Monday 14 January 2019

1ste probeerslag met FMQ

So-ja, nou is als feitlik terug na normaal. Nuwe rekenaar is opgestel, ek is terug op kantoor en die kinders is terug by die skool...Laat die pret begin!

Voor ek by die blou kwilt kom, hier is 'n geskenk wat ek vir 'n vriendin gemaak het. Die borduurstuk is nog een van Aimee Ray (ek hou regtig van haar hand borduur patrone) en julle kan die patroon, en nog vele ander, op haar blog Little Dear Tracks kry. Hierdie is haar Life Mandala patroon. Ongelukkig het die hele patroon nie op die kassie gepas nie. Nietemin is ek baie tevrede met die hele stel.

There you go. Now everything is basically back to normal. My new laptop is setup, I am back at work and the kids are back at school...Let the fun begin!

Before I get to the blue quilt, here is a gift I made for a friend, using another one of Aimee Ray's patterns. I really like her hand embroidery patterns. You can find this one, and many more, on her blog Little Dear Tracks. This is her Life Mandala pattern. Unfortunately, the whole pattern didn't fit on the cabinet, but I like the whole setup non-the-less.


Ek werk dan nou al byna 3 weke lank aan die blou kwilt - soos wat tyd my toelaat. Ek het die 3 lae aangemaar geryg en het die vreesaanjaendste ding probeer - Free Motion Quilting (FMQ). Dis die rede waarom ek my Elna destyds gekoop het, en tot op hede het ek dit gladnie daarvoor gebruik nie. Ek het skouer aan die wiel gesit en besluit om FMQ op hierdie kwilt te doen. Tot dusver is ek tevrede, gegewe dat dit my eerste keer is. Die kwiltpatroon is genaamd "3's and E's".

I have been working for nearly 3 weeks on the blue quilt - as time allows. I basted the 3 layers and attempted the most scariest thing - Free Motion Quilting (FMQ). This is the main reason I bought my Elna years ago, and up to now I haven't used it like this. So, I grabbed the bull by the horns and decided I will quilt FMQ on this quilt. So far I am pleased, considering it being my first time. The quilt pattern is called "3's and E's".


Hier was ek nog besig met die rygwerk - halfpad klaar / Here is was still busy with the basting - halfway done


Eerste foto van die kwiltwerk / First photo of the quilting


Foto van nader (moet nie te naby kyk nie, daar is baie stomp hoeke en skerp draaie) / Close up (don't look too close, there is many blund turns and sharp edges)


Vreemd hoe die kwiltwerk op die "vis" materiaal verdwyn / Funny how the quilting disappears on the "fish" fabric


Die rugkant / The back

 Ek het intussen weer bietjie gevorder. Ek sal weer later foto's oplaai daaroor.

Dis dit vir nou. Tot later!

I have made progress in the meantime. I will upload more pics later.

That's it for now. Until later!

 

No comments:

Post a Comment

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.