Wednesday 24 January 2018

'n Sappige geheim...

...Maar voor ek daarby kom, Boetie se volgende stil speletjie is klaar. Ek sal dalk die kleiner kraletjies moet vaswerk. Als is egter op die oomblik vas gegom. Ek het stukkies velcro aan die agterkant van die trokke, sodat die stukkie nie die wêreld vol rond val nie. Dit is sy Tel Trein

...But before I get to that, DS's second quiet book activity is finished. I might need to sew the smaller beads into place though. At the moment everything is glued in place. I put some velcro at the back of the trucks so that they don't fall off.  This is his Counting Train.



So, my geheim...Vir die laaste 2 jaar het ek aan 'n BOM deelgeneem. Ek het egter net die materiale bymekaar gemaak en nie aan die kwilt self gewerk nie. Vanoggend het ek die laaste pakkie materiale gekry en is my stel nou volledig. Ek gaan my eie Dear Jane kwilt maak!!!

So, my secret...For the last 2 years, I have participated in a BOM. I only collected the fabrics and didn't make the quilt. This morning, I received my last package of fabrics and my set is now complete. I am going to make my own Dear Jane quilt!!!


Al die materiale wat ek oor die laaste 23 maande versamel het... /  
All the fabrics I have been collecting over the last 23 months.

Ek kan nie wag om hiermee te begin nie, maar ek sal ook erken: ek is bietjie angstig. Dis min dat ek kwilte maak "so na as moontlik aan die oorspronklike". Die laaste keer wat ek so iets gedoen het, was my appliek kussings. Ek verkies helder, "blender" of soliede kleure, so om hierdie 1930 reeks materiale te gebruik gaan buite my "comfort zone" wees. Ek sal julle met 'n volgende geleentheid meer van my Dear Jane storie vertel.

I can't wait to get started, although I will admit: I am a bit anxious. It isn't my usual style to make quilts "as close to the original as possible". The last time I did that was with my applique pillows. I prefer bright, blender or solid colours, so working with this 1930 reproduction fabrics is a bit outside my comfort zone. I will tell you more about my Dear Jane story in a future post.

No comments:

Post a Comment

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.