Sunday 19 April 2015

Kwilt in aksie

Vanoggend kry ek 'n epos vanaf Broer 2, om dankie te sĂȘ vir sy kwilt, wat hy verlede week ontvang het. Hy vertel dat hy dit geneem het op 'n piekniek en dat hy baie komplimente daaroor gekry het. Dis mos wat elke kwilter wil hoor, of hoe?

Ek is bly, Boetie, dat jy jou kwilt geniet. Mag julle nog baie gelukkige tye saam beleef!


Geniet jul Sondag!

This morning I got an email from Brother 2, thanking me for his quilt which he received last week. He said that he took it with him on a picknick and that he received a lot of compliments on it. Isn't that what all quilters want to hear?

I am glad, Brother, that you are enjoying your quilt. May you have many more wonderful times together!

Enjoy your Sunday!
Foto met vergunning van E.M. Groenewald  / Photo courtesy of E.M. Groenewald

Wednesday 8 April 2015

Broer 2 se kwilt is klaar

Broer 2 se kwilt is uiteindelik klaar en hang op die wasgoedlyn. Dit is so 'n plesier om die kwilt kant-en-klaar te sien. Ek hoop om dit hierdie naweek vir hom te gee.

Brother 2's quilt is finally finished and is hanging on the washing line. It is such a pleasure to see this quilt finished. I hope to give it to him this weekend.