Sunday 18 August 2019

Die Blou kwilt is klaar!

Eerstens, baie jammer aan almal wat kommentaar gelos het, wat geen terugvoer van my af gekry het nie. Vir een of ander rede het ek nie die kennisgewings gekry dat jul kommentaar geplaas was nie. Ek sal so spoedig moontlik daaraan aandag gee, en op jul plasings antwoord.

First of all, apologies for those who left comments, and who did not get any feedback from my side. For some  reason or another, I did not get the notifications that your comments were submitted. I will look into it soonest and reply on your comments.



Na my vorige inskrywing, het ek terug gegaan na die omboorsel, die hoeke wat reeds vasgewerk was losgetorring en die hoeke weer vasgestik, die keer op die "korrekte" manier. Dit het 'n wêreld se verskil gemaak, en die afronding lyk soveel beter.

After my last post, I went back to the binding, undid the corners which were already stitched, and redid it all the "right" way. It made a world's difference and the finishing looks so much better.

Intussen het ek kort tye gehad om aan die omboorsel te werk en het gisteraand die laaste stukkie vasgewerk en die los gare ingewerk. Dis altyd 'n wonderlike gevoel om 'n klaarproduk te sien, met die wete dat daar soveel tyd, liefde en geduld in die projek ingegaan het.

I had short periods "here and there" to work on the binding and I finish the last bit last night. I also took care of the loose threads by hiding them into the quilt. It is always a wonderful feeling to see a finished project, especially when you know how much time, love and patience went into the project.

Die voorkant: Ek hou baie van die kontras in waarde en die effek wat dit skep. /  
The front: I like the contrast in value a lot and the effect that it brings.

Die rugkant: die gekleurde strook is bloot daar om die ekstra lengte/breedte aan die agterkant te gee. Die laken was net daardie stukke te smal om die hele rugkant te dek. /
The back: The coloured part is only there to give me the extra length/width at the back. The sheet was only that bit too narrow to cover the whole backing.

Die kwilt sal nou sy pad na sy nuwe eienaar maak, aangesien hierdie na 'n kollega gaan.

The quilt will now make it's way to it's new owner, as this is going to a colleague.

Met die projek agter die rug, het ons bietjie in die Black River National Gorges gaan stap vandag. Met al die reën wat ons die seisoen gekry het, het die rivier sterk gevloei. Dit was baie lekker om die rivier weer so vol te sien, aangesien die laaste paar jaar redelik droog was by ons.

With the project behind me, we went for a walk in the Black River National Gorges. The river was flowing strong thanks to the amount of rain that was falling this season. I am very happy to see the river so full, as it has been dry here the last few years.




Wat het julle gedoen hierdie naweek? 

Tot later!

What did you do this weekend?

Until later!

No comments:

Post a Comment

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.