

Friday 19 August 2016

Ietsie kleins

Lyk my dat klein projekte is in my huis, aan die orde van die dag. Met twee woelwaters in die huis en my werk, kry ek maar min tyd vir myself en my Elna.

Boetie is uitgenooi na 'n verjaarsdagpartytjie die naweek. Die dogtertjie hou van dinosourusse en ek het my enigste dinosourus lap gaan uitgrou. Verder het ek op FatCat Patterns 'n patroon gekry.

It seems that small projects are the thing to do these days, in my house at least. With two little busy bodies and my work, I have little time for myself and the Elna.

DS was invited to a birthday party this weekend. The girl likes dinosaurs, so I went and grabbed my only dinosaur fabric. From FatCat Patterns I got a pattern for a dino.


Ek het net genoeg materiaal gehad vir 'n kussingsloop. Ek het die appliek redelik eenvoudig probeer hou.

I just had enough fabric for a pillow casing. I tried to keep the applique as simple as possible.




Die materiaal was ongelukkig nie genoegsaam, sodat ek die "sleeve" ook kon omvou in die binne-kant nie. Danksy Manlief het ons besluit op velcro om die kussing binne te hou.

Tot later!

The fabric was unfortunately not enough for me to fold the sleeve in the inside as well. Thanks to Hubby we decided on velcro to keep the pillow inside.

Until later!

Friday 20 May 2016

Breiwerk

Hier in die suidelike halfrond raak dit nou bietjie koeler, so al die breiwerk, komberse en kwilte word nader gesleep.

Onder andere in my kas, is 'n gebreide jas. Ek het nie self die jas nie gebrei nie - my ma het want my brei-vaardigheid skiet ver te kort! Die patroon kom uit die tydskrif "Australian Homespun", vol. 13.5.

Here in the southern hemisphere things are cooling down a bit, so all the knitwear, blankets and quilts are being pulled closer.

One of the items in my dresser is a knitted coat. I didn't knit it myself - my mom did because my knitting skills are a crying shame. The pattern comes from the magazine "Australian Homespun", vol. 13.5.

My jas (links) het al sy porsie van gebruik gehad / My coat (left) already had it's fair share of wear and tear.


As ek reg onthou, het my vriendin baie van my jas gehou. My ma het toe maar weer die breinaalde uitgehaal en laat waai en die jas vir haar gemaak - as 'n verrassing natuurlik!

My friend liked my coat so much, that my mom had to knit her one as well - as a surprise off course!

Dankie Ma! Nou sal ons nie koud kry die winter nie :)

Thanks Mom! Now we won't be cold this winter :)


Monday 28 March 2016

'n Belofte is 'n belofte...

Hallo almal!

Ja, ek is nog hier. Sedert Oktober was dinge baie deurmekaar en ek het belowe om 'n paar foto's te wys van waarmee ek besig was. Ek het julle egter gewaarsku dat dit nie veel gaan wees om na te kyk nie...

Hi All!

Yes, I am still here. Since October things have been a bit of a mess and I promised you a few pictures of what I did. I did warn you that it won't be much to look at...


Dis hoe ver ek gekom het met my borduur Kerskwilt, voordat die lewe weer 'n draai in ons pad gegooi het / This is how far I got with the embroidery Christmas quilt before life happend.



Boetie het gereeld vir my hierdie prentjie gewys en ek het aanvaar hy wou die poppie hê. Na lank gesukkel om te bepaal presies hoe die instruksies werk vir pop-maak en die nodige naalde en toerusting kry, het ek aan die werk gespring om die pop vir sy verjaarsdag klaar te maak. Vir 'n eerste probeerslag is dit seker nie te sleg nie, maar ek is nie 100% gelukkig nie. Boetie speel tog met die pop, so ek gaan dit daar los.

DS showed me this picture  a lot and I thus assumed that he wanted the doll. After some time trying to understand the instructions of doll making and buying the necessary needles and tools, I jumped in and tried to finish the doll in time for his birthday. For a first-try I suppose it is not too bad, but I am not 100% happy. DS is playing with the doll, however, so I will leave it at that.

En toe kom al die draaie en swaaie op ons pad...Ek het kort daarna weer swanger geraak en die naarheid het my onderstebo gehad. Tot onlangs het ek geen begeerte of die energie gehad om aan 'n lap te raak nie. Hierdie keer verwag ons 'n dogtertjie wat volgende maand gebore moet word, indien als glad verloop.

And then life happened. Shortly after this I fell pregnant and the nausea had me completely upside down. Until recently, I had not the energy nor the desire to touch a piece of fabric. This time we are expecting a little girl who will be born next month, if all goes well.

Kort nadat ons gehoor het ek is swanger, moes ons ook ons verblyfspermitte hernu. Langs stories kort - dit was chaos! Dit het ons gekos om heen en weer tussen SA en Mauritius te reis, en dit oor Kerstyd en Nuwejaar, met onsekerheid om elke hoek en draai. Dit blyk nou maar net dat ons permitte lank geneem het vir geen spesifieke rede nie. Gelukkige nuus is dat ons permitte wel op die ou end goedgekeur is en ons is gemagtig om nog 3 jaar hier te bly.

Shortly after we heard that I was pregnant, we had to renew our occupation permits. Long stories short - it was chaotic! We had to travel between SA en Mauritius a few times, and that over Christmas and New Year, with uncertainty around every corner. It seems that our permits just took forever for no particular reason. Good news is that our permits were approved in the end and we are permitted to stay another 3 years.

"Nuut en Oud" / "New and Old"


Na 'n lang ruk van geen kwiltwerk, het ek begin juk om iets te doen. My geluk het dit toe dat Boetie genooi word vir 'n partytjie van 'n 3-jarige meisie in sy klas. En wat sal ek doen vir 'n geskenk...een maak natuurlik. Aangesien ek 3 dae gehad het om aan iets te dink, het ek weer in my argiewe gaan soek vir die patroon van die handsak wat ek jare gelede gemaak het. Bietjie grouwerk in my "stash" het genoegsame materiaal opgelewer om 'n pienk sakkie te maak. Ek kon uiteindelik ook my nuwe naaldwerkmasjien ordentlik gebruik en het sommer ook so bietjie kreatiewe stikwerk probeer! Ek is heel trots op hierdie sakkie.

So, dis wat ek het om te wys vir 5 maande se afwesigheid.

Hopelik, voordat die baba arriveer, sou ek nog iets gepoog het om te wys.

Tot later!

After a long while with no quilting, I started to "itch" to make something. Just my luck that DS got invited to a party of a 3 year old girl in his class. And what would I do for a gift...make one off course! Since I only had 3 days to think of something, I went to my archives and searched for the pattern of the bag I made years ago. Some diving into my stash turned up enough fabric to make a pink bag. I also got the chance to finally use my new sewing machine to the fullest and I even had some guts to try out a creative stitch! I am really proud of this bag.

So, that is all I have to show for 5 months of absence. 

Hopefully, before baby arrives, I will have attempted something else to show.

Until later!