Het julle al die First Friday Freeby prentjie op die linkerkantste paneel opgemerk? Het julle ook opgemerk dat ek 'n nuwe een bygevoeg het - Raggedy & Friends? Hierdie is twee projekte wat Kaaren by The Painted Quilt aanbied. En dis gratis!!!
- First Friday Freeby word elke eerste Vrydag van elke nuwe maand vrygestel. Dis 'n "stitchery" wat jy in 'n kwilt, op 'n kussing, in 'n portret,... basies enige plek kan gebruik. Selfs op vadoeke! Kliek net op die First Friday Freeby prentjie, en dit sal julle oorskakel na The Painted Quilt. Al die projekte wat intussen vrygestel is, kan julle ook daar vind.
- Raggedy & Friends word op die 20ste van elke maand, tot en met April 2011, vrygestel. Dit is 'n kwilt wat Kaaren ontwerp het, en sy neem jou blok vir blok deur die hele patroon. In hierdie geval word dit 'n Block of the Month (BOM) genoem. Die eerste blok is verlede maand vrygestel, en kan verkry word op The Painted Quilt se regterkanste paneel. Weereens, kliek op die prentjie, en dit sal julle oorskakel na The Painted Quilt.
Tot later
Elzaan
I love Kaaren's blog, she is so talented and generous!
ReplyDelete