Friday, 10 July 2020

Dans rompie

My Dogtertjie het onlangs begin danslesse neem. Sy moet onder andere 'n dans uniform dra, wat bestaan uit 'n ballet leotard en 'n tutu. Dit was 'n nagmerrie om dit in die hande te kry, maar ons het uiteindelik 'n tweedehandse stel kon kry. Saam met dit het ek na ons "Charity shop" toe gegaan en ek kon daar 'n leotard kry en 'n ander kledingstuk met 'n kant rompie, wat ek gekoop het om die kant te gebruik en dan 'n tutu vir haar te maak.

DD started dancing lessons recently. She has to wear a uniform, consisting out of a ballet leotard and a tutu. It was a nightmare to get hold of the uniform, but at last we do have one, albeit second hand. I also went to our thrift store and found another leotard and a dress with a net skirt, which I bought to use the net for a tutu.

 
Ek het die romp losgemaak van die hempie en toe verder die kant losgemaak van die onderrok. Die kant was in 3 stroke vasgewerk en ek moes elke strook apart lostorring. In die foto het ek die 3 stroke begin pas om te kyk hoe ek als weer aanmekaar kan sit. Die rek het ek gelukkig reeds gehad.

I removed the skirt from the shirt and further removed the netting from the petty coat. The netting was sewn in 3 strips so I removed each strip separately. In the photo I have started sizing up the netting to see how I could sew it all back together again. I had the elastic at home already.


Dit het my 3 probeerslae gekos voor ek die rekband ordentlik kon vasstik. (Ek doen laslappies en  kwiltwerk, nie kostuums nie LOL) Ek het die onderrok geneem, 'n breĆ« strook uitgesny en met die 3rde probeerslag eers vasgestik en toe die rek deur gereig. Die vorige 2 probeerslae was die strook wat ek gesny het te smal gewees.

It took me 3 tries before I got the waistband right. (I am used to  patchwork and quilting, not costumes LOL). I took the petty coat and cut a wide strip from it, stitched it together and on the final try managed to get the elastic band through. The previous 2 turns I cut the strip to narrow.


Daarna het ek die 3 stroke kant geneem en hulle aangemaar vasgewerk en dit toe alles aan die rekband vasgewerk. Nou dat ek terugdink...volgende keer moet ek alles eers aanmekaar werk en laastens die rek inwerk...

Then I sewed the 3 strips of netting together and attached all of that to the waistband. In retrospect...next time I will first sew everything together and then add the elastic band in last...
 

Nou het Sussie nog 'n rompie om in te dans!

Now DD has another skirt to dance in!

1 comment:

  1. Well done on the skirt for your DD! I have never liked redoing or repair clothes, not my thing, but sometimes we just have to.

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.