Sunday 22 April 2018

Vinnig en maklik

Eerstens, ek het uiteindelik besluit oor hoe ek die legkaarte gaan stoor in die boek. Ek het besluit op die rekkies. Dit gaan net die maklikste wees - veral vir vingertjies wat nog sukkel met knope.

First, I finally decided how I am going to store the puzzles in the book. I decided on the elastic. It is the easiest, especially for little fingers that still struggle with buttons.



Gister het ek aan Sussie se volgende speletjie begin werk: Trek my aan. Terwyl ek 'n paar dokumentêre gekyk het, het ek die snywerk gedoen aan die pop en klere. Teen gistraand was die pop klaar en vanoggend het ek die klere versier. Dit was groot pret! Dit het regtig net 'n dag geneem om hierdie te maak. Ek het gedink dit sou langer neem. Die wasgoedpennetjies waaraan die klere "opgehang" word, is aan die bladsy vasgewerk, net om seker te maak die gom trek nie later los nie.

Yesterday I started on DD next game: dress me up. While I was watching some documentaries, I prepped the doll and clothes. By last night, the doll was finished and this morning I decorated the clothes. That was great fun! I really thought that is will take much longer, but it took me just one day.The pegs on which the clothes are "hanged" are threaded unto the page, so that the glue can't peel off later.



Nou gaan ek my Sondag middag geniet deur 'n beker koffie en 'n stuk koek te drink en eet...

Geniet die res van die naweek!

Now I am going to enjoy my Sunday afternoon by drinking coffee and eating a piece of cake...

Enjoy the rest of the weekend!

Saturday 21 April 2018

Legkaarte (2)

Die laaste stel legkaarte vir Boetie se speletjie is klaar.

The last set of puzzles for DS quiet book are done.

Legkaart #4: Stêr / Puzzle #4: Star

Hierdie is net 'n vyfpuntige stêr waarvan ek die punte elk van die lyf van die stêr verwyder het om die legkaart te maak.

This is just a five pointed star, that I cut the points off from the body to make the puzzle.




Legkaart #5: Vuurpyl / Puzzle #5: Rocket

Ek het weer 'n inkleurprent gebruik as templaat vir die vuurpyl.

Again I used a colouring picture as template for the puzzle.




Legkaart #6: Kleurvolle Ballon / Puzzle #6: Colourful Balloon





Nou moet ek net besluit hoe om die legkaart stukke vas te maak binne in die boek, sodat als nie die wêreld vol rondval nie... Ek wil nie weer sakkies maak nie. Ek oorweeg 'n rekkie of 'n bandjie met knope.

Now I need to decide how to fix the puzzle pieces to the book, so that it doesn't fall everywhere. I don't want to make pockets again. I am considering a fabric elastic or a strap with buttons.

Saturday 7 April 2018

Legkaarte (1)

Hierdie was 'n redelike produktiewe week, wat die stil speletjies aan betref. Ek het 3 van die 6 legkaarte gemaak vir Boetie se boek.

This was a reasonably productive week with regards to the quiet books. I managed to finish 3 of 6 puzzles for DS's book.

Legkaart 1 - Reënboog / Puzzle 1 - Rainbow





Legkaart 2 - Narvish / Puzzle 2 - Clown Fish

Ek het 'n inkleurprentjie, wat maklik sal kan dien as 'n appliek patroon, geneem en dit as 'n templaat gebruik vir die legkaart.

I took a colouring picture, which can work easily as an applique pattern, and used that as the template for the puzzle.




Legkaart 3 - Tetris blokkies / Puzzle 3 - Tetris pieces

Die legkaart het 'n bietjie dinkwerk gekos, om seker te maak al die blokkies pas in mekaar om een groot vierkant te maak. Alhoewel die doel is om die een groot vierkant te maak, hoop ek dat hy verskillende vorms en kombinasies met die blokkies sal poog.

This puzzle took some thinking, to make sure all the pieces fit together and make one large square. Although the objective is to make the one big square, I hope that he will attempt different combinations and forms as well.




Hierdie was pret om te maak. Ek hoop die ander legkaarte is net so pret.

Lekker naweek!

These were fun to make. I hope the other puzzles will be just as fun.

Have a fun weekend!

Sunday 1 April 2018

4 Seisoene

Die volgende aktiwiteit in die kinders se stil speletjies boeke is klaar. Beide van hulle het hierdie speletjie in hul boeke, so ek het sommer beide se speletjies gelyktydig afgehandel.

The next activity in the kids' quiet books are done. Both have this game in their books, so I completed both at the same time. 

Vroeër het ek gevra vir idees vir wat ek kan doen met winter, aangesien ek oortuig was daarvan dat Boetie nie weet van sneeu, ys en sneeumanne nie, want dit sneeu nie in Mauritius nie. Tot my verbasing, terwyl ons een aand 'n storie oor die diere in die arktiese sirkels kyk, roep Boetie uit: "Kyk, Pappa. daar is sneeu! Dis baie koud! Daar is ys, dit smelt..." Dus het my antwoord reguit vanuit die "perd se bek" gekom. 'n Sneeuman is dus die simbool vir winter in die seisoene speletjie gemaak.

Earlier I asked for some ideas regarding what I can do for winter, since I was convinced that DS did not know about snow, ice and snowmen since it doesn't snow in Mauritius. To my surprise, while we were watching an documentary about the animals in the arctic circles, DS shouted: "Look Daddy, there is snow! It is cold! There is ice. It is melting...". So my answer came straight from the "horse's mouth" and a snowman was made as symbol for winter.

Die vier bome - leeg, met mandjies wat die verskillende seisoene se items inhou / The four trees - empty, with the baskets that holds the four seasons' items in it.


Elke boom met hul seisoen se items - blomme (lente), vrugte (somer), blare (herfs) en die sneeuman (winter) / Each tree with their season's items - flowers (spring), fruit (summer), leaves (autumn) and the snowman (winter)

Geniet jul naweek!

Enjoy your weekend!