Wednesday 8 February 2017

Bokant is klaar

So tussen deur die skoolvakansie, Nuwe Jaar vieringe en siklone, het ek bietjie-bietjie bly werk aan die blou kwilt. Ek het gister die buiterand aangewerk en kan uiteindelike vir julle die kwilt-in-wording wys.

In between the school holidays, New Year celebrations and cyclones, I managed to do some work on the blue quilt, bit by bit. Yesterday I added the border and now I can finally show you the quilt-in-progress.


Hierdie is nadat ek al die driehoeke gestik het en die patroon op die vloer uitgelê het. Ek het lank geneem om als vas te werk, want ek was nie gelukkig met die rigting van die "vissies" materiaal nie. Ek het oorspronklik gedink dat ek die rigting van die visse en seegras dieselfde binne-in 'n driehoek sou hou, maar toe stik en sny ek twee driehoeke verkeerd en dit mors toe alles op. Ek het beperkte materiaal en kon nie net twee ekstra driehoeke sny nie. Na 'n lang tyd van raad vra, het ons toe besluit om die rigting van die materiaal te ignoreer en nou maar net als "deurmekaar" vas te stik.

This is after I pieced the triangles together and placed everything on the floor for the layout. It took me a long time to piece everything together, because I was not happy with the direction of the "fish" fabric. Originally I wanted the direction of the fish and the sea grass to be the same within a triangle, but then I went and sewed and cut two triangles the wrong way, which messed up everything. I had limited fabric, so I couldn't just cut two more triangles. After some time, and asking may people for advice, we decided to ignore the direction of the fabric and just sew things "randomly" together.




Ek het net so gesukkel met die buiterand. Ek was 20cm se materiaal kort om die rand te maak soos ek oorspronklik wou. Ek moes toe die stroke smaller sny en het later in desimale getalle ingegaan om seker te maak die finale strook is die regte breedte. Wow, was dit 'n kopkrapper! Nie te min, die stroke is gesny - sommer 'n klomp op 'n slag want ek was nie meer lus vir baie tyd daaraan spandeer nie, veral nie na al die wiskunde nie LOL - en vinnig is die randstroke klaar.

I had just as much difficulty with the border. I was 20cm short on fabric for designing the border as I originally wanted. I had to make the strips thinner and later went into decimal numbers to be sure the border was the right width. Wow, what a brain teaser! None the less, the strips were cut - a few at a time since I wasn't in the mood for spending a lot more time on them, especially after all the math LOL - and soon the border was finished.


Hierdie is dan die produk van baie dinkwerk...Dit het 'n finale stryk nodig voordat ek watte ersel en 'n agterkant gaan soek tussen my materiale en die rygwerk laat begin.

This is then the product of a lot of thinking...It needs a final ironing before I get the batting and backing from my stash and start on the basting.

Ek moet erken, die uitdagings met hierdie kwilt was pret, maar nou wil ek iets eenvoudigs hê om te doen.

Tot later!

I will admit, the challenges with this quilt was fun, but now I need something more simple to do. 

Until later!

3 comments:

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.