Wednesday 19 October 2016

Gordyne

Dit het die afgelope paar weke sommer vinnig al hoe warmer begin word. Die slaapkamers kry veral swaar in die somer, aangesien die middag son die kamers bak. Om te poog om die kamers koeler te hou hierdie somer, het ek besluit om sonblok gordyne te maak.

It has become hotter and hotter the last few weeks. The bedrooms suffers quite a lot in the summer because the afternoon sun shines on the rooms and then it feels like an oven in there. To try and keep the rooms cooler this summer, I decided to make blackout curtains.

"Blackout" Voering / Blackout Lining

 Nuwe gordyn materiaal / New curtain fabric 

Soos wat ek die tyd het, sny ek die panele en doen die nodige voorbereiding. Wanneer die kinders my 'n kans gee, dan werk ek die voering aan die gordyn vas en hang die gordyn op. Wanneer Boetie my help, neem dit seker so 2 - 3 uur per paneel.

As I have the time, I would cut the panels and do the necessary preparations. When the kids give me a chance, I would attach the lining and put the curtains up. If DS is helping, then each panel takes about 2 - 3 hours.
 Panele word gesny op die kombuisvloer (die grootste beskikbare oppervlak) / The panels are cut on the kitchen floor (the biggest available space)

 Die some word dan gemeet en ingestryk, die voering word ingewerk en alles word vasgestik. / The seems are then measured and ironed in, the lining is added and everything is stitched together.

 Transformasie van die kinders se kamer: 4 dae/2 naweke in totaal geneem. / Transformation of the kids' room: total of 4 days/2 weekends.



Nou moet ek nog die hoofslaapkamer se gordyne en die gang se gordyne doen. Tot later!

Now I need to start on the main bedroom's and the hallway's curtains. Until later!