Ek het hierdie naweek weer bietjie agter nie naaldwerkmasjien gesit. Uiteindelik
het ek die bokant klaar van Ma se tafeldoek. Nou net die agterkant vaswerk, en
dit in die pos gooi. (Ma, lyk darem verras wanneer jy dit in die pos kry asb :)
)
I did some sewing this weekend. I finished the
top of Mom's tablecloth, at last! Now is it just adding the back and putting it
in the post. (Mom, please act surprised when you receive this in the mail :) )
Die fout wat ek begaan het was om die horisontale shashing 1/4" te kort
te knip. Ek het eers gedink om nog stroke te sny, omdat ek nog genoeg materiaal
het, maar het later besluit om hulle eerder nog korter te sny, en dan hoek
"stene" (die klein gekleurde blokkies) in te sit. Dit lyk vir my
eintlik vrolik.
The mistake I made was to cut the horizontal shashing
1/4" too short. At first I wanted to cut new strips, since I had enough
fabric, but later decided to cut the existing strips shorter, and add some
corner "stones" (the small coloured blocks). To me this looks a lot
prettier.
Ek weet nie van julle nie, maar ek geniet dit om na die sterre te kyk. Hier
in Mauritius, veral aan die Weskus waar ons bly, is ons gelukkig genoeg om nie
te veel lig besoedeling te ervaar nie, en is die sterre baie sigbaar in die
aande. Vrydagaand het ek weer 'n wonderlike sig gesien. Die Maan, Venus en
Jupiter almal in 'n ry. Gisteraand was hulle in 'n tipe driehoek, en hulle
behoort weer teen Woensdag/Donderdag almal in 'n ry te wees, maar die keer is
die maan bo Jupiter. (kliek op die prentjie om dit groter te maak)
I don't know about you, but I enjoy looking at
the stars. Here in Mauritius, especially on the West Coast where we live, we
don't have as much light pollution, and thus the stars are easier to see at
night. On Friday night, I saw this wonderful sight: the Moon, Venus and Jupiter
all in a row. Last night, they where in a triangle formation, and about Wednesday/Thursday
they should be in a row again, with the boon on top of Jupiter. (click on the picture to make it bigger)
Dis dit vir eers. Tot later! / That's it for now. Until later!
Mom's table runner looks great! The small colorful squares make it look more 'fresh'.
ReplyDeleteNo, can't say I'm that interested in the stars, but I love to watch the moon, since it is upside down here! :)
Die runner lyk pragtig en ek belowe om baie verras te wees wanneer ek dit ontvang!!!! Gewonder wie is Venus se maat want hou hul al sedert verlede week dop. Lyk so mooi met die groeiende sekelmaan.
ReplyDeleteAstrid, once I've received the runner you must come over for tea and scones!!!!
when we visited the state of Utah last fall we had great views of the stars also - little light because towns were few and far between. Table runner looks great.
ReplyDeleteKaren