Vandag is die 25ste, en dus tyd vir die volgende blok van Blogger's BOM, aangebied deur Jackie van Canton Village Quilt Works! Blok 2 se aanwysings kan jul kry op Vicki se blog Field trips in Fiber.
Hier is my blokkies, reeds gesny en reg om getransformeer te word. Soos verlede keer, maak ek weer twee van dieselfde blok. Blok 2A se materiale is links, en Blok 2B se materiale is aan die regterkant:
Hier is die vorms nou reg vir vaswerk.
En Voila!
Geniet dit! Tot later.
Tuesday, 25 October 2011
Monday, 24 October 2011
Bagatelle
Bouwerk is aan die ontplof hier in Mauritius. Agter ons woonstel bou hulle nog 'n woonstelblok. Daar is 'n klomp padwerke en orals verskyn net nog boupersele.
Die nuutste voltooide projek (fase 1 is voltooid, fase 2 en 3 is nog in proses,) wat Mauritius nou aan die gons het, is Bagatelle Mall of Mauritius. Almal gaan besoek die sentrum, al is dit net om die nuuskierigheid te oorkom. Natuurlik moes ons ook gaan inloer het...
En net vir die interessantheid: ek het voorheen oor Ebene 'n geskryf. Hier kan julle in die verte vir Cyber Tower 1 sien.

Mense, net waar jy kyk!
Daar is honderde winkels, en my hartjie het sommer baie vinnig geklop toe ek sien watter winkels hier gaan wees (en sommige reeds oop is):
Dit laat my voel of ek weer terug in SA is! Ongelukkig is hierdie winkelsentrum redelik ver van ons af. Tog, sal ek die moeite doen om hier te kom koop, al is dit net om 'n verskoning te soek om te gaan koffie drink by Wimpy of Mugg and Bean :-D
Die parkeer area was redelik vol teen die middag:
Berge in die agtergrond
Hier kan jul die lengte van die winkelsentrum sien
Saam met die sentrum is daar nog 'n landmerk: Bagetelle Bridge. (Julle kan meer uitvind deur hier en hier te lees)
En net vir die interessantheid: ek het voorheen oor Ebene 'n geskryf. Hier kan julle in die verte vir Cyber Tower 1 sien.
Dis al vir nou. Hopelik sal ek binne kort weer 'n blog inskrywing maak, van nog 'n nuwe winkelsentrum, nader aan ons.
Groete vir eers!
Monday, 17 October 2011
Stikwerk met 'n doel
Jody Anderson van Online Quilt Magazine en haar span, is besig om sakke te maak vir dames met borskanker, en wat 'n mastektomie moes ondergaan. Die sakke is vir die dreinerings toerusting, wat die vrouens moet saamdra.
Die patroon vir die sakke kan julle op kry deur:
1. Sluit aan by die tydskrif (dis gratis en is goeie leesstof), en kry die patroon gratis saam met hierdie maand se uitgawe; of
2. Gaan na hul aanlyn winkel ( http://www.quilts-n-bags.com/) en doen aansoek vir die patroon. Die aansoekvorm is beskikbaar op die regterkantste paneel.
Hier is my bydrae:
Ek is van plan om nog een te maak, en dan te pos aan Jody.
Die patroon is eenvoudig, en neem 'n uur of so om te maak. Julle hoef nie die sakke aan Jody te pos nie. Indien daar 'n borskanker kliniek naby julle is, kan julle dieselfde diens daar gee. So help ons almal mekaar.

Sunday, 16 October 2011
Storie van die lelike eendjie
Onthou julle hierdie lelike eendjie...?
Na twee maande is hy uiteindelike 'n pragtige swaan. Stap saam met my, dan wys ek julle die transformasie:
Nadat ons die krat gekry het, was die eerste doel om dit skoon te kry. Ek het die krat gestofsuig (die van julle wat my ken weet hoe klein ek is, en om dit skoon te maak sou ek binne-in moes klim...amper) en in die son laat staan, sodat die krat kon droog. Dit het baie gereen toe ek die krat gekry het, en die ding het baie waterskade opgedoen.
Terwyl ek vir die vernis wag om droog te word, het ek te werk gegaan aan die "inner" van die krat. Ek het die perfekte gebruik vir die krat gekry...kan jul raai wat dit is?
O, nee wag, daar is iets kort...

Skoon!
In die son besig om te bak
Een van die sypanele was baie beskadig, en ons moes eers aandag daaraan gee. Die hout het baie "gekreukel" weens die waterskade. Ons het 'n bietjie gesny, gom ingewerk en toe die paneel gerek en vasgedruk, sodat die gom kon droog.
Dit was natuurlik 'n groot verrassing dat die onderste paneel die details van die krat bevat het. Kan jul die datum sien? 1987 - dis so oud soos my broer!
Na al die gom droog is, en die krat weer in die son gestaan het (dit het baie gereen tydens die laaste 2 maande by ons, en die humiditeit speel ook nie saam nie) het ek begin om vernis op te verf. Manlief was gaaf genoeg om sy houtwerk kennis met my te deel, en my gehelp om die regte vernis, kwasse en tegnieke te gebruik.
Eerste lae is reeds vernis. Nog net een laag in die binne-kant wat vernis moet word
Terwyl ek vir die vernis wag om droog te word, het ek te werk gegaan aan die "inner" van die krat. Ek het die perfekte gebruik vir die krat gekry...kan jul raai wat dit is?
Flannel en rooi materiaal wat gestik word
En...Ta-Da!
O, nee wag, daar is iets kort...
Perfek! Nou kan ek my geliefkoosde kwilte daarin te plaas, en alles uitstal. Wat 'n plesier!
Tot later!
Tot later!
Friday, 30 September 2011
Ek was stout...
...en het nie by my nuwejaarsvoorneme gebly nie. Ek het materiaal gekoop wat nie vir die appliek kussings is nie. Dit is wel vir 'n Kersgeskenk, en kan nie nou te veel daaroor uitbrei nie.
Maar dis darem nie al wat ek gekoop het nie. Ek het ook ander toebehore, soos fleece, steam-a-seam, fabric stabeliser, en freezer paper gekoop. Dis vir twee ander projekte wat ek in die pyplyn het:
Meeste van julle is dan ook al seker bewus van die Blogger's BOM, aangebied deur Jackie van Canton Village Quilt Works. Julle kan in my vorige berig kyk na my weergawe van die eerste blok. Nadat ek na ander deelnemers se blogs en blokke gekyk het, het ek die idee gekry om 'n tweede blok te maak (dit was 'n idee vanaf 'n ander blog: Live Love Quiltz). Hier is dan dieselfde blok, maar 'n tweede weergawe:
Aangesien die blokke klein is (8"), en daar tans nog nie 'n vaste patroon is vir die kwilt nie, het ek gedink dit sal goed wees as daar iets in die kwilt is wat herhaal. Van hier af gaan ek twee van dieselfde blok maak, met variasies in die plasing van die kleur wat ek vir daardie spesifieke blok kies. Manlief sal nou sĂȘ ek is besig met "organized chaos" bestuur :-D
Verder het ek maar min basting gedoen op die Raggedy kwilt, maar ek gee wel aandag daaraan.
Ek dink ek het genoeg om my die naweek besig te hou, tesame met al die ander goed, soos kruideniers en klere koop. Wat het julle vir die naweek beplan?

Oorsponklike blok is regs, en links die tweede blok

Subscribe to:
Posts (Atom)