Monday, 27 October 2014

Hoe kies 'n mens?

Ek sit met 'n raaisel - watter masjien om te kies? Ek het onlangs die gier gekry om 'n nuwe naaldwerkmasjien te koop. Lank het ek gespaar vir die Bernina Aurora 440 QE, maar toe ek nou genoeg geld tot my beskikking het, word ek ingelig die masjien word nie meer vervaardig nie en is vervang met die Bernina Aurora 550 QE. Ek het ook besluit om te kyk na die Elna eXcellence 760 en die Elna 7100 Professional.

I am sitting with a conundrum - which machine to choose? Recently I got the itch to buy a new sewing machine. I saved for a long while to buy the Bernina Aurora 440 QE, but when I had the money available, I was informed that the machine is no longer produced and is replaced by the Bernina Aurora 550 QE. I decided to have a look at the Elna eXcellence 760 and the Elna 7100 Professional as well.

Nou is my probleem dat ek nie kan besluit watter masjien vir my meer nuttig gaan wees nie, of watter een ek meer gaan geniet nie. As ek suiwer van die punt gaan dat my masjien gediens moet word, kies ek die Bernina want hier is 'n diens sentrum daarvoor. Maar my hart is meer op die Elna masjiene - hulle lyk net vir my meer verwelkomend.

Now my problem is that I can't decide which machine will be more useful or which one I will enjoy more. If solely looking from the point that the machine needs to be serviced, I will choose the Bernina since there is a service center here. But my heart is set on the Elna machines - they look more homely to me.

Aangesien hierdie 'n langtermyn aankope is en dit gaan my eerste nuwe naaldwerkmasjien wees wat ek gaan koop, waarna moet ek kyk, waaraan moet ek alles dink, watter vrae moet ek vra? Julle raad sal regtig waardeer word op hierdie een.

Since this is a long term purchase and it will be my first purchase of a new sewing machine, what should I look at, what should I keep in mind and which questions should I ask? Your insights will be most welcome on this one.


Friday, 24 October 2014

Bokant is klaar

Wel, 38 uur nadat ek begin werk het aan die kwilt, is die bokant uiteindelik klaar. Ek is heel tevrede met my werk.

Well, 38 hours after I started working on the quilt, the top is finally done. I am very satisfied with my work. 


Aangesien Boetie baie besig is en baie tyd van my vra, het ek besluit om net een uur per dag, elke dag, te spandeer aan die kwilt (behalwe naweke). Soms was ek gelukkig en kon ek bietjie meer doen, maar ek het by die skedule gehou en die resultate is bevredigend.

Nou moet ek die rugkant stik. Volgende week gaan ek die vordering vir die kliënt wys - ek hoop sy sal teverede wees.

Since DS is very busy and demanding a lot of my time, I decided to spend only one hour per day, every day, on the quilt (except weekends). Sometimes I was lucky and could do a little bit more, but I kept to the schedule and the results are satisfying.

Now I need to work on the back. Next week I will show the progress to the client. Hope she will like it.

'n Rukkie gelede het ons 'n "besoeker" gehad. 'n Naaldekoker het in ons motorhuis ingevlieg en net op die grond bly lê. Manlief het hom opgetel en na ons stoep geneem. Die naaldekoker was so gemaklik dat hy selfs op Manlief se arm bly sit het terwyl hy rondgeloop het en op die rekenaar gewerk het. Toe Manlief weer uitloop tot op die stoep, besluit die naaldekoker dis genoeg en vlieg weer weg. Ek wonder of hy net 'n bietjie wou rus?

'n Short while ago we had a "visitor". A dragonfly flew into our garage and didn't get up from the floor. Hubby picked him up and took him to our balcony. The dragonfly was so much at ease, that he sat on Hubby's arm while he walked around and worked on the computer. When Hubby went back to the balcony, the dragonfly decided that was enough and took off. I wounder if he just took a short pit stop?



Wednesday, 1 October 2014

1ste Randstrook is aan

Ek kan uiteindelik my vordering wys. Die eerste randstrook is aan die kwilt. Daar moet nog 'n tweede randstrook kom, maar dit moet nog gestik word. Daarna moet nog hartjies aan die eerste randstrook geappliek word. So, nog baie werk om te doen...

I can finally show you my progress. The first border is on the quilt. A second border needs to be added, but that needs to be pieced first. After that I need to applique some hearts on the first border. So, still a lot of work to be done...