Ek het my moed bymekaar geskraap en die bul by die horings gegryp. My
eerste poging met die NYB blok was suksesvol. Aangesien ek niks het om dit
regtig mee te vergelyk nie, hoop ek dis reg...dit lyk vir my reg...Wat ek wel
sal erken, is dat dit is beslis van die moeilikste stikwerk wat ek al gedoen
het, maar dit is beslis die moeite werd! Na 'n paar vreemde geluide vanuit my
kamer, baie konsentrasie, en net so baie geluk, het die blok vorm gevat, en is
die eindresultaat vir my bevredigend. Hierdie is natuurlik ook my eerste projek
met kurwes in die blokke. Al my ander goed (behalwe die appliek) was tot dusvêr
net reguit lyne. Ek sal maar dat die foto's vir hulself praat:
I worked up some courage and grabbed the
bull by the horns. My first attempt at the NYB block was successful! I don't
have something to compare it with, so I hope it is right...it looks right to
me...I will admit however, that this is one of the most difficult sewing projects
I have done, but it is definitely worthwhile! After a few strange noises coming
from my room, a lot of concentration and just as much luck, the block started
to take shape, and the end result is satisfying. This is also of course my
first project with curves in the blocks. All my other projects (except for appliqué)
were with straight lines. I will let the photos speek for themselves:
Die silwer en pienk materiale is my primêre materiale, en sal dwarsdeur die
kwilt gebruik word. Die blou en geel gedeelte (wat noem 'n mens dit - strale,
kam, driehoeke?) sal wissel met verskillende kleure materiale.
The silver and pink fabrics is my primary
fabrics and will be used throughout the the quilt. The blue and yellow part
(what is it called - rays, comb, triangles?) will be of different kinds of
fabrics/colours.
Nou kan ek weer asemhaal, en gaan aandete maak vir Manlief. Tot later!
Now I can breath again and make some dinner for
Hubby. Until later!
Dat ziet er strak uit Elzaan, knap.
ReplyDeleteMooi Elzaan! Ek het ook nou lus om my hand daaraan te probeer....
ReplyDeleteCONGRATS! You have done a fabulous 'newbie' job! It's LOVELY!
ReplyDeleteYour blocks look perfect! Love the colors! Can't wait to see more!
ReplyDeleteDis 'n pragtige ontwerp. Hou van die kleure!
ReplyDelete