Tuesday 30 January 2018

Sussie se Abakus

Ons hou by die tel-tema met Sussie se abakus vir haar stil speletjies boek. Ek wou meer versierings byvoeg, maar het aan die einde daarteen besluit (want ek is lui).

In keeping with the counting theme, here is DD's abacus for her quiet book. I wanted to add more embellishments, but I decided against it in the end (because I am lazy).



Dit was nou al die maklike aktiwiteite om te maak, met min detail. Ek reken ek gaan nou meer tyd aan die aktiwiteite spandeer omdat dit nou kleiner stukkies is wat ek moet sny en meer detail wat ek moet inbring in die bladsy/aktiwiteit.

Lekker dag!

This was the easy activities to make, with little detail. I assume I am going to take longer now with the other activities, because it is smaller pieces to cut and more detail to bring into the activity/page.

Enjoy your day!


Wednesday 24 January 2018

'n Sappige geheim...

...Maar voor ek daarby kom, Boetie se volgende stil speletjie is klaar. Ek sal dalk die kleiner kraletjies moet vaswerk. Als is egter op die oomblik vas gegom. Ek het stukkies velcro aan die agterkant van die trokke, sodat die stukkie nie die wêreld vol rond val nie. Dit is sy Tel Trein

...But before I get to that, DS's second quiet book activity is finished. I might need to sew the smaller beads into place though. At the moment everything is glued in place. I put some velcro at the back of the trucks so that they don't fall off.  This is his Counting Train.



So, my geheim...Vir die laaste 2 jaar het ek aan 'n BOM deelgeneem. Ek het egter net die materiale bymekaar gemaak en nie aan die kwilt self gewerk nie. Vanoggend het ek die laaste pakkie materiale gekry en is my stel nou volledig. Ek gaan my eie Dear Jane kwilt maak!!!

So, my secret...For the last 2 years, I have participated in a BOM. I only collected the fabrics and didn't make the quilt. This morning, I received my last package of fabrics and my set is now complete. I am going to make my own Dear Jane quilt!!!


Al die materiale wat ek oor die laaste 23 maande versamel het... /  
All the fabrics I have been collecting over the last 23 months.

Ek kan nie wag om hiermee te begin nie, maar ek sal ook erken: ek is bietjie angstig. Dis min dat ek kwilte maak "so na as moontlik aan die oorspronklike". Die laaste keer wat ek so iets gedoen het, was my appliek kussings. Ek verkies helder, "blender" of soliede kleure, so om hierdie 1930 reeks materiale te gebruik gaan buite my "comfort zone" wees. Ek sal julle met 'n volgende geleentheid meer van my Dear Jane storie vertel.

I can't wait to get started, although I will admit: I am a bit anxious. It isn't my usual style to make quilts "as close to the original as possible". The last time I did that was with my applique pillows. I prefer bright, blender or solid colours, so working with this 1930 reproduction fabrics is a bit outside my comfort zone. I will tell you more about my Dear Jane story in a future post.

Wednesday 17 January 2018

Stil Speletjies Boeke (Quiet Books)

Hi almal! Voorspoedige 2018!

Ons begin sommer die jaar met 'n "bang", danksy sikloon Berguitta wat met ons mors. So, terwyl ons "ingehok" is, het ek besluit om aan die kinders se Stil speletjies boeke te werk. Die idee van die boeke het gekom nadat ek aktiwiteitsboeke vir die kinders gesoek het, vir wanneer ons weer moet vlieg of vêr ry. Na vele navorsing op die internet, het ek 'n paar idees gehad en die boeke begin beplan.

Hi all! Happy 2018!

We start the year off with a "bang", thanks to cyclone Berguitta that is messing with us. So, while we are "stuck" inside, I decided to work on the kids' Quiet books. The idea of the books came to me while I was looking for activity books for the kids, for next time we are flying or taking a long drive. After lots of research on the internet, I had many ideas and started planning the books.

Hiermee dan 'n bladsy (nie noodwendig die eerste bladsy nie), van elk van die kinders se boeke:

Herewith then a page (not necessarily the first page) of each of the kids' books:


Veelkleurige vorms vir Sussie / Multi coloured shapes for DD



Knope oefen vir Boetie / Button practice for DS

Die boek gaan hoofsaaklik uit vilt uit bestaan, maar ek gaan soos nodig ander materiale en versierings by sit.

The books will mainly be made from felt, but I will use other fabrics and accessories as and when necessary.

Hoe jou julle julsef besig as die weer nie saam speel nie?

How do you keep yourself busy when the weather isn't playing along?