Sunday 22 April 2018

Vinnig en maklik

Eerstens, ek het uiteindelik besluit oor hoe ek die legkaarte gaan stoor in die boek. Ek het besluit op die rekkies. Dit gaan net die maklikste wees - veral vir vingertjies wat nog sukkel met knope.

First, I finally decided how I am going to store the puzzles in the book. I decided on the elastic. It is the easiest, especially for little fingers that still struggle with buttons.



Gister het ek aan Sussie se volgende speletjie begin werk: Trek my aan. Terwyl ek 'n paar dokumentêre gekyk het, het ek die snywerk gedoen aan die pop en klere. Teen gistraand was die pop klaar en vanoggend het ek die klere versier. Dit was groot pret! Dit het regtig net 'n dag geneem om hierdie te maak. Ek het gedink dit sou langer neem. Die wasgoedpennetjies waaraan die klere "opgehang" word, is aan die bladsy vasgewerk, net om seker te maak die gom trek nie later los nie.

Yesterday I started on DD next game: dress me up. While I was watching some documentaries, I prepped the doll and clothes. By last night, the doll was finished and this morning I decorated the clothes. That was great fun! I really thought that is will take much longer, but it took me just one day.The pegs on which the clothes are "hanged" are threaded unto the page, so that the glue can't peel off later.



Nou gaan ek my Sondag middag geniet deur 'n beker koffie en 'n stuk koek te drink en eet...

Geniet die res van die naweek!

Now I am going to enjoy my Sunday afternoon by drinking coffee and eating a piece of cake...

Enjoy the rest of the weekend!

3 comments:

  1. How very cute for a child to play with.

    ReplyDelete
  2. Darie twee kleingoed gaan ure se pret hê met hul boeke!!

    ReplyDelete
  3. You've been busy! Very cute and I'm sure DD will love it!

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.