Saturday 23 April 2011

Give away!

Hi almal.

Jackie, van Canton Village Quilt Works, het 'n ongelooflike weggee:

The Quilter's Bible deur Linda Clements.

Gaan skryf jou naam in vir die trekking. Inskrywings eindig 28 April!

Monday 18 April 2011

Raggedy - bokant voltooi

Nog 'n kwilt se bokant is voltooid!

My Raggedy Ann kwilt se bokant is ook nou voltooid. Dit het lank geneem om die laaste borduurwerk klaar te kry. Ek het die laaste ruk min tyd gehad om te sit en borduur. Indien ek tyd het, spandeer ek dit agter die masjien besig met stikwerk. Wanneer ek wel tyd gehad het vir borduurwerk, was dit in die aand, en die beligting was dan nie ideaal nie - my oë is nie van die beste nie, selfs met 'n koplig op my kop!

Hier is my vordering sedert ek vir julle laas gewys het:

Blok 10


Blok 11


Blok 12


En laastens...Ta-Da...


...die volledige bokant, met blokke, shashing, en border.

Indien julle belangstel om hierdie patroon te maak, kan julle na The Painted Quilt gaan. Die patroon is op die regterkantste paneel. Of julle kan op die Raggedy and Friends prentjie kliek (op my linkerkantste paneel).

Dankie Kaaren van The Painted Quilt vir hierdie wonderlike projek wat ons kon volg!!

Tot later!

Sunday 10 April 2011

Manlief se kwilt - bokant voltooi

Net 'n kort inskrywing vandag...bloot omdat ek nie veel het om te deel nie.

Die bokant van Manlief se kwilt is klaar!!! Ek het dit 'n paar oomblikke gelede klaar vasgewerk.


Die patroon is van die boek "Schnibbles Times Two" deur Carrie Nelson. Ek het die lengte aangepas, sodat Manlief se voete nie onder sal uitsteek nie :)
 
Nou kan ek bietjie asem skep, voordat ek verder aan die Raggedy-kwilt werk. Ek het nog 'n bietjie borduurwerk om te doen, en dan besluit op die border. Ek hoop om dit binne die volgende week of twee klaar te hê. Daarna wil ek verder werk aan Manlief se kwilt. My hoop is om die twee kwilte saam te voltooi. Dan het beide van ons 'n kombersie vir die winter.

Hoop julle geniet jul dag!