Tuesday 22 February 2011

Brown Bag Quilt Challenge Inskrywing

Die foto's is op, en julle kan gaan ooohhh en aaahhh na die inskrywings. Bly op hoogte! Die kompetisie eindig 1 April, dus gaan die inskrywings nou begin instroom.

Hier is my projek - Whirlpool:

Ek het begin met hierdie materiale, gestuur deur Brenda van Quilting Along Life's Way . Die blou materiaal was die kleinste stuk, en die groen was die grootste. Ek het so gewerk dat ek die blou en rooi met sterre eerste opgebruik het. Daarna het ek die rooi-en-goud, en die groen verwerk.


Ek het besluit om 'n table runner te maak. Ek het nie soorgelyke of gepaste materiale in my stash gehad nie. Dus moes ek werk met wat ek het. Die reëls het gespesifiseer dat ons net een stuk nuwe materiaal mag aankoop, maar van enige lengte. Die materiaal wat ek by gekoop het, is die blou met die wit kolle, en slegs 1/2m daarvan.



Die top bestaan uit:
15 vierkante (middelstuk en buitekant)
24 kort stroke vir die middelstuk
28 lang stroke vir die buitekant
224 HST's (Half Square Triangles) verwerk na 112 vierkante vir die middelstuk.
Die kleinste vierkant se voltooide grootte is 3.8 cm / 1.5 inch
Die kleinste Half Square Triangle se voltooide hoogte is 2.8 cm / 1 inch

Beplanning het my omtrent 2 weke geneem. Die stikwerk, kwiltwerk en snywerk het...baie lank geneem.
 
Hier is 'n die middelstuk van nader bekyk. Die middelstuk is my eie ontwerp, terwyl die table runner-patroon van 'n bestaande patroon geneem is. Ek moes dit egter aanpas by die grootte van die middelstuk.


Die agterkant bestaan uit die oorblywende groen, rooi-en-goud en blou met kolle materiale, asook materiaal van my stash. Dus het ek al die materiale gebruik wat aan my gestuur is, asook van my stash gebruik. 


Finale grootte is 163cm / 64 inch by 82.5 cm / 32.5 inch. Kwiltwerk is gedoen deur middel van Free Motion Quilting tegnieke.

Gaan kyk op Flickr vir die ander inskrywings.

Sterkte aan al die deelnemers!

Sunday 20 February 2011

Absoluut Niks!

Dis wat ek die laaste maand gedoen het, sedert my laaste inskrywing.

Ons was bietjie weg met vakansie, en het Maandag die 14de weer begin werk. Intussen het ek skaars tyd gehad om 'n naald en gare op te tel. Maar hopelik sal dit binne die volgende paar dae reggestel word :)

Ons het natuurlik in SA gaan kuier vir ons vakansie. Tyd was (baie) te kort, maar ek kon darem 'n oomblik of twee in 'n kwiltwerk winkel spandeer. Ongelukkig was my tyd beperk, dus het ek net die nodige goed aangekoop (liniaal, penne, materiaal vir huidige projekte, ens.). Ek was soet gewees en het geen materiaal aangekoop om te stash nie.

Ons was ook onder andere net buitekant Humansdorp. Daar het ek die voorreg gehad om 'n foto te neem van Suid Afrika se nasionale voël: die Bloukraanvoël.



Soms glo ek vas dat my (skielik) liefde vir naaldwerk van my Ouma afkomstig is, aangesien sy baie met 'n naald en gare kan vermag. Tog, soms wonder ek of my kreatiwiteit nie dalk van my Ma afkomstig is nie. Tydens 'n sosiale geleentheid, het sy - spesiaal vir Manlief - hierdie oulike pynappel gebring:




Dit bestaan uit die heel pynappel, chillies en butternut (in skywe gesny). Tog te oulik, of hoe?

Al ooit gewonder hoe Mauritians huise bou? Dit was vir my verstommend om te sien hoe die geboue hier opgerig word. Die geboue word gegiet. Die hele bou proses is nog vir my bietjie duister, maar wat ek wel weet, is dat hierdie masjien die grootste deel van die bouwerk uitmaak:


Hierdie is 'n slurp, wat die sement pomp en deponeer waar jy dit nodig het. Indien ek reg verstaan is die bakstene ook hol binne-kant, sodat hulle die sement ook daarin kan plaas en sodoende die mure baie stewig maak.  Op hierdie spesifieke dag het hulle die vloer van 'n tweede verdieping gelê.




Kan julle sien hoe hulle die slurp rond beweeg en die sement plaas waar hulle dit benodig. Die tweede werker maak die sement glad en versprei dit eweredig. Baie slim!

Wel, dis dit vir eers!