Tuesday 4 January 2022

Back to Basics

Voorspoedige 2022 aan almal!

Die tyd het gekom en gegaan. My tyd vir kreatief wees was redelik beperk, maar waar ek kon het ek 'n bietjie naaldwerk gedoen, hetsy met die hand of op die masjien.

Dit is egter nou 'n nuwe jaar, vol beloftes vir 'n nuwe begin, so die sny area is skoongemaak en reg om projekte aan te pak.

Wishing you all a prosperous 2022!

Time has sped by. My time for being creative was on the short side, but where I could I did do some sewing, either by hand or machine.

However, it is a new year with promises of new beginnings, so I cleaned up my cutting area and it is now ready to tackle projects.

 

Die fout wat ek nader aan die einde van die jaar gemaak het, is dat ek te veel projekte op een slag wou aanpak en voltooi. Dit het natuurlik gelei tot 'n oorweldigende hoeveelheid werk, bo-op als wat ek reeds moes beheer en bestuur. Ek het dus besluit om dinge bietjie stadiger te vat, en die proses van die kwilt- en naaldwerk weer te geniet. 

Die eerste projekte waaraan ek gaan werk is:

- My Ma se Redwork Blomme

- My 2de baadjie

Dis die projekte wat op die oomblik my aandag die lankste hou, so ek sal aan hulle werk. Ek hoop om die baadjie klaar te maak voor die seisoen begin draai. Die Redwork sal 'n deurlopende projek wees.

Ander projekte wat ek aan aandag wil gee (ek wil nie aan meer as 2 projekte op 'n slag werk nie)

- My 3rde baadjie

- Dear Jane

- Die (langdradige) Kersfees borduur kwilt

- Die kinders se memory quilts met hul baba klere

- 3 Kruisiesteek projekte 

The mistake I made closer to the end of the year, was to try and do/complete more than enough of projects at a single time. This lead to me being overwhelmed, over and above all the other things I had to manage and handle. So I have decided to take things slower and to enjoy the process of sewing and quilting again.

The current projects that I want to work on first is:

- My 2nd Quilted Jacket

- My Mom's Redwork Flowers

I want to try and finish the jacket before the seasons start to change. The Redwork will be a continuous project.

Other projects I want to work on (I don't want to take on more than 2 projects at a time) are:

- My 3rd Jacket

- Dear Jane

- The (getting very old now) Christmas Embroidery Quilt

- The kids' memory quilts made from their baby clothes

- 3 Cross Stitch projects

 

 

Die laaste projek wat ek voltooi het, was 'n klok-broek, gemaak uit denims wat ek by ons 2de handse winkel gekoop het. Ek moet nog foto's neem, dus is 'n blog inskrywing daarvoor oppad.

Ek hoop julle sien uit na die jaar wat voorlĂȘ en die projekte wat julle beplan.

 Tot later!

The last project I worked on was a bell-bottom pants, made from denims from our local thrift shop. I still need to take pictures, so a blog post for that is on it's way.

I hope you are looking forward to the year ahead and the projects that you are planning.

Until later!

No comments:

Post a Comment

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.