Sunday 1 April 2018

4 Seisoene

Die volgende aktiwiteit in die kinders se stil speletjies boeke is klaar. Beide van hulle het hierdie speletjie in hul boeke, so ek het sommer beide se speletjies gelyktydig afgehandel.

The next activity in the kids' quiet books are done. Both have this game in their books, so I completed both at the same time. 

Vroeƫr het ek gevra vir idees vir wat ek kan doen met winter, aangesien ek oortuig was daarvan dat Boetie nie weet van sneeu, ys en sneeumanne nie, want dit sneeu nie in Mauritius nie. Tot my verbasing, terwyl ons een aand 'n storie oor die diere in die arktiese sirkels kyk, roep Boetie uit: "Kyk, Pappa. daar is sneeu! Dis baie koud! Daar is ys, dit smelt..." Dus het my antwoord reguit vanuit die "perd se bek" gekom. 'n Sneeuman is dus die simbool vir winter in die seisoene speletjie gemaak.

Earlier I asked for some ideas regarding what I can do for winter, since I was convinced that DS did not know about snow, ice and snowmen since it doesn't snow in Mauritius. To my surprise, while we were watching an documentary about the animals in the arctic circles, DS shouted: "Look Daddy, there is snow! It is cold! There is ice. It is melting...". So my answer came straight from the "horse's mouth" and a snowman was made as symbol for winter.

Die vier bome - leeg, met mandjies wat die verskillende seisoene se items inhou / The four trees - empty, with the baskets that holds the four seasons' items in it.


Elke boom met hul seisoen se items - blomme (lente), vrugte (somer), blare (herfs) en die sneeuman (winter) / Each tree with their season's items - flowers (spring), fruit (summer), leaves (autumn) and the snowman (winter)

Geniet jul naweek!

Enjoy your weekend!

No comments:

Post a Comment

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.