Saturday 2 February 2019

'n Armada hasies

Daar kom so dan en wan 'n tyd, wanneer jy besef dat tyd stap aan. Hierdie week het ek so 'n oomblik gehad, toe ons vir ons geliefde kinders nuwe beddens moes aankoop. Die kinders groei tog te vinning!!! Ons "baba" is dan al byna 3 jaar oud.

There comes a time, every once in a while, when you realise that time never stops. I had such a moment this week, when we went to buy the kids new beds. They grow up so fast!!! Our "baby" is nearly 3.

As deel van die nuwe beddens projek, kom natuurlik nuwe beddegoed. Omdat hierdie Mauritius is, het ek slegs lakens gekoop. Paslakens vir die bedek van die matrasse en gewone plat lakens wat as komberse gaan dien. Sussie het 2 lakens gekies, wat geen motiewe op het nie, en dus die geleentheid vir my geskep het om dit vir haar te versier. Ek het tussen my lappe gaan grou, 'n knoop en doop stuk gekies en laat waai met die soek van pattrone van hase, wat ek vir appliek kan gebruik.

As part of the new beds project, came the new bedding as well. Because this is Mauritius, I only bought sheets. The fitted sheets will be used to cover the mattresses and the flat sheets will be used as blankets. DD chose only solid coloured sheets, which gives me the opportunity to decorated it for her.
So, I rummaged through my stash, decided on a starburst fabric and started searching for patterns of rabbits, that can be used in applique.


 (As jy die foto kan groter maak, sal jy die patrone wat ek daarop geteken het sien / If you enlarge the photo, you will see the patterns I drew on it)

Dit het my 3 dae geneem, om die patrone op die lap te teken en die hase uit te sny. Ek het vanmiddag die laaste stel van die legioen hase uitgesny. Dis eintlik net 38 van hulle...maar toe ek klaar was, het dit gevoel soos 'n armada hase wat oor my gespring het.

It has taken me 3 days to transfer the patterns unto the fabric and to cut the rabbits out. I finished the last set of the legion this afternoon. Actually, it is only 38 rabbits, but it did feel like an armada of rabbits that jumped over me when I finished.



Die volgende stap is om die hase op die laken te plaas en dan dit met die masjien vas te appliek.

Nou eers is ek moeg en my rug seer van die heeltyd vooroor gebuig sit. Dis tye soos hierdie wat ek wens ek het een van daardie spesiale "snyers" gehad soos wat Accuquilt het.

Tot later

The next step is to place the rabbits on the sheet and then applique them with the machine.

But right now, I am tired and my back hurts from sitting, forward bending, to cut these out. This is the time I wish I had one of those special "cutters" like the ones form Accuquilt.

Until later