Monday 14 January 2019

1ste probeerslag met FMQ

So-ja, nou is als feitlik terug na normaal. Nuwe rekenaar is opgestel, ek is terug op kantoor en die kinders is terug by die skool...Laat die pret begin!

Voor ek by die blou kwilt kom, hier is 'n geskenk wat ek vir 'n vriendin gemaak het. Die borduurstuk is nog een van Aimee Ray (ek hou regtig van haar hand borduur patrone) en julle kan die patroon, en nog vele ander, op haar blog Little Dear Tracks kry. Hierdie is haar Life Mandala patroon. Ongelukkig het die hele patroon nie op die kassie gepas nie. Nietemin is ek baie tevrede met die hele stel.

There you go. Now everything is basically back to normal. My new laptop is setup, I am back at work and the kids are back at school...Let the fun begin!

Before I get to the blue quilt, here is a gift I made for a friend, using another one of Aimee Ray's patterns. I really like her hand embroidery patterns. You can find this one, and many more, on her blog Little Dear Tracks. This is her Life Mandala pattern. Unfortunately, the whole pattern didn't fit on the cabinet, but I like the whole setup non-the-less.


Ek werk dan nou al byna 3 weke lank aan die blou kwilt - soos wat tyd my toelaat. Ek het die 3 lae aangemaar geryg en het die vreesaanjaendste ding probeer - Free Motion Quilting (FMQ). Dis die rede waarom ek my Elna destyds gekoop het, en tot op hede het ek dit gladnie daarvoor gebruik nie. Ek het skouer aan die wiel gesit en besluit om FMQ op hierdie kwilt te doen. Tot dusver is ek tevrede, gegewe dat dit my eerste keer is. Die kwiltpatroon is genaamd "3's and E's".

I have been working for nearly 3 weeks on the blue quilt - as time allows. I basted the 3 layers and attempted the most scariest thing - Free Motion Quilting (FMQ). This is the main reason I bought my Elna years ago, and up to now I haven't used it like this. So, I grabbed the bull by the horns and decided I will quilt FMQ on this quilt. So far I am pleased, considering it being my first time. The quilt pattern is called "3's and E's".


Hier was ek nog besig met die rygwerk - halfpad klaar / Here is was still busy with the basting - halfway done


Eerste foto van die kwiltwerk / First photo of the quilting


Foto van nader (moet nie te naby kyk nie, daar is baie stomp hoeke en skerp draaie) / Close up (don't look too close, there is many blund turns and sharp edges)


Vreemd hoe die kwiltwerk op die "vis" materiaal verdwyn / Funny how the quilting disappears on the "fish" fabric


Die rugkant / The back

 Ek het intussen weer bietjie gevorder. Ek sal weer later foto's oplaai daaroor.

Dis dit vir nou. Tot later!

I have made progress in the meantime. I will upload more pics later.

That's it for now. Until later!

 

Thursday 10 January 2019

Welkom 2019!

Hi almal!

Voorspoedige 2019 vir julle! Mag julle baie tyd vir naaldwerk hĂȘ hierdie jaar :)

Dis maar 'n kort berig vandag. My rekenaar het Maandag die gees gegee, so ek stel nog die nuwe een op met al die programme wat ek nodig het...Ten minste is ek weer terug op die lug.

Ons werkspermitte is hernu, en ons het "Silly Season" by die werk oorleef. Kinders gaan volgende week terug skool toe, en dan keer als terug na normaal.

Ek het intussen weer aan die blou kwilt begin werk. Sodra my rekenaar eksie perfeksie is, sal ek foto's vir julle oplaai.

Dis dit vir eers!

Tot later.

Hi all!

Wishing you a prosperous 2019! May you have lots of time for sewing this year :)

This will be a short post today. My laptop decided to kick the bucket, so I am still busy setting up the new one with all the programming that I require...at least I am back on the air.

Our working permits were renewed and we survived "Silly Sean" at work. The kids are going back to school next week, and then everything will return to normal.

In the meantime, I have been working on the blue quilt again. As soon as the laptop is "where it should be", I shall load some photos.

That's it for now.

Until later!