Monday 30 December 2019

'n Doel vir die Bloggers BOM

Terwyl die tropiese storm Calvinia daar buite woed, is daar geen beter rede om snoesig binne te bly en te kwilt nie :) Ek wag nog vir Boeta se materiale om te arriveer, so ek maak werk aan Sussie se kwilt.

Ek wou oorspronklik dieselfde patroon gebruik as vir Boeta se kwilt, maar het gou besef dat indien ek 4 ekstra blokke byvoeg by die Bloggers BOM projek, dan is die kwilt feitlik groot genoeg vir Sussie. So dis presies wat ek gedoen het.

While tropical storm Calvinia is causing havoc outside, there is no better reason than to stay inside and quilt :) I am still waiting for DS's fabric to arrive, so I started working on DD's quilt.

Originally I wanted to use the same pattern as that of DS's quilt, but I soon realised that if I add 4 more blocks to the Bloggers BOM project, the quilt will be big enough for her. So that is exactly what I did.


Hier is al die blokke uitgelê, voor ek die nuwe blokke bygevoeg het. / Here are all the blocks laid out, before I added the new blocks.


Ek het by die oorspronklike konsep gehou en 2 van elke blok gemaak. Hierdie blokke kom uit die Farmers Wife kwilt, wat ook eendag in die pyplyn sal wees.

I kept to the original concept and made 2 of each block. These blocks come from the Farmers Wife quilt, which will also be in the pipeline one day.



'n Bietjie speel met die uitleg, 'n paar uur agter die masjien en ure se spandeer om te besluit wat om te doen vir 'n buiterand, en dis hoe die kwilt tans lyk.

A bit of layout designing, a few hours behind the machine, lots of hours trying to find a border design, and this is what the quilt looks like at the moment.


Ek is bly ek het besluit om eers 'n klein wit randstrook in te sit, voor ek die gekleurde randstrook en dan 'n derde klein wit randstrook vaswerk. Oorspronklik wou ek goudkleurige materiaal ingewerk het, maar die materiaal wou nie so lekker met die res van die kwilt saamwerk nie. Dis toe dat ek begin rondsoek het na idees vir die randstroke.

I am very happy that I decided to add a narrow white border first, before adding a coloured border and then a narrow white border again. Originally I wanted to add gold coloured fabric, but it didn't work so well with the rest of the quilt. It was then that I started looking around for ideas for the border.

Indien die weer steeds goor is môre, sal ek weer aandag aan die kwilt gee, andersins eers later die week weer.

If the weather is still bad tomorrow, I will continue on this quilt, otherwise it will be later this week.


Tuesday 10 December 2019

Impromptu kwilt

Ek het nog 2 DJ blokke om vir julle te wys. Beide hierdie blokke lyk nie heeltemal soos die blokke in die oorspronklike kwilt nie. Ek dink die skrywer het die patroon aangepas. Ek het nog sulke blokke teëgekom, en het besluit om daardie blokke soos diè in die kwilt te laat lyk, eerder as om die patroon in die boek te volg.

I have 2 more DJ blocks to show you. Both these blocks doesn't look exactly like those in the original quilt. I think the author adapted the patterns. I had more blocks like that, and decided to replicate those blocks in the quilt, rather than follow the pattern in the book.



Na hierdie 2 blokke voltooi is, het ek nie meer gedrukte patrone gehad nie. Intussen vra Boetie die heeltyd nog vir 'n kombers, sedert ek my DJ begin het. Ek gryp toe 'n materiaal pakkie, wat ek as geskenk by iemand gekry het, en die pakkie het 'n gratis patroon by. Ek besluit toe om die patroon vir hom te maak...

After these 2 blocks were finished, I didn't have any more printed patterns. In the meantime DS has been asking me for a "blanket" ever since I started my DJ. I grabbed a fabric pack, which I received as a gift, and in this packet was a free pattern. So I decided to make this for him.


Dis die patroon wat saam met die materiaalpakkie gekom het. Dis 'n maklike en vinnige patroon. / This is the pattern that came with the fabric pack. This is an easy and quick pattern.


Hierdie is die materiaal wat in die pakkie gekom het. 20 verskillende lappies, elkeen herhaal om 'n totaal van 40 10" lappies te maak. /
This is the fabric that came in the packet. 20 different pieces, each repeating to make a total of 40 10" pieces.


Die voltooide bokant. Die randstrook is nie deel van die patroon nie. Ek het dit bygewoeg sodat Boetie darem 'n jaar of twee lank die kwilt kan gebruik ;) Die bokant is ongeveer 158cm x 158cm /
The finished quilt top. The border is not part of the pattern. I added it so that DS can have at least an extra year or two's worth of use from the quilt ;) The top is about 62.5" x 62.5".

Nou moet ek wag vir watte-ersel en die rugkant. Terug na DJ... Tot later!

Now I need to wait for batting and backing fabric. Back to DJ... Until later!