Friday 20 October 2017

Musical Queues

Vanoggend nadat ons die kinders by die skool afgelaai het, is ek en Manlief Port Louis toe vir 'n taak waarna almal opsien - die oordrag van eienaarskap van my nuwe motor.

This morning, after dropping the kids at school, Hubby and I went to Port Louis for a task that everybody dreads - transfer of ownership of my new car.

Ons eerste wagpunt was die Registrateur. Daar het ons in 'n ry gesit vir +- 30min voordat ons die dokumentasie kon indien en nog 'n verdere 30min se wag voordat hulle die dokumentasie verwerk het.

Our first queue was at the Registrar. There we waited for +- 30min before we could submit the documentation and another 30min for it to be processed. 


Ons tweede wagpunt was by die versekering. Hier die die wagtyd plus die uitreik van die versekering ons 45min geneem.

The second queue was at the insurers. Here the waiting period and the issue of the insurance took us 45min.


Ons 3rde, die langste en die laaste wagpunt was die National Transport Authority, waar ons 1 en 'n half uur gewag het vir die finale oordrag en lisensiering om plaas te vind.

Our 3rd, longest and final queue was at the National Transport Authority, where we waited 1 and a half hours for the final transfer of ownership and licensing to take place.




Ons het ons lewe om gewag vandag, maar die papierwerk is nou afgehandel en ons kan die motor op die pad neem...

Hoe het julle jul Vrydag spandeer?

We waited our lives away today, but the paperwork is done and we can take the car on the road...

How did you spend your Friday?

Sunday 1 October 2017

Net betyds vir die somer

Ek het uiteindelik iets om oor te blog! Daar is niks beter as die gevoel van prestasie wanneer jy 'n projek voltooi nie.

Finally, I have something to blog about! There is nothing better than the feeling of achievement when you finish a project.

Verlede jaar het ek begin om vir die slaapkamers nuwe gordyne te maak. Die rede was omdat dit belaglik warm raak in die somer en om die heeltyd die lugverkoelers aan te hê het ons sakke diep geruk. So ek het besluit om gordyne met "blackout" te maak met die hoop dat ek so bietjie van die direkte sonlig en hitte uit die kamers kan hou deur die somersdae.

Last  year I started making new curtains for the bedrooms. The reason was that it gets unbelievably hot here in the summer and to use the air conditioners the whole time just emptied our pockets. So I decided to make curtains with blackout, hoping that I can block some of the direct sunlight and heat out of the rooms during the summer days. 

Ek verwys terug na hierdie blog inskrywing waar ek die kinders se kamergordyne gemaak het.

I refer back to this blog post, where I made the kids' room curtains.


Kort daarna het ek die gang (wat na die kamers lei) se gordyne ook gemaak en daar gestop.

Shortly thereafter, I managed to complete the curtains for the hallway, leading to the bedrooms, and that is where it ended.

 Die ingang na die gang / The entrance to the hallway

Die agterkant. Hier kan julle die sonblok voering duidelik sien / The back. Here you can see the blackout clearly. 
 

Noudat die somer weer oppad is, het ek dit goed gedink om die ander kamer se gordyne klaar te maak. Ai, maar dis lekker om 'n projek af te handel!

Now that the summer is on its way, I considered finishing the other room's curtains. Oh boy, it is so nice to have a project completed!

Hoe berei julle voor vir somer? Tot later.

How do you prepare for summer? Until later.


Wednesday 8 February 2017

Bokant is klaar

So tussen deur die skoolvakansie, Nuwe Jaar vieringe en siklone, het ek bietjie-bietjie bly werk aan die blou kwilt. Ek het gister die buiterand aangewerk en kan uiteindelike vir julle die kwilt-in-wording wys.

In between the school holidays, New Year celebrations and cyclones, I managed to do some work on the blue quilt, bit by bit. Yesterday I added the border and now I can finally show you the quilt-in-progress.


Hierdie is nadat ek al die driehoeke gestik het en die patroon op die vloer uitgelê het. Ek het lank geneem om als vas te werk, want ek was nie gelukkig met die rigting van die "vissies" materiaal nie. Ek het oorspronklik gedink dat ek die rigting van die visse en seegras dieselfde binne-in 'n driehoek sou hou, maar toe stik en sny ek twee driehoeke verkeerd en dit mors toe alles op. Ek het beperkte materiaal en kon nie net twee ekstra driehoeke sny nie. Na 'n lang tyd van raad vra, het ons toe besluit om die rigting van die materiaal te ignoreer en nou maar net als "deurmekaar" vas te stik.

This is after I pieced the triangles together and placed everything on the floor for the layout. It took me a long time to piece everything together, because I was not happy with the direction of the "fish" fabric. Originally I wanted the direction of the fish and the sea grass to be the same within a triangle, but then I went and sewed and cut two triangles the wrong way, which messed up everything. I had limited fabric, so I couldn't just cut two more triangles. After some time, and asking may people for advice, we decided to ignore the direction of the fabric and just sew things "randomly" together.




Ek het net so gesukkel met die buiterand. Ek was 20cm se materiaal kort om die rand te maak soos ek oorspronklik wou. Ek moes toe die stroke smaller sny en het later in desimale getalle ingegaan om seker te maak die finale strook is die regte breedte. Wow, was dit 'n kopkrapper! Nie te min, die stroke is gesny - sommer 'n klomp op 'n slag want ek was nie meer lus vir baie tyd daaraan spandeer nie, veral nie na al die wiskunde nie LOL - en vinnig is die randstroke klaar.

I had just as much difficulty with the border. I was 20cm short on fabric for designing the border as I originally wanted. I had to make the strips thinner and later went into decimal numbers to be sure the border was the right width. Wow, what a brain teaser! None the less, the strips were cut - a few at a time since I wasn't in the mood for spending a lot more time on them, especially after all the math LOL - and soon the border was finished.


Hierdie is dan die produk van baie dinkwerk...Dit het 'n finale stryk nodig voordat ek watte ersel en 'n agterkant gaan soek tussen my materiale en die rygwerk laat begin.

This is then the product of a lot of thinking...It needs a final ironing before I get the batting and backing from my stash and start on the basting.

Ek moet erken, die uitdagings met hierdie kwilt was pret, maar nou wil ek iets eenvoudigs hê om te doen.

Tot later!

I will admit, the challenges with this quilt was fun, but now I need something more simple to do. 

Until later!

Saturday 14 January 2017

Talipot

'n Kort rukkie gelede is ons as gesin na die Pamplemousses Tuine, vir 'n uitstappie.

Ons het spesifiek gemik om 'n baie besonderse boom te gaan besigtig.

A short while ago we went as a family to the Pamplemousses Gardens.

We went specifically to see a certain special tree.



Ons het gaan kyk na die Talipot. Dis 'n boom wat baie lank neem om volwasse te word en dan slegs een maal te blom voordat dit doodgaan. Die resultaat is 'n blomvertoning wat skrik vir niks!

We went to see the Talipot. It is a tree that takes a long time to reach maturity and then only blooms once before it dies. The result is a majestic flower show!

 

Die inligtingsbordjie in die tuine rakende die Talipot / The information board in the gardens, regarding the Talipot

Ek en die kinders staan aan die voet van die boom. / The children and I are standing at the base of the tree.   


 Die pragtige blomme van die Talipot / The beautiful flowers of the Talipot.


Om meer te lees oor die Talipot, kliek hier.

To read about the Talipot, click here.

Lekker naweek vir almal!

Have a wonderful weekend!