Sunday 23 September 2018

Moses Rombayi wil 'n borduurmasjien he - kom ons help hom!

Ek het vanoggend op Moses Rombayi se storie afgekom. Hy net nou wel 'n tragiese geskiedenis, maar hy sit nie en sulk nie. Hy werk met sy hande en maak die oulikste speelgoed. Sy droom is om speelgoed reg oor die wereld te stuur. Ek gee nie om, om vir so 'n persoon te ondersteun nie. Kom ons almal help Moses om sy naaldwerkmasjiene te kan bekostig. Hy werk hard genoeg daarvoor!

Hier is die skakel na sy gofundme bladsy: gf.me/u/md3kvj

I came across Moses Rombayi's story this morning. Although he has a tragic history, he is not sitting and sulking. He is working with his hands and is making very cute toys. His dream is to send toys all over the world. I don't mind supporting such a person. Let's all pitch in and help Moses buy his machines. He is working hard enough for that!

Click on this link: gf.me/u/md3kvj

Wednesday 19 September 2018

Ons is nog hier...vir nou

Hi almal

Net 'n vinnige "hallo".

Ons vakansie was kort en kragtig, en die stil speletjies boeke is toe nooit gebruik nie. Ek dink Sussie het een of twee keer daardeur geblaai, en toe ons tuis kom, besluit sy om albei van hulle se boeke te begin skeur. So die boeke is in "ICU" vir die oomblik tot ek 'n tydjie het om dit te herstel.

Die volgende 2 maande gaan rof gaan en ek gaan nie noodwendig veel werk aan my projekte nie. Ek het nog daardie een klein borduurstuk, waarmee ek amper klaar is, wat ek vir julle sal wys op 'n latere stadium. Vir eers sal dit "dit" wees, tot einde November.

Tot later!

Hi All

Just a quick "hallo".

Our holiday was short and sweet and the quiet books were never used. I think DD paged through hers once or twice, and when we returned home, she decided to start tearing both their books apart. So the books are in "ICE" for the time being, until I can tend to them.

The next two months will be hectic and I won't have time for my projects. I still have that small embroidery that I am working on, and will show the finished product soon. Otherwise, for now, that will be it until end November.

Until later!

Saturday 2 June 2018

Vordering in speletjie boeke

Ek het intussen weer aan Boetie se speletjies boek gewerk. Ek wou oorspronklik 'n Minion maak waarvan al die liggaamsdele en klere gepas moet word, net soos met 'n "Mr. Potatoehead" maar ek het later daarteen besluit. Ek sien toe dat Boetjie speel so lekker met Sussie "Trek my aan" bladsy, so toe maak ek sy eie een:

I have been working on DS's quite book again. Originally I wanted to make a Minion, in the style of Mr. Potatoehead, but I decided against it. I noticed that he was playing with DD's "Dress Me" page in her quite book, so I decided to make his own one:





Ek moet erken ek raak nou bietjie moeg vir hierdie projek. Ek werk al sedert Januarie daaraan...Maar ek moet deurdruk en dit klaarmaak, voordat ons die volgende keer weer vlieg of langpad ry. Dis egter moeilik en ek stry met myself om nie lui te raak nie...Vir Boetie is daar nog 2 speletjies en die voorblad oor. Sussie se boek het nog 'n ent om te gaan...

I will admit that I am starting to get tired of this project. I have been working on this since January...But I need to push through and finish this, before we fly again or hit the road. It is however difficult and I am fighting with myself not to get lazy...For DS's book there are 2 activities and the cover left to do. DD's book still has a long way to go...

Wat doen julle op hierdie lui-lekker Saterdag?

What are you doing on this lazy Saturday?

Tuesday 22 May 2018

Bietjie borduurwerk

Ek neem 'n blaaskans van die speletjies boeke. Dit lê steeds en loer vir my op die tafel, maar vir eers kan dit maar net daar lê.

Intussen het ek hierdie borduurstuk gesien op Aimee se blog Little Dear Tracks. Ek het die patroon gesien en dadelik aan 'n vriendin gedink by wie dit sou pas. Ek maak hierdie patroon in skakerings van blou en bruin.

I am taking a break from the quiet books. It is still lying on the table and "looking" at me, but for now it can just stay there.

In the meantime I saw this embroidery pattern on Aimee's blog Little Deer Tracks. I saw this and immediately thought of a friend that this will go with. I am embroidering this in shades of blue and brown.


'n Bietjie van nader bekyk, vir die detail wat ek reeds klaar het...

A closer look at the detail of that which is already done...


Tot later!

Until later!

Sunday 22 April 2018

Vinnig en maklik

Eerstens, ek het uiteindelik besluit oor hoe ek die legkaarte gaan stoor in die boek. Ek het besluit op die rekkies. Dit gaan net die maklikste wees - veral vir vingertjies wat nog sukkel met knope.

First, I finally decided how I am going to store the puzzles in the book. I decided on the elastic. It is the easiest, especially for little fingers that still struggle with buttons.



Gister het ek aan Sussie se volgende speletjie begin werk: Trek my aan. Terwyl ek 'n paar dokumentêre gekyk het, het ek die snywerk gedoen aan die pop en klere. Teen gistraand was die pop klaar en vanoggend het ek die klere versier. Dit was groot pret! Dit het regtig net 'n dag geneem om hierdie te maak. Ek het gedink dit sou langer neem. Die wasgoedpennetjies waaraan die klere "opgehang" word, is aan die bladsy vasgewerk, net om seker te maak die gom trek nie later los nie.

Yesterday I started on DD next game: dress me up. While I was watching some documentaries, I prepped the doll and clothes. By last night, the doll was finished and this morning I decorated the clothes. That was great fun! I really thought that is will take much longer, but it took me just one day.The pegs on which the clothes are "hanged" are threaded unto the page, so that the glue can't peel off later.



Nou gaan ek my Sondag middag geniet deur 'n beker koffie en 'n stuk koek te drink en eet...

Geniet die res van die naweek!

Now I am going to enjoy my Sunday afternoon by drinking coffee and eating a piece of cake...

Enjoy the rest of the weekend!

Saturday 21 April 2018

Legkaarte (2)

Die laaste stel legkaarte vir Boetie se speletjie is klaar.

The last set of puzzles for DS quiet book are done.

Legkaart #4: Stêr / Puzzle #4: Star

Hierdie is net 'n vyfpuntige stêr waarvan ek die punte elk van die lyf van die stêr verwyder het om die legkaart te maak.

This is just a five pointed star, that I cut the points off from the body to make the puzzle.




Legkaart #5: Vuurpyl / Puzzle #5: Rocket

Ek het weer 'n inkleurprent gebruik as templaat vir die vuurpyl.

Again I used a colouring picture as template for the puzzle.




Legkaart #6: Kleurvolle Ballon / Puzzle #6: Colourful Balloon





Nou moet ek net besluit hoe om die legkaart stukke vas te maak binne in die boek, sodat als nie die wêreld vol rondval nie... Ek wil nie weer sakkies maak nie. Ek oorweeg 'n rekkie of 'n bandjie met knope.

Now I need to decide how to fix the puzzle pieces to the book, so that it doesn't fall everywhere. I don't want to make pockets again. I am considering a fabric elastic or a strap with buttons.

Saturday 7 April 2018

Legkaarte (1)

Hierdie was 'n redelike produktiewe week, wat die stil speletjies aan betref. Ek het 3 van die 6 legkaarte gemaak vir Boetie se boek.

This was a reasonably productive week with regards to the quiet books. I managed to finish 3 of 6 puzzles for DS's book.

Legkaart 1 - Reënboog / Puzzle 1 - Rainbow





Legkaart 2 - Narvish / Puzzle 2 - Clown Fish

Ek het 'n inkleurprentjie, wat maklik sal kan dien as 'n appliek patroon, geneem en dit as 'n templaat gebruik vir die legkaart.

I took a colouring picture, which can work easily as an applique pattern, and used that as the template for the puzzle.




Legkaart 3 - Tetris blokkies / Puzzle 3 - Tetris pieces

Die legkaart het 'n bietjie dinkwerk gekos, om seker te maak al die blokkies pas in mekaar om een groot vierkant te maak. Alhoewel die doel is om die een groot vierkant te maak, hoop ek dat hy verskillende vorms en kombinasies met die blokkies sal poog.

This puzzle took some thinking, to make sure all the pieces fit together and make one large square. Although the objective is to make the one big square, I hope that he will attempt different combinations and forms as well.




Hierdie was pret om te maak. Ek hoop die ander legkaarte is net so pret.

Lekker naweek!

These were fun to make. I hope the other puzzles will be just as fun.

Have a fun weekend!

Sunday 1 April 2018

4 Seisoene

Die volgende aktiwiteit in die kinders se stil speletjies boeke is klaar. Beide van hulle het hierdie speletjie in hul boeke, so ek het sommer beide se speletjies gelyktydig afgehandel.

The next activity in the kids' quiet books are done. Both have this game in their books, so I completed both at the same time. 

Vroeër het ek gevra vir idees vir wat ek kan doen met winter, aangesien ek oortuig was daarvan dat Boetie nie weet van sneeu, ys en sneeumanne nie, want dit sneeu nie in Mauritius nie. Tot my verbasing, terwyl ons een aand 'n storie oor die diere in die arktiese sirkels kyk, roep Boetie uit: "Kyk, Pappa. daar is sneeu! Dis baie koud! Daar is ys, dit smelt..." Dus het my antwoord reguit vanuit die "perd se bek" gekom. 'n Sneeuman is dus die simbool vir winter in die seisoene speletjie gemaak.

Earlier I asked for some ideas regarding what I can do for winter, since I was convinced that DS did not know about snow, ice and snowmen since it doesn't snow in Mauritius. To my surprise, while we were watching an documentary about the animals in the arctic circles, DS shouted: "Look Daddy, there is snow! It is cold! There is ice. It is melting...". So my answer came straight from the "horse's mouth" and a snowman was made as symbol for winter.

Die vier bome - leeg, met mandjies wat die verskillende seisoene se items inhou / The four trees - empty, with the baskets that holds the four seasons' items in it.


Elke boom met hul seisoen se items - blomme (lente), vrugte (somer), blare (herfs) en die sneeuman (winter) / Each tree with their season's items - flowers (spring), fruit (summer), leaves (autumn) and the snowman (winter)

Geniet jul naweek!

Enjoy your weekend!

Monday 12 March 2018

Veels geluk Jennifer met jou verjaarsdag!

Hou julle oe op hierdie blog: http://www.42quilts.com/ Jennifer skep pragtige werk en trek my hart se snare met haar helder en veelkleurige kwilte. Sy het selfs 'n paar boeke en patrone gepubliseer. Vandag kan julle 'n getekende kopie van haar boek "The Modern Applique Workbook" koop vir slegs $10! Dis haar verjaasdag week en elke dag hierdie week gaan sy 'n speisiale aanbieding he.

Hoop jy verjaar baie lekker Jennifer!

Keep your eyes on this blog: http://www.42quilts.com/ Jennifer creates beautiful work and pulls on my heart with her bright and multi coloured quilts. She has even published some books and patterns. Today you can purchase a signed copy of her book "The Modern Applique Workbook" for only $10! This is her birthday week and every day this week she will have a special offer.

Hope you have an awesome birthday Jennifer!

Friday 2 March 2018

Reënboog blom

Sussie is baie lief vir ritssluiters, so ek het besluit om 'n aktiwiteit met ritssluiters in haar stil speletjies boek te sit. Ek het lank gevat om te besluit hoe ek die ritssluiters wil vas sit. Eers het ek dit net in rye gehad, toe biejtie skeef, maar laastens besluit op die blom motief- sodat sy in alle rigtings kan oefen om ritse oop en toe te trek.

DD loves zippers, so I decided to have an activity in her quiet book, that consists of zippers. It took me some time to decide on how to place the zippers. First I had them in rows, then skew and lastly in the flower pattern, so that she can practice zippers in all directions.



Nadat ek die ritssluiters klaar vasgegom het, het die violet deel gebreek, en moes ek dit met 'n nuwe ritssluiter en kraletjie vervang. Nie te veel moeite nie, maar ek was nie lus om die ou ritssluiter los te trek en die nuwe een in sy plek vas te gom nie. 

Ek is besig met die volgende speletjie, wat vir beide presies dieselfde is - seisoene. Ek sukkel nog om te besluit wat om vir winter te doen, behalwe 'n kaal boom, want in Mauritius sneeu dit nie in die winter nie. Enige idees?

Tot later!

After I glued the zips, the violet one broke and I had to replace the zip and the bead. Not to much effort, but I wasn't in the mood for doing the same thing twice.

I am busy with the next activity, which is the same for both - seasons. I am having trouble deciding what to do for winter, except an empty tree, as it doesn't snow in Mauritius in the winter. Any ideas?

Until later!

Monday 12 February 2018

Speelgronde

Met die weer wat baie ongemaklik is (baie reën, hitte, bedompigheid), bly ons maar meestal in die huis. Ek het myself besig gehou met Boetie se volgende stil speletjie. Hierdie is 'n aanpassing van 'n patroon deur Aimee Ray van Little Dear Tracks, genaamd Dreamland. Jy kan die patroon by haar Etsy winkel koop.

With the weather being very uncomfortable (rain, heat, humidity), we are keeping to our self indoors. I kept myself busy with DS next quit book activity. This is an adaptation of a pattern by Aimee Ray from Little Dear Tracks, called Dreamland. You can purchase the pattern at her Etsy shop.

 
Die karakters is vry om rond te beweeg. Hulle kan die volgende doen op die speelgronde: In die wolke vlieg, swaai, wegkruipertjie speel agter die sampioene, sterre kyk, glyplank gly en slaap in the sekelmaan

The characters are free to move about. They can do the following on the playground: Fly in the clouds, swing, play hide-and-seek behind the mushrooms, gaze at the stars, slide down the slide and sleep in the crescent moon.


Dit was pret om hierdie een te maak. Hierdie patroon is ook natuurlik die oorspronklike rede waarom ek die Stil speletjie boeke begin het. Als het om hierdie aktiwiteit gedraai en uitgebrei soos ek navorsing bly doen het.

Tot later!

This was a fun one to make. This pattern is also the reason why I started the Quiet books in the first place. Everything started here and spread out as I continued my research on the quiet books.

Until later!

Tuesday 30 January 2018

Sussie se Abakus

Ons hou by die tel-tema met Sussie se abakus vir haar stil speletjies boek. Ek wou meer versierings byvoeg, maar het aan die einde daarteen besluit (want ek is lui).

In keeping with the counting theme, here is DD's abacus for her quiet book. I wanted to add more embellishments, but I decided against it in the end (because I am lazy).



Dit was nou al die maklike aktiwiteite om te maak, met min detail. Ek reken ek gaan nou meer tyd aan die aktiwiteite spandeer omdat dit nou kleiner stukkies is wat ek moet sny en meer detail wat ek moet inbring in die bladsy/aktiwiteit.

Lekker dag!

This was the easy activities to make, with little detail. I assume I am going to take longer now with the other activities, because it is smaller pieces to cut and more detail to bring into the activity/page.

Enjoy your day!


Wednesday 24 January 2018

'n Sappige geheim...

...Maar voor ek daarby kom, Boetie se volgende stil speletjie is klaar. Ek sal dalk die kleiner kraletjies moet vaswerk. Als is egter op die oomblik vas gegom. Ek het stukkies velcro aan die agterkant van die trokke, sodat die stukkie nie die wêreld vol rond val nie. Dit is sy Tel Trein

...But before I get to that, DS's second quiet book activity is finished. I might need to sew the smaller beads into place though. At the moment everything is glued in place. I put some velcro at the back of the trucks so that they don't fall off.  This is his Counting Train.



So, my geheim...Vir die laaste 2 jaar het ek aan 'n BOM deelgeneem. Ek het egter net die materiale bymekaar gemaak en nie aan die kwilt self gewerk nie. Vanoggend het ek die laaste pakkie materiale gekry en is my stel nou volledig. Ek gaan my eie Dear Jane kwilt maak!!!

So, my secret...For the last 2 years, I have participated in a BOM. I only collected the fabrics and didn't make the quilt. This morning, I received my last package of fabrics and my set is now complete. I am going to make my own Dear Jane quilt!!!


Al die materiale wat ek oor die laaste 23 maande versamel het... /  
All the fabrics I have been collecting over the last 23 months.

Ek kan nie wag om hiermee te begin nie, maar ek sal ook erken: ek is bietjie angstig. Dis min dat ek kwilte maak "so na as moontlik aan die oorspronklike". Die laaste keer wat ek so iets gedoen het, was my appliek kussings. Ek verkies helder, "blender" of soliede kleure, so om hierdie 1930 reeks materiale te gebruik gaan buite my "comfort zone" wees. Ek sal julle met 'n volgende geleentheid meer van my Dear Jane storie vertel.

I can't wait to get started, although I will admit: I am a bit anxious. It isn't my usual style to make quilts "as close to the original as possible". The last time I did that was with my applique pillows. I prefer bright, blender or solid colours, so working with this 1930 reproduction fabrics is a bit outside my comfort zone. I will tell you more about my Dear Jane story in a future post.

Wednesday 17 January 2018

Stil Speletjies Boeke (Quiet Books)

Hi almal! Voorspoedige 2018!

Ons begin sommer die jaar met 'n "bang", danksy sikloon Berguitta wat met ons mors. So, terwyl ons "ingehok" is, het ek besluit om aan die kinders se Stil speletjies boeke te werk. Die idee van die boeke het gekom nadat ek aktiwiteitsboeke vir die kinders gesoek het, vir wanneer ons weer moet vlieg of vêr ry. Na vele navorsing op die internet, het ek 'n paar idees gehad en die boeke begin beplan.

Hi all! Happy 2018!

We start the year off with a "bang", thanks to cyclone Berguitta that is messing with us. So, while we are "stuck" inside, I decided to work on the kids' Quiet books. The idea of the books came to me while I was looking for activity books for the kids, for next time we are flying or taking a long drive. After lots of research on the internet, I had many ideas and started planning the books.

Hiermee dan 'n bladsy (nie noodwendig die eerste bladsy nie), van elk van die kinders se boeke:

Herewith then a page (not necessarily the first page) of each of the kids' books:


Veelkleurige vorms vir Sussie / Multi coloured shapes for DD



Knope oefen vir Boetie / Button practice for DS

Die boek gaan hoofsaaklik uit vilt uit bestaan, maar ek gaan soos nodig ander materiale en versierings by sit.

The books will mainly be made from felt, but I will use other fabrics and accessories as and when necessary.

Hoe jou julle julsef besig as die weer nie saam speel nie?

How do you keep yourself busy when the weather isn't playing along?