Monday, 25 July 2011

Werk in Proses

Wel, niks nuuts om regtig vir julle te wys nie. Dus wys ek maar die (stadige) vordering van my huidige projekte.

Die oudste projek is die kussing oortreksel #4.


Ek is amper klaar met die borduurwerk. Nog net die stuifmeel moet op die blomme borduur word, dan kan ek die kwiltwerk doen en die rugkant aanwerk.

My groot projek is Manlief se kwilt. Sy verjaarsdag is al iets van die verlede, maar die kombers is als behalwe klaar :-( Die feit dat my masjien vir twee weke buite werking was, het ook nie gehelp nie. Tog, stadig maar seker kom dit klaar.

Nog net die laaste kring kruisies en die border moet gekwilt word. Dan die laaste afronding.

Laastens, is my nuutste projek - die tafeldoek.

Al die basis blokke is gestik. Nou kan ek met die appliek begin. Die beste is dat ek die blokke kon stryk op my nuwe stryk matjie! Dit was wonderlik, en dit het my baie tyd gespaar. Ek het 21 blokke gemaak in 1 uur se tyd!

Vordering is stadig, maar dit is vordering!

Tot later.

Saturday, 16 July 2011

Stryk Matjie

(To those reading in English or another language, the translation is very bad. I am not sure how, but I did my best to write in such a way that the translation gadget can get things right...but it doesn't. My apologies!)

Moda Bakeshop is 'n baie inspirerende webtuiste. Dit het uitstekende idees en patrone, en tutoriale wat daarby pas.

Vandag wil ek een patroon met julle deel. Vir die volledige patroon, kliek HIER. Wat ek julle gaan wys is die aanpassings wat ek gemaak het.

Eerstens, ek het nie thermal fabric nie, dus moes ek maar improviseer. Ek het vir beide die rugkant en voorkant, gewone 100% katoen materiaal gebruik, en twee stukke Insul-Bright. Kan ek dus sê my stryk matjie is twee-sydig?

Wel, hiermee my foto's:

Ek het nie 'n charm pack gehad - soos op die patroon - nie, maar ek het wel oorblyfsels gehad van 'n layer cake wat net so goed werk!

My patroon, wat gaan dien as die bokant (anders as die patroon wat dit vir rug
 gebruik)

Die agterkant

Twee stukke Insul-Bright (rug teen rug), in plaas van een stuk Insul-Bright en dan thermal fabric vir die bokant

Een-twee-drie - stryk matjie klaar:

Ignoreer die materiaal wat na die een hoek to trek :-o (Slegte stikwerk beplanning)

Nou wil ek julle 'n oulike metode wys wat die afwerking betref. Ek is nooit tevrede met my omboorsel nie. Dit lyk altyd vir my swak wanneer ek dit met die masjien doen. So, ek het op die internet gespring, en na idees gesoek vir "binding by hand". En ek het dit gekry!!!

Die instruksies kan julle HIER kry. Die basiese idee is soos volg:

Ryg jou gare soos in hierdie foto en trek styf (moenie te veel ryg en dan probeer styf trek nie - die gare gaan òf breek, òf die gare gaan nie alles styf trek nie).

En ta-da:

Wat my betref is dit die beste "binding" wat ek in 'n lang tyd gesien het - al moet ek dit van my eie werk sê.

Aan die mense wat hierdie metodes en idees uitgedink het - Fantasiese werk! Julle verdien elkeen 'n goue sterretjie!!!!

Tot later!

Wednesday, 13 July 2011

Cyber City - Ebene


Cyber Tower 1 - seker een van die meer bekende geboue wanneer jy op die motorway ry, tussen Port Louis en Ebene. Cyber City (of soos sommige dit doen, Ebene Cyber City) is die IT hub van Mauritius. Dus was dit baie gepas toe ek verlede week 'n kursus hier kom volg het, rakende die elektroniese indiening van belasting vorms.

Hierdie plek is in 2001 begin, en konstruksie is steeds aan die gang. Daar is vele geboue, in alle vorme en kleure:
Ek sal beslis sorg dat my vervoermiddel nie in hierdie sloot beland nie!


Interessant hoe hulle die vensters gebou het

'n Paar "kurwes "


Hierdie geboue het my eers verblind. Die son teen die wit teëls is nie goed vir jou oë in die middag nie!

Gelukkig is dit nie heeltemal slegs metaal strukture wat die wêreld rond staan nie. Hier is 'n paar mooi tuine, en die berge vul die agtergrond van baie geboue:




Tog, verkies ek - wat myself as 'n stadsjapie beskou - my woonstel in die uithoeke van die eiland.

Wat beskou jy jouself - stadmens of meer plattelands?

Groete!

Friday, 1 July 2011

Wat het verkeerd gegaan?

Hierdie is my trots - my heel eerste kwilt:



Met hierdie kwilt het ek geleer van kleurwaardes, 9-patch, 4-patch, beplanning, "binding" (wat ontaard het in 'n fiasko), en die vreugde van kwiltwerk. Selfs met al die mis-gestikte nate, en skewe blokkies, is ek trots op hierdie kwilt - wie sal nie trots wees op hul eerste voltooide projek nie?

Dus sal julle met my saamstem dat ek uiters teleurgesteld was toe ek gister hierdie raak sien:




So, waarna kyk ons? Elke prentjie het twee blokke/panele wat met mekaar vergelyk word. Die een is lieflik helder en kleurvol, die ander een...wel...verdof en groen!

Hier is die feite:
- Elkeen van hierdie stukke kom vanaf dieselfde rol materiaal as die een waarmee dit vergelyk word
- Elkeen het goud/metalic ingewerk
- Die goud/metalc is wat groen geraak het, of verdof het
- Die verkleuring het plaasgevind SLEGS aan die bokant/kop-kant van die kwilt (daar waar die arms bo-oor kom, of waar die kwilt tot onder die ken getrek word...die kop kant) en NIE die kant waar die son teen dit skyn nie.

Nou is my vraag - waarom? Wat het verkeerd gegaan? Is dit dat ons die goud/metalic afgevryf het terwyl ons slaap? Is die drukwerk van swak gehalte? Of it dit nou maar wat gebeur met metalic indien dit daagliks gebruik word? Ek wil selfs bietjie wetenskaplik hier raak - wat van oksidasie? Koper oksideer en raak groen - is dit dalk wat hier gebeur?

Ek was my kwilt in 30 Grade Celcius water, laat dit droog raak in die koelte, stoor dit in 'n plek so koel en droog soos Mauritius se humide weer dit sal toelaat, en vou dit gereeld oop. Is ek dalk besig om onbewustelik my kwilt te mishandel, en dis hoe hy my laat weet en mishandel hom?

Julle opinies sal waardeer word.

Op 'n beter noot - hier is 'n foto van 'n lieflike winter sonsondergang.


Groete vir eers!

Tuesday, 21 June 2011

Maintenance Mayhem

Die laaste rukkie was maar stil, en ek het nie veel gewerk aan my projekte nie. Die rede:


My  masjien word tans gediens. Die laaste ruk is dit vol skete, en ek het Manlief gevra om te kyk, voordat ek die masjien "doktor" toe neem. Gelukkig het Manlief gesê dat hy niks sien wat gebreek is nie, en het die masjien 'n goeie dosis olie gegee. Daar is wel een part wat hy eers moet aan werk, maar dit is gelukkig nie ernstig nie. Tot tyd en wyl daar aan die part gewerk word, kan ek niks op die masjien doen nie.

Nog 'n item wat bietjie aandag benodig het, was my rollemmes. Die lemmetjie is bietjie stomp, maar dit is gou-gou reggestel:


Uit met die slypsteen en 1,2,3... skerp is die lemmetjie weer! Hierdie is beslis een van my gunstelling items in my naaldwerklaai. Hierdie slypsteen het my al  baie geld gespaar. Jy kan die lemmetjie vele kere slyp. Dus hou die lemmetjie langer, in plaas daarvan dat jy elke keer 'n nuwe lemmetjie moet gaan koop.

Met die lemmetjie weer skerp, en die hefboom skoon, kon ek weer materiale sny! Ek het solank met die voorbereiding begin vir my tafeldoek.


Die basis-blokke se materiaal is gesny. Die gekleurde materiale gaan gebruik word vir my appliek, waarvan die patrone reeds op Steam-A-Seam ("boekrol" in die middel) geteken is. Ek wil die vorms uitsny en op die materiale stryk terwyl ek nou die tyd het. Die stikwerk van die basis-blokke sal vinnig gaan, en daarom wil ek so veel moontlik voorbereiding gedoen hê, sodat ek net kan plak-en-vaswerk. (Asof dit ooit so vinnig gaan)

Een ding wat ek wel kon voltooi, voordat die masjien sy uitbarsting gegooi het, is my weergawe van die appliek kussing:


Ek is baie tevrede met die eindproduk. Ek is seker ek sal weer so een maak.

Dis dit, vir eers!

Tot later!