Saturday, 19 October 2019

Nog 6 blokke klaar

Ek het die laaste 2 weke nog 6 blokke klaargemaak vir die Dear Jane kwilt, en ek het 'n paar blokke herstel ook.

I completed 6 more blocks for the Dear Jane quilt the last 2 weeks and I repaired a few blocks as well.

In die linkerkanste blok was nie al die Nine-patches in lyn gewees nie, so ek het dit herstel. Die driehoek is 'n nuwe blok, maar ek het oorspronklik nagelaat om 'n naattoelating aan die onderkant te los en het dit besef nadat ek die hele blok voltooi het. Ek het net die onderste pers gedeelte vervang.

For the left block, the Nine-patches didn't line up properly, so I fixed that. The triangle is a new block, but after I completed it, I realised I never had a seam allowance at the bottom of the triangle. So I replaced the bottom purple part.
 

Die pienk blok links is ook 'n nuwe blok en het dieselfde probleem as die geel blok gehad, in die sin dat die buitenste randstroke was nie groot genoeg om 'n ordentlike naattoelating te hê nie, so nadat ek die pienk blok gemaak het, het ek beide blokke se randstroke vervang met brëer stroke.

The pink block on the left is also a new block, and ended up having the same issue as the yellow block, which was that the outside borders weren't wide enough for proper seam allowances. So after I finished the pink block, I replaced both blocks' borders with wider strips.


Met hierdie blok het ek gesukkel om die blok die regte grootte te kry. Ek was alles tussen 1/8" en 1/2" uit gewees. Ek dink die feit dat ek 11pm nog aan die gang was het nie gehelp nie ;) Ek het die driehoeke 3 keer vervang, voordat ek tou opgegooi het. Die volgende dag het ek net nodig gehad om 1 driehoek te vervang. Die blok is nie 100% 5" groot nie, maar dis naby genoeg.

I really struggled with this block to get it the right size. I was out from 1/8" to 1/2". I think that fact that I was still sewing at 11pm didn't help ;). I had to redo the triangles 3 times before I got fed-up. The next day I had to change one triangle only. The block isn't 100% 5" big, but it is close enough.


Uitgesluit al die herstelwerk, is hierdie dan my werk vir die laaste 2 weke

Excluding all the repairs, this is my work for the last 2 weeks.

Dusvêer het ek 350 stukkies materiaal vasgewerk. Die Dear Jane kwilt se totale "piece count" is 5 602 stukke. Ek wonder of dit die "sashing" insluit?
Korreksie - ek het 375 stukkies materiaal vasgewerk. Ek wou al die blokke wat reeds voltooi is neerskryf, en die hoeveelheid stukkies per blok, toe ek besef het dat ek het 'n optelfout gemaak.

So far I have sewn 350 pieces of fabric together. The Dear Jane quilt's total piece count is 5 602 pieces. I wonder if that includes the sashing? 
Correction - the piece count is 375. I wanted to write down all the completed blocks and their piece count, when I realised that I made a counting error.

Monday, 7 October 2019

Borduur kwilt en Dear Jane

Ek het stadig aan begin vordering maak met my borduur kwilt, totdat daar 'n klein ongelukkie gebeur het. Dit het iets te doen met 'n rooi sak wat nat geword het en kleur uitgeloop het. Hierdie rooi sak is toe bo-op my borduurstuk geplaas en die kleur het oorgeloop tot op die borduurstuk. Noodeloos om te sê wat was baie ongelukkig toe ek dit ontdek. Gelukkig wel, is dat ek kon die vlekke feitlik uithaal. Dis 95% weg, en as jy weet waarvoor om te kyk, sal jy dit kan sien. Andersins is dit goed genoeg om nie 'n ramp te wees nie. Ek het al die "halo's" van die engele klaar, en die vlerke van nog 2 engele klaar (jammer, geen foto daarvan nie).

I started making some progress on the embroidery quilt, when a mishap happened. It involves a red bag getting wet and begin placed on top of my embroidery piece. It then so happened that the red started running...It goes without saying that I was very upset when I discovered it. Luckily, I did manage to mostly make the stain go away. It is about 95% vanished, and if you know where to look, you might find it. But I am satisfied that it isn't a disaster anymore. I have after that completed all the halos of the angles and I finished 2 angles' wings (sorry, no photo of that)

Voor ek die borduurstuk begin was het / Before I started washing the piece

Terwyl ek na die soveelste was vir die borduurstuk gewag het om droog te word, het ek aan 'n ander stuk gewerk. Dit het my darem so bietjie beter laat voel en die emosies gesus :)

While I was waiting for the embroidery piece to dry, after the so-many-th was, I decided to work on another piece. It did calm the emotions a bit and I soon felt better :)


My gedagtes het egter gou begin draai na die "boks in die hoek" met al my Dear Jane materiale in, en vir die laaste paar dae het ek daaraan begin werk. Die plan is om alles wat ek met die masjien eers kan vaswerk, te verwerk en dan oor te gaan na die "foundation piecing" en appliek. Dusvêr het ek 12 blokke klaar. Daar is geen kleurplan nie, ek maak dit behoorlik "scrappy".

My mind kept wandering to the "box in the corner" lately, with all my Dear Jane fabrics in. And so I have started working on those. The plan is to first finish all the machine piecing pieces, then move over to foundation piecing and applique. So far I have finished 12 blocks. There is no colour placement plan. It is all scrappy.


Aan watter opwindende projekte werk julle?

On which exciting projects are you working on?


Saturday, 24 August 2019

Wat is volgende?

Nou dat die blou kwilt klaar is, het ek die volgende onvoldooide projek se boks uitgetrek. Ek het gemeen om weer aan die Blogger's BOM Kwilt te werk, maar ek het gou besef dat ek nog nie die korrekte uitleg in gedagte het nie en het die kwilt weer teruggesit in sy boks. Ek het toe die Borduur Kerskwilt uitgehaal en daaraan begin werk.

Now that the blue quilt is finished, I grabbed the next "work in progress" box. First I wanted to work on the Blogger's BOM quilt, but the layout baffled me again, and so I put that back. I grabbed the Embroidery Christmas Quilt and started working on that instead.


Hierdie foto is die vertrekpunt van hier af aan. Dis die vordering wat ek gemaak het, terug in Maart 2016. Vir die ander blokke wat reeds borduur is, gaan kyk op die skakel aan die regterkantste paneel genaamd "Embroidery". Die blog inskrywings sal daar vertoon.

This photo will be the reference point from here on. This is the progress I made back in March 2016. For the other completed blocks, please refer to the "Embroidery" link on the right hand panel. The blog posts will show up there.


Ek het hierdie week die 2 karakters in die middel voltooi en die halo van die ander engeltjies ook vasgewerk. Ek vind dit uitdagend om met die metaal gare te werk, so ek gaan probeer om al die metaal gare gedeeltes eers klaar te maak, sodat dit uit die pad kan kom. Nie heeltemal seker hoeveel vordering ek sal kan maak nie, aangesien als "terugkeur na normaal" volgende week, wanneer die skoolvakansie eindig en die normale roetines weer in plek val.

I completed the 2 characters in the center this week and the halo of each of the other angels. I find the metallic thread challenging to work with. So I am going to try and finish all the parts that requires the metallic thread first, then that is out of the way. I am not sure how much progress I am going to make, since everything returns "back to normal" next week when the school holidays comes to an end and normal routines fall in place again.

Dis dit vir nou. Tot later!

That's that for now. Until later! 

Sunday, 18 August 2019

Die Blou kwilt is klaar!

Eerstens, baie jammer aan almal wat kommentaar gelos het, wat geen terugvoer van my af gekry het nie. Vir een of ander rede het ek nie die kennisgewings gekry dat jul kommentaar geplaas was nie. Ek sal so spoedig moontlik daaraan aandag gee, en op jul plasings antwoord.

First of all, apologies for those who left comments, and who did not get any feedback from my side. For some  reason or another, I did not get the notifications that your comments were submitted. I will look into it soonest and reply on your comments.



Na my vorige inskrywing, het ek terug gegaan na die omboorsel, die hoeke wat reeds vasgewerk was losgetorring en die hoeke weer vasgestik, die keer op die "korrekte" manier. Dit het 'n wêreld se verskil gemaak, en die afronding lyk soveel beter.

After my last post, I went back to the binding, undid the corners which were already stitched, and redid it all the "right" way. It made a world's difference and the finishing looks so much better.

Intussen het ek kort tye gehad om aan die omboorsel te werk en het gisteraand die laaste stukkie vasgewerk en die los gare ingewerk. Dis altyd 'n wonderlike gevoel om 'n klaarproduk te sien, met die wete dat daar soveel tyd, liefde en geduld in die projek ingegaan het.

I had short periods "here and there" to work on the binding and I finish the last bit last night. I also took care of the loose threads by hiding them into the quilt. It is always a wonderful feeling to see a finished project, especially when you know how much time, love and patience went into the project.

Die voorkant: Ek hou baie van die kontras in waarde en die effek wat dit skep. /  
The front: I like the contrast in value a lot and the effect that it brings.

Die rugkant: die gekleurde strook is bloot daar om die ekstra lengte/breedte aan die agterkant te gee. Die laken was net daardie stukke te smal om die hele rugkant te dek. /
The back: The coloured part is only there to give me the extra length/width at the back. The sheet was only that bit too narrow to cover the whole backing.

Die kwilt sal nou sy pad na sy nuwe eienaar maak, aangesien hierdie na 'n kollega gaan.

The quilt will now make it's way to it's new owner, as this is going to a colleague.

Met die projek agter die rug, het ons bietjie in die Black River National Gorges gaan stap vandag. Met al die reën wat ons die seisoen gekry het, het die rivier sterk gevloei. Dit was baie lekker om die rivier weer so vol te sien, aangesien die laaste paar jaar redelik droog was by ons.

With the project behind me, we went for a walk in the Black River National Gorges. The river was flowing strong thanks to the amount of rain that was falling this season. I am very happy to see the river so full, as it has been dry here the last few years.




Wat het julle gedoen hierdie naweek? 

Tot later!

What did you do this weekend?

Until later!

Saturday, 29 June 2019

Insig van 'n vriendin

Na my laaste blog inskrywing, het my  dierbare vriendin Astrid haar insig gegee oor waarom sy dink my omboorsel se hoeke nie reg wil omvou nie...en sy was reg!

Sy het vir my hierdie video skakel aangestuur, en ek het onmiddelik my fout besef - ek het my naat al die pad tot die einde gestik, en dan die omboorsel omgevou vir die volgende naat. Wat ek moes does was om 1/4" voor die einde te stop, die omboorsel te vou en dan met die volgende naat te begin.

So, hierdie naweek torring ek hoeke los en stik hulle weer KORREK vas!

Ek het sulke wonderlike vriendinne :)

My dearest friend Astrid, gave me her insight on why she thinks my corners didn't fold properly, after she read my previous blog entry...and she was right!

She send me this video link and I immediately realised what I did wrong - I stitched the seam all the way to the end and then folded the binding and restarted, instead of stopping 1/4" before the end and then folding the binding before restarting. 

So this weekend I am ripping seams and restitching them the CORRECT way!

I have such wonderful friends :)