Tuesday 4 January 2022

Back to Basics

Voorspoedige 2022 aan almal!

Die tyd het gekom en gegaan. My tyd vir kreatief wees was redelik beperk, maar waar ek kon het ek 'n bietjie naaldwerk gedoen, hetsy met die hand of op die masjien.

Dit is egter nou 'n nuwe jaar, vol beloftes vir 'n nuwe begin, so die sny area is skoongemaak en reg om projekte aan te pak.

Wishing you all a prosperous 2022!

Time has sped by. My time for being creative was on the short side, but where I could I did do some sewing, either by hand or machine.

However, it is a new year with promises of new beginnings, so I cleaned up my cutting area and it is now ready to tackle projects.

 

Die fout wat ek nader aan die einde van die jaar gemaak het, is dat ek te veel projekte op een slag wou aanpak en voltooi. Dit het natuurlik gelei tot 'n oorweldigende hoeveelheid werk, bo-op als wat ek reeds moes beheer en bestuur. Ek het dus besluit om dinge bietjie stadiger te vat, en die proses van die kwilt- en naaldwerk weer te geniet. 

Die eerste projekte waaraan ek gaan werk is:

- My Ma se Redwork Blomme

- My 2de baadjie

Dis die projekte wat op die oomblik my aandag die lankste hou, so ek sal aan hulle werk. Ek hoop om die baadjie klaar te maak voor die seisoen begin draai. Die Redwork sal 'n deurlopende projek wees.

Ander projekte wat ek aan aandag wil gee (ek wil nie aan meer as 2 projekte op 'n slag werk nie)

- My 3rde baadjie

- Dear Jane

- Die (langdradige) Kersfees borduur kwilt

- Die kinders se memory quilts met hul baba klere

- 3 Kruisiesteek projekte 

The mistake I made closer to the end of the year, was to try and do/complete more than enough of projects at a single time. This lead to me being overwhelmed, over and above all the other things I had to manage and handle. So I have decided to take things slower and to enjoy the process of sewing and quilting again.

The current projects that I want to work on first is:

- My 2nd Quilted Jacket

- My Mom's Redwork Flowers

I want to try and finish the jacket before the seasons start to change. The Redwork will be a continuous project.

Other projects I want to work on (I don't want to take on more than 2 projects at a time) are:

- My 3rd Jacket

- Dear Jane

- The (getting very old now) Christmas Embroidery Quilt

- The kids' memory quilts made from their baby clothes

- 3 Cross Stitch projects

 

 

Die laaste projek wat ek voltooi het, was 'n klok-broek, gemaak uit denims wat ek by ons 2de handse winkel gekoop het. Ek moet nog foto's neem, dus is 'n blog inskrywing daarvoor oppad.

Ek hoop julle sien uit na die jaar wat voorlê en die projekte wat julle beplan.

 Tot later!

The last project I worked on was a bell-bottom pants, made from denims from our local thrift shop. I still need to take pictures, so a blog post for that is on it's way.

I hope you are looking forward to the year ahead and the projects that you are planning.

Until later!

Tuesday 31 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 2

In my vorige blog post het ek verduidelik waarom ek besluit het om 'n gekwilte baadjie te maak, en wat die materiaal was wat ek gekies het daarvoor. Ek het ook al die snywerk gedoen. Nou is dit tyd om als aanmekaar te sit.

In my previous blog post I explained why I decided to make a quilted jacket and what fabrics I was using. I also completed all the cutting. Now it is time to put everything together.


Ek het eers die rug se NYB blokke gemaak, gevolg deur die moue. Dit is die enigste volledige NYB blokke in die baadjie. Daarna het ek aan die boë gewerk en laastens die lappel. Ek het vele uitlegte eers probeer voordat ek als aanmekaar begin stik het.

Al die gekleurde dele is aan die silwer geappliek, en sommer terselfdertyd 'n bietjie impromptu hand-kwiltwerk is gedoen, Ek het die batting aan die silwer materiaal geryg en toe die baadjie, uitgesluit die moue, aanmekaar gesit. Daarna het ek die gekleurde stukke op geappliek, deur beide die silwer laag en die batting. Laastens het ek sakke ingewerk. Dis 'n bietjie nou, maar my foon pas perfek daarin.

I completed the NYB blocks on the back first, followed by sleeves. Those are the only full NYB blocks in the jacket. After that I made all the coloured arches, and lastly the front. I tried many layouts first, before I started stitching everything together.

All the coloured pieces are appliqued unto the silver fabric, and some impromptu quilting was also done in the process. I basted the batting to the silver fabric, and constructed the jacket first (except the sleeves). Then I appliqued the coloured pieces, taking the thread through both the silver layer and the batting. Lastely I added some pockets. It is a bit narrow, but my phone fits perfectly.

Hier is die moue nadat ek die groen vasgeheg het. Dit wys die kwiltwerk. / Here are the sleeves, after I attached the green. It shows the quilting.



Die voering is orige materiaal van 'n vorige kwilt. Ek wou oorspronklik 'n ligter kleur gebruik het, maar die nate het deurgeskyn, dus het ek op die donkerder kleur besluit (want dis al ander materiaal wat genoegsaam was vir die voering ;) )

The lining was cut from left over fabric from a previous quilt. Originally I wanted to use a lighter colour, but the seems showed through the fabric, so I decided on the darker fabric instead (mostly because it was the only other fabric that I had enough of to make the lining ;) )

Nadat als aanmekaar gewerk is, en die ritssluiter aangeheg is, het ek besluit om versiersteke te gebruik eerder as die gewone reguitlyn, vir die "top stitching" Die moue s'n het perfek uitgekom, maar ek dink egter ek moes grys gare gebruik het vir die kraag en onderlyf se stikwerk, eerder as swart...

After everything was stitched together, and the zipper was added, I decided to use some decorative stitches for the top stitching, instead of the normal straight line stitching. The sleeves came out perfectly, but in hindsight, I should have used grey thread instead of black, for the collar and the bottom stitching.




 

Geen nuwe uitrusting is volledig sonder 'n bypassende masker nie!!! 

Nou, die "photo finish"

No new outfit is complete without a matching mask!!! 

Now, the photo finish.

 





Ek het dit baie geniet om die baadjie te maak. Inteendeel, ek maak nog 2 baadjies...Ek sal dit wys soos die projekte vorder. Die baadjie is baie sagter en snoesiger as was ek oorspronklik gedink het dit sou wees. Ek is mal daaroor!

Tot later!

I really enjoyed making the jacket. In fact, I am making 2 more...I shall show them as the projects progresses. The jacket is a lot softer and cozier than I expected. I love it!

Until later!

Wednesday 25 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 1

(Om te verhoed dat hierdie blog inskrywing te lank raak, gaan ek dit in 2 dele publiseer /

I will be posting this in 2 parts, to avoid making one very long blog post.)

 

Die laaste 2 maande was vet pret - ek was beslis in my "happy place".

Ek kyk gereeld na YouTube videos oor mense wat historiese kledingstukke maak vir moderne alledaagse gebruik. Ek geniet dit en vind inspirasie daarin om die tegnieke te sien wat hulle gebruik in hul konstruksie van die kledingstukke.

Saam met dit was ek opsoek na 'n baie spesifieke trui wat ek tot op hede nog nie in die hande kan kry nie. So gebeur dit dan een aand terwyl ek aan my DJ blokke werk, dat die perfekte oplossing vir my tref: maak eerder my eie (gekwilte) baadjie! 

The last 2 months have been fun - I was definitely in my "happy place"

I enjoy watching YouTube videos about people making historical clothing for modern everyday use. I enjoy watching and find inspiration in the techniques that they use when constructing the garments.

With that, I was looking for a cardigan, which I have not found to date. So one night, while working on my DJ blocks, the perfect solution hit me: make my own (quilted) jacket instead!

En hier is dit! / And here it is!

Ek het baie staat gemaak op die inligting van die YouTube videos aangesien ek nog nooit 'n kledingstuk vir myself (of enige iemand anders) gemaak het nie. Ek 'n patroon opgetrek deur 'n bestaande baadjie in my kas te gebruik om die patroon op te basseer. Ek het ook die patroon met 1.5" vergroot, om spasie te skep vir 2 lae materiaal en die "batting" tussen-in. Dit het my 'n rukkie gevat om die patroon te kry tot op 'n punt waar ek gelukkig was, gevolg deur die pret van materiale kies.

I counted on the information I gathered from the YouTube videos, since I have never made a piece of clothing for myself (or anyone else for that matter). I used an existing jacket in my closet to draft a pattern. I enlarged the pattern by 1.5" to accommodate for 2 layers of fabric and batting in between. It took me a while to get the pattern to a point where I felt happy with it, followed by the fun of choosing fabrics.

Die silwer materiaal het ek jare gelede gekoop en gewag vir die "perfekte projek" daarvoor. Ek het stukkies al gebruik in vorige projekte, maar nooit gevoel dat die materiaal geskik is vir daardie spesifieke projek nie. Dus het ek dit uitgetrek en besluit my baadjie is die perfekte projek vir die materiaal. Die ander kleure is oorskied materiaal van vorige projekte.

I bought the silver fabric many years ago, keeping it for that "perfect project". I did use small pieces of it in other projects, but never felt that the fabric was meant for those projects. This time, I pulled it out and decided that my jacket will be the perfect project for the fabric. The other colours are leftover fabric from previous projects.

 
Ek het besluit op driehoeke en NYB blokke vir die baadjie. Die snywerk het my vir lank besig gehou, want ek wou alles op een slag klaar sny.
 
I decided on triangles and NYB blocks for the jacket. Cutting took me some time since I wanted to do all the cutting in one go.
 
 
Dis wat oorgebly het van +-2.5 meter se matriaal, nadat ek die baadjie se panele uitgesny het.
 
This is what was left over from +- 2.5 meter of fabric, after I cut all the panels for the jacket.

 
Dis wat oorgebly het nadat ek alles uitgesny het.
 
This is what was left over after I cut everything.
 
In die volgende blog post, sal ek die patroon en die finale resultaat vir julle wys.
 
Tot later!

I will show you the pattern and the final result in the next blog post.

See you later!

Thursday 3 June 2021

Nuwer projekte en pret

Verlede jaar het ek vir 'n familielid gevra om 'n lys te maak van haar gunstelling blomme. Die idee is om te kyk of ek dit kan borduur. Ek het besluit ek gaan al die borduurwerk in rooi doen - dus "Redwork". Anders as my DJ projek - waar elke blok redelik baie voorbereiding vereis - wil ek net iets hê wat ek tussen-in net kan "optel en neersit" soos die tyd beskikbaar is. Hierdie is dan die twee stukke wat ek reeds gemaak het. Die blokke is 6.5" x 6.5", en die borduurwerk probeer ek by 5" x 5" hou. Net om die blok bietjie op te kikker, sit ek kraaletjies ook in die stukke, net so hier en daar.

Last year I asked a family member to list me her favourite flowers. The idea is to embroider them. I decided to do it in Redwork. Where the DJ blocks take a lot of prep-work, I wanted something that I can just "pick up and put down" as the time allows. Here then is two blocks that I have already made. The blocks are 6.5" x 6.5" and the embroidery I try to keep to 5" x 5". To jazz up the block, I am adding some beads, just here and there.


Saam met dit wil ek graag 'n kwilt maak wat ek oor ons sitkamerbank kan gooi. Ek het gereken dat die beste sal wees om dit uit my afvallappies te maak, eerder as om nou ten duurste materiaal te koop. So het ek dus nou begin om my afvallappies te sny, maar het baie min stukke wat 2.5" of groter gesny kan word. Ek het egter baie 1.5" en 1" stukkies...En toe begin ek speel...

Ek het die 1.5" stukkies geneem en uitgepak, sodat ek 'n voltooide blok van 8" x 8" kon maak (dus 64 blokkies) en toe verder my patroon gevolg en vir my nuwe laslappie maskers gemaak. Ek het op daardie stadium genoegsame stukkies gehad om 2 maskers te maak. Daar is nog baie afvallappies om op te sny, so ek verwag dat daar genoeg materiaal stukkies gaan wees vir nog maskers.

While I am doing that, I also want to make quilt to throw on our sofa. I reckoned that it would be best if I use my scraps to make the quilt, rather than buy new fabric. So I started cutting up my scraps and so far I don't have a lot of 2.5" or bigger pieces. I do have a lot of 1.5" and 1" pieces...And then I started to play...

I used the 1.5" pieces and laid them out to make a completed block of 8" x 8" (thus 64 pieces) and from there I followed the pattern to make my new patchwork masks. I ended up having enough pieces to make two masks. There are still a lot of scraps to cut, so I foresee a lot more pieces for masks.

 



 
Is daar enige projekte wat julle net vir die pret doen?

Tot later!

Is there any projects you are doing, just for fun?

See you later!




Saturday 1 May 2021

Tandemuis en DJ

 Sjoe, baie water het onder die brug geloop sedert my laaste "blog post". Ek is egter nog hier, en my vingers en naalde is aan die werk!

My eerste projek wat ek kan wys is Boetie se tandekussing. Hy het onlangs sy eerste tand gewissel. Gegewe dat ons in 'n land is met baie kulture en tale, het ek bietjie gaan rondkyk oor hoe ander kulture en lande die tandmuis-ding doen. Ons het as kinders ons skoene gebruik, maar my kinders dra nie skoene nie, so 'n ander plan moes gemaak word. Sommige kulture het 'n glas met water gebruik, ander begrawe die tand en sommige gooi dit van die dak af...Baie interessant! Ek het toe op die idee van 'n tande kussing afgekom, en het blitsvinning een aanmekaar gesit.

Wow, lots of water has gone under the bridge since my last blog post. I am however still here and my fingers and needles are working hard!

My first project to show, is DS's tooth pillow. He lost his first tooth recently and considering that we live in a country with multiple cultures and languages, I decided to take a look around at all the ways how the tooth is presented for the tooth fairy. As children, we used our shoes, but my kids don't wear shoes, so a plan had to be made. Some cultures use a glass and water, some bury the tooth and others throw the tooth from the roof. It is all very interesting! Then I came across the concept of a tooth pillow and very quickly put one together.



Ek het filt geneem, twee sirkels uitgesny asook 'n halwe sirkel. Die halwe sirkel dien as die sakkie waarin die tand gebêre moet word. Ek het als met gou met die hand vasgemaak en gestop, en 'n lint met knope vasgewerk sodat die kussing teen die bed kon hang en Tooth Fairy daarop geverf. Dit was baie vinnig en eenvoudig gemaak, en ek was nie heeltemal gelukkig op die ou end nie, maar die kussing is daar en dit is gebruik om die tande-skat vir die tandmuis veilig te hou.

I took some felt, cut out 2 circles and a semicircle. The semicircle acted as the pocket in which the tooth is placed. I stitched everything by hand and stuffed the pillow, added a ribbon and buttons so the pillow can hang from the bed post and painted Tooth Fairy on it. I was not too happy about the pillow, but it was there and it was used to keep the tooth-treasure safe for the tooth fairy.

Na die tyd het ek in my materiale gaan grou, vir die kinders 'n kans gegee om hul eie materiale te kies en ordentlike tande kussings gemaak. Ek het sommer vir beide kinders 'n kussing gemaak, sodat Sussie ook kan deel hê aan die opwinding.

Afterwards I went to my stash, allowed the kids to choose their own fabrics and I made a proper tooth pillow. I made one for both of them, so that DD can also have part in the excitement.



Ek het vir die tandmuis 'n klein boodskap op geborduur, 'n tand vasgewerk asook die sakkie waarin die tand geplaas moet word. Beide kinders het besluit om 3 knippies aan die sakkie vas te werk...vir goeie sekuriteit :)

Die borduurwerk op die donker kussing is bietjie te vêr na links, maar ek gaan dit so los. Als op die groen kussing is beter gespasiëerd. Die kussings is gestop met vere van 'n ou kussing wat geskeur het. Nou is ons voorbereid vir die volgende tand se wissel!

I embroidered a small message for the tooth fairy on the pillow, added a tooth and a little bag into which the tooth will go for safe keeping. Both kids decided to have 3 clips on the bag...for better security :)

The embroidery on the dark pillow is a bit too far to the left, but I am going to leave it like that. The spacing on the green pillow is better. I stuffed the two pillows with feathers from an old pillow which got torn. Now we are prepared for the next tooth to fall out!

Verder werk ek nog aan DJ, alhoewel die spoed waarteen ek blokkies produseer byna tot 'n stilstand nou gekom het. Hier is nog 5 blokke wat ek tot op hede klaar het.

 I am still working on DJ, although the speed at which blocks are produced has slowed down to a crawl. Here are 5 blocks that I managed to finish so far.


 Ek werk aan nog 'n paar projekte, maar het nog nie iets om vir julle te wys nie. Hopelik sal en binne-kort iets hê.

Tot later!

 I am working on other projects too, but I don't have anything to show yet. Hopefully I will have something soon. 

See you soon!