Monday 25 July 2011

Werk in Proses

Wel, niks nuuts om regtig vir julle te wys nie. Dus wys ek maar die (stadige) vordering van my huidige projekte.

Die oudste projek is die kussing oortreksel #4.


Ek is amper klaar met die borduurwerk. Nog net die stuifmeel moet op die blomme borduur word, dan kan ek die kwiltwerk doen en die rugkant aanwerk.

My groot projek is Manlief se kwilt. Sy verjaarsdag is al iets van die verlede, maar die kombers is als behalwe klaar :-( Die feit dat my masjien vir twee weke buite werking was, het ook nie gehelp nie. Tog, stadig maar seker kom dit klaar.

Nog net die laaste kring kruisies en die border moet gekwilt word. Dan die laaste afronding.

Laastens, is my nuutste projek - die tafeldoek.

Al die basis blokke is gestik. Nou kan ek met die appliek begin. Die beste is dat ek die blokke kon stryk op my nuwe stryk matjie! Dit was wonderlik, en dit het my baie tyd gespaar. Ek het 21 blokke gemaak in 1 uur se tyd!

Vordering is stadig, maar dit is vordering!

Tot later.

4 comments:

  1. Mooie projecten Elzaan! Het moet ook niet altijd snel gaan, al snap ik best dat het frustrerend kan zijn als het niet gaat zoals je wilt.

    ReplyDelete
  2. Nuuskieig om die tafeldoek te sien.
    Allan se kwilt lyk pragtig; he's a very lucky hubby!!!!

    ReplyDelete
  3. I love the quilt in the second photo - easy, fresh looking.
    Karen
    http://karensquilting.com/blog/

    ReplyDelete
  4. Slow progress, but there is progress! :) Lovely pillow and quilt, and I can't wait to see what you are up to with the tablecloth! Btw, does the sewing machine co-operate now?

    ReplyDelete

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.