Friday 10 July 2020

Dans rompie

My Dogtertjie het onlangs begin danslesse neem. Sy moet onder andere 'n dans uniform dra, wat bestaan uit 'n ballet leotard en 'n tutu. Dit was 'n nagmerrie om dit in die hande te kry, maar ons het uiteindelik 'n tweedehandse stel kon kry. Saam met dit het ek na ons "Charity shop" toe gegaan en ek kon daar 'n leotard kry en 'n ander kledingstuk met 'n kant rompie, wat ek gekoop het om die kant te gebruik en dan 'n tutu vir haar te maak.

DD started dancing lessons recently. She has to wear a uniform, consisting out of a ballet leotard and a tutu. It was a nightmare to get hold of the uniform, but at last we do have one, albeit second hand. I also went to our thrift store and found another leotard and a dress with a net skirt, which I bought to use the net for a tutu.

 
Ek het die romp losgemaak van die hempie en toe verder die kant losgemaak van die onderrok. Die kant was in 3 stroke vasgewerk en ek moes elke strook apart lostorring. In die foto het ek die 3 stroke begin pas om te kyk hoe ek als weer aanmekaar kan sit. Die rek het ek gelukkig reeds gehad.

I removed the skirt from the shirt and further removed the netting from the petty coat. The netting was sewn in 3 strips so I removed each strip separately. In the photo I have started sizing up the netting to see how I could sew it all back together again. I had the elastic at home already.


Dit het my 3 probeerslae gekos voor ek die rekband ordentlik kon vasstik. (Ek doen laslappies en  kwiltwerk, nie kostuums nie LOL) Ek het die onderrok geneem, 'n breë strook uitgesny en met die 3rde probeerslag eers vasgestik en toe die rek deur gereig. Die vorige 2 probeerslae was die strook wat ek gesny het te smal gewees.

It took me 3 tries before I got the waistband right. (I am used to  patchwork and quilting, not costumes LOL). I took the petty coat and cut a wide strip from it, stitched it together and on the final try managed to get the elastic band through. The previous 2 turns I cut the strip to narrow.


Daarna het ek die 3 stroke kant geneem en hulle aangemaar vasgewerk en dit toe alles aan die rekband vasgewerk. Nou dat ek terugdink...volgende keer moet ek alles eers aanmekaar werk en laastens die rek inwerk...

Then I sewed the 3 strips of netting together and attached all of that to the waistband. In retrospect...next time I will first sew everything together and then add the elastic band in last...
 

Nou het Sussie nog 'n rompie om in te dans!

Now DD has another skirt to dance in!

Monday 6 July 2020

Projekte tydens ons afsonderingsperiode

Hallo daar! Ek is so bly om weer agter my rekenaar te kan sit en 'n blog post te kan skryf. Sedert ons in afsondering gegaan het, vanaf 20 Maart tot nou, moes ek vele rolle vertolk, wat my natuurlik baie oorweldig het en my baie besig gehou het. Ek het min tyd gehad vir naaldwerk, maar hier is die projekte waarmee ek myself besig gehou het...

Hi there! I am so happy to be able to sit behind my pc and write a blog post. I had to play many roles since our lockdown started, from 20 March to now, which left me overwhelmed and busy. I did not have a lot of time for sewing, but these are the projects I have been busy with...


1. Maskers (natuurlik) / Masks (off course) 


 2 Die kinders se kwilte / The kids' quilts


Sussie se kwilt. Elkeen van hulle kon hul eie agterkant se materiaal kies. Sy het Paw Patrol gekies. Ek het die kwiltwerk 'n kombinasie van meandering en "doggy treats" gemaak. / DD's quilt. Each of them could chose their own backing. She chose Paw Patrol, so I did the quilting with meandering and "doggy treats"
 

Hier is die voltooide kwilt op haar bed. / Here is the finished quilt on her bed.

Boeta se kwilt. Hy het Minions vir sy agterkant gekies. Ek het die kwiltwerk blare gemaak, aangesien dit die tema van die materiale was (oerwoud) asook die blare van die Minions se klere. / DS's quilt. He chose Minions for his backing. I chose to quilt leaves for this quilt, as it fitted the theme of the fabric (jungle) as well as the outfits of the Minions.

 

Hier is die voltooide kwilt op sy bed. / Here is the finished quilt on his bed.


3. Ek het toe besluit dat dit is tyd vir 'n projek, wat ek al lankal al wou maak - die kinders se "Memory Quilts". Ek het al hulle baba klere, tot en met 18 maande ouderdom, gehou juis vir hierdie projek. Sussie is die jongste en is nou 4, so dis tyd dat hierdie klere verwerk word. Enige klere wat oorbly na hierdie projek, sal vir liefdadigheid gegee word.

3. After this, I decided to take on a project that I have been wanting to do for years - the kids' Memory Quilts. I kept there clothes up to the age of 18 months just for this project. DD is my youngest and is now 4, so it is time for the clothes to be processed. The clothes that will be left over after the project, will be donated to charity.


Sussie se klere / DD's clothes


 Boeta se klere / DS's clothes

 4. Ek het ook 'n paar DJ blokke gemaak. / I also completed a few DJ blocks


Tans word my naalwerk area hoofsaaklik as my tuis kantoor gebruik, so ek spandeer nie baie tyd aan my naalwerk nie. Hopelik sal dit binne-kort verander.

Tot later!

My sewing area is currently being used as a home office, so I am not spending much time on sewing. That will hopefully change soon.

Until later!

Sunday 1 March 2020

Volgende 6 DJ blokke klaar

Ek het nog 6 blokke van my DJ klaar. Stadig maar seker begin hierdie kwilt nou vorm kry. Die tema vir hierdie blokke (behalwe 1) was fuzzy cutting en appliek. Dit was nie oorspronklik my idee om appliek nou al te doen nie. Ek wou dit vir laaste los, aangesien appliek gewoonlik vir my vinnig gaan. Maar, nadat ek myself die uitdaging gegee het om G11 (Blou blok met honde en strikkies) te doen (sien my vorige plasing) het die fuzzy cutting en appliek gogga baie hard gebyt LOL

I finsihed 6 more DJ blocks. Slowly the quilt is starting to get shape. The theme for these blocks (except 1) is fuzzy cutting and applique. I didn't plan on doing applique yet. I wanted to leave it for last as I find applique to go quickly. But, after challenging myself (see my previous post) to do G11 (Blue block with dogs and bows), I guess the bug just bit too hard LOL


Met die pienk blok, het ek my eie reel gebreek: "moenie stikwerk doen as jy moeg is nie". Ek het 23:00 gou-gou die blok aanmekaar gesit, net om te besef ek het my driehoeke verkeerd om vasgewerk. Die volgende oggend het ek dit gou reggestel...

I broke my own rule with the pink block: "don't stitch when you are tired". I quickly assembled the block 23:00 at night, just to discover I had my triangles the wrong way around. The next morning I corrected that...




Tussen-deur het ek vir my 'n nuwe pennetjiesak gemaak. My ou een is nou gedaan en het begin losskeur en uitrafel. Ek het nie 'n patroon gebruik nie, nie die grootte van die ou pennetjiesak as verwysing gebruik en gestik.

In the meantime I made a new bag for my pegs. The old one started to disintegrate. I didn't use a pattern but I did use the size of the old bag as a reference.


Saturday 1 February 2020

Dear Jane vordering

Ek het nog 6 blokke en driehoeke klaar van my DJ kwilt. Ek is baie opgewonde oor die geel stêr blok. Die middel van die blok het "geskree" vir 'n fuzzy cut prentjie ;)

I have 6 more blocks and triangles finished of my DJ quilt. I am very excited about the yellow star block. The center just screamed for a fuzzy cut picture ;)


Dit is die diagram, soos in die boek, waarvolgens ek werk. Hierdie is my vordering en die hoeveelheid stukkies wat vasgewerk is.

This is the diagram, as per the book, from which I am working. Here is my progress and the pieces sewn together.


Sal ek G-11 volgende doen? Dan sal ek 'n blok in elke ry en kolom gemaak het LOL

Shall I do G-11 next? Then I shall have made a block in each row and column LOL

Friday 31 January 2020

Dear Jane Materiale

Oorspronklik wou ek by die "sew along" se maadelikse materiaal pakkies gebly het, soos ek dit ontvang het vir elke spesifieke maand, vanaf die BOM program. Maar ek het begin besef dat ek sekere materiale eerder vir ander blokke wil gebruik, wat nie noodwendig in daardie maand se pakkie val nie. Dus het ek van strategie verander en het al die materiale in kleurgroepe geplaas. Dit het my ook 'n beter idee gegee van wat beskikbaar is.

Originally I wanted to stay within the sew along monthly packages, as I received them from the BOM program. But I have now realised that there are some fabrics that suits other blocks better, which doesn't necessarily fall within that particular month's package. So I have changed strategy and have grouped the fabrics by colour. This also gives me a better idea of what is available.

Terwyl ek die materiale gesorteer het, het ek sommer foto's geneem en die materiale getel. In die betrokke kleurgroepe, staan die saak soos volg:
- Rooi 22 Lappe plus 1 duplikaat
- Oranje 11 Lappe plus 2 duplikate
- Geel 17 Lappe plus 2 duplikate
- Groen 44 Lappe plus 5 duplikate
- Blou 39 Lappe plus 7 duplikate
- Pienk 33 Lappe plus 1 duplikaat
- Pers 20 Lappe plus 3 duplikate
- Totaal van 207 Lappe (uitgesluit die wit materiaal)

While I was sorting the fabrics, I took photos and counted the pieces. In the colour groups, this is where I stand:
- Red 22 Pieces plus 1 duplicate
- Orange 11 Pieces plus 2 duplicates
- Yellow 17 Pieces plus 2 duplicates
- Green 44 Pieces plus 5 duplicates
- Blue 39 Pieces plus 7 duplicates
- Pink 33 Pieces plus 1 duplicate
- Purple 20 Pieces plus 3 duplicates
- Total of 207 Pieces (excluding the white fabric)


Ek is nie seker waarom ek so baie groen en blou materiaal het en so min oranje nie. Ek sou ook dink dat om 225 blokke en driehoeke te maak, gaan ek 225 stukke lap benodig...bygesê dit is fat 8's so daar is genoeg materiaal vir 2 blokke, afhangende van die patroon.

I am not sure why I have so many green and blue fabric and so little orange. I also would have thought that to make 225 blocks and triangles, I would need 225 pieces of fabric...mind you, it is fat 8's, so you can make 2 patterns from one piece of fabric, depending on the pattern.


Hierdie is die wit/agtergrond materiaal. Die groen/bruin materiaal aan die onderkant, wil ek vir die rugkant en dalk die omboorsel gebruik.

This is the white/background fabric. The green/brown fabric at the bottom is what I want to use for the backing and binding.

Tuesday 7 January 2020

Bloggers BOM Bokant Klaar


Voorspoedige Nuwe Jaar aan almal! 

Die bokant van die Bloggers BOM kwilt is klaar. Ek het vanmiddag die gekleurde randstrook vasgewerk. Die grootte is nou om en by 113 cm by 138cm.

Ek bevind myself in 'n vreemde posisie waar ek nou 2 kwilt bokante het wat klaar is, maar wat wag vir batting en die rugkante. Gewoonlik werk ek so dat ek een kwilt op 'n slag klaarmaak...Moet sê ek geniet die gevoel :)

Nou kan ek terugkeer na my DJ kwilt en die borduur Kerskwilt.

Happy New Year to everyone!

The top of the Bloggers BOM quilt is finished. I added the coloured border this afternoon. The size is now about 44.5" x 54.5".

I find myself in a peculiar position where I have 2 quilt tops finished and waiting for batting and backing. Normally I work in such a way that I finish one quilt at a time...I must admit that I am enjoying the feeling :)

Now I can return to my DJ and Embroidery Christmas Quilt.