Showing posts with label Sewing. Show all posts
Showing posts with label Sewing. Show all posts

Tuesday, 31 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 2

In my vorige blog post het ek verduidelik waarom ek besluit het om 'n gekwilte baadjie te maak, en wat die materiaal was wat ek gekies het daarvoor. Ek het ook al die snywerk gedoen. Nou is dit tyd om als aanmekaar te sit.

In my previous blog post I explained why I decided to make a quilted jacket and what fabrics I was using. I also completed all the cutting. Now it is time to put everything together.


Ek het eers die rug se NYB blokke gemaak, gevolg deur die moue. Dit is die enigste volledige NYB blokke in die baadjie. Daarna het ek aan die boë gewerk en laastens die lappel. Ek het vele uitlegte eers probeer voordat ek als aanmekaar begin stik het.

Al die gekleurde dele is aan die silwer geappliek, en sommer terselfdertyd 'n bietjie impromptu hand-kwiltwerk is gedoen, Ek het die batting aan die silwer materiaal geryg en toe die baadjie, uitgesluit die moue, aanmekaar gesit. Daarna het ek die gekleurde stukke op geappliek, deur beide die silwer laag en die batting. Laastens het ek sakke ingewerk. Dis 'n bietjie nou, maar my foon pas perfek daarin.

I completed the NYB blocks on the back first, followed by sleeves. Those are the only full NYB blocks in the jacket. After that I made all the coloured arches, and lastly the front. I tried many layouts first, before I started stitching everything together.

All the coloured pieces are appliqued unto the silver fabric, and some impromptu quilting was also done in the process. I basted the batting to the silver fabric, and constructed the jacket first (except the sleeves). Then I appliqued the coloured pieces, taking the thread through both the silver layer and the batting. Lastely I added some pockets. It is a bit narrow, but my phone fits perfectly.

Hier is die moue nadat ek die groen vasgeheg het. Dit wys die kwiltwerk. / Here are the sleeves, after I attached the green. It shows the quilting.



Die voering is orige materiaal van 'n vorige kwilt. Ek wou oorspronklik 'n ligter kleur gebruik het, maar die nate het deurgeskyn, dus het ek op die donkerder kleur besluit (want dis al ander materiaal wat genoegsaam was vir die voering ;) )

The lining was cut from left over fabric from a previous quilt. Originally I wanted to use a lighter colour, but the seems showed through the fabric, so I decided on the darker fabric instead (mostly because it was the only other fabric that I had enough of to make the lining ;) )

Nadat als aanmekaar gewerk is, en die ritssluiter aangeheg is, het ek besluit om versiersteke te gebruik eerder as die gewone reguitlyn, vir die "top stitching" Die moue s'n het perfek uitgekom, maar ek dink egter ek moes grys gare gebruik het vir die kraag en onderlyf se stikwerk, eerder as swart...

After everything was stitched together, and the zipper was added, I decided to use some decorative stitches for the top stitching, instead of the normal straight line stitching. The sleeves came out perfectly, but in hindsight, I should have used grey thread instead of black, for the collar and the bottom stitching.




 

Geen nuwe uitrusting is volledig sonder 'n bypassende masker nie!!! 

Nou, die "photo finish"

No new outfit is complete without a matching mask!!! 

Now, the photo finish.

 





Ek het dit baie geniet om die baadjie te maak. Inteendeel, ek maak nog 2 baadjies...Ek sal dit wys soos die projekte vorder. Die baadjie is baie sagter en snoesiger as was ek oorspronklik gedink het dit sou wees. Ek is mal daaroor!

Tot later!

I really enjoyed making the jacket. In fact, I am making 2 more...I shall show them as the projects progresses. The jacket is a lot softer and cozier than I expected. I love it!

Until later!

Wednesday, 25 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 1

(Om te verhoed dat hierdie blog inskrywing te lank raak, gaan ek dit in 2 dele publiseer /

I will be posting this in 2 parts, to avoid making one very long blog post.)

 

Die laaste 2 maande was vet pret - ek was beslis in my "happy place".

Ek kyk gereeld na YouTube videos oor mense wat historiese kledingstukke maak vir moderne alledaagse gebruik. Ek geniet dit en vind inspirasie daarin om die tegnieke te sien wat hulle gebruik in hul konstruksie van die kledingstukke.

Saam met dit was ek opsoek na 'n baie spesifieke trui wat ek tot op hede nog nie in die hande kan kry nie. So gebeur dit dan een aand terwyl ek aan my DJ blokke werk, dat die perfekte oplossing vir my tref: maak eerder my eie (gekwilte) baadjie! 

The last 2 months have been fun - I was definitely in my "happy place"

I enjoy watching YouTube videos about people making historical clothing for modern everyday use. I enjoy watching and find inspiration in the techniques that they use when constructing the garments.

With that, I was looking for a cardigan, which I have not found to date. So one night, while working on my DJ blocks, the perfect solution hit me: make my own (quilted) jacket instead!

En hier is dit! / And here it is!

Ek het baie staat gemaak op die inligting van die YouTube videos aangesien ek nog nooit 'n kledingstuk vir myself (of enige iemand anders) gemaak het nie. Ek 'n patroon opgetrek deur 'n bestaande baadjie in my kas te gebruik om die patroon op te basseer. Ek het ook die patroon met 1.5" vergroot, om spasie te skep vir 2 lae materiaal en die "batting" tussen-in. Dit het my 'n rukkie gevat om die patroon te kry tot op 'n punt waar ek gelukkig was, gevolg deur die pret van materiale kies.

I counted on the information I gathered from the YouTube videos, since I have never made a piece of clothing for myself (or anyone else for that matter). I used an existing jacket in my closet to draft a pattern. I enlarged the pattern by 1.5" to accommodate for 2 layers of fabric and batting in between. It took me a while to get the pattern to a point where I felt happy with it, followed by the fun of choosing fabrics.

Die silwer materiaal het ek jare gelede gekoop en gewag vir die "perfekte projek" daarvoor. Ek het stukkies al gebruik in vorige projekte, maar nooit gevoel dat die materiaal geskik is vir daardie spesifieke projek nie. Dus het ek dit uitgetrek en besluit my baadjie is die perfekte projek vir die materiaal. Die ander kleure is oorskied materiaal van vorige projekte.

I bought the silver fabric many years ago, keeping it for that "perfect project". I did use small pieces of it in other projects, but never felt that the fabric was meant for those projects. This time, I pulled it out and decided that my jacket will be the perfect project for the fabric. The other colours are leftover fabric from previous projects.

 
Ek het besluit op driehoeke en NYB blokke vir die baadjie. Die snywerk het my vir lank besig gehou, want ek wou alles op een slag klaar sny.
 
I decided on triangles and NYB blocks for the jacket. Cutting took me some time since I wanted to do all the cutting in one go.
 
 
Dis wat oorgebly het van +-2.5 meter se matriaal, nadat ek die baadjie se panele uitgesny het.
 
This is what was left over from +- 2.5 meter of fabric, after I cut all the panels for the jacket.

 
Dis wat oorgebly het nadat ek alles uitgesny het.
 
This is what was left over after I cut everything.
 
In die volgende blog post, sal ek die patroon en die finale resultaat vir julle wys.
 
Tot later!

I will show you the pattern and the final result in the next blog post.

See you later!

Saturday, 1 May 2021

Tandemuis en DJ

 Sjoe, baie water het onder die brug geloop sedert my laaste "blog post". Ek is egter nog hier, en my vingers en naalde is aan die werk!

My eerste projek wat ek kan wys is Boetie se tandekussing. Hy het onlangs sy eerste tand gewissel. Gegewe dat ons in 'n land is met baie kulture en tale, het ek bietjie gaan rondkyk oor hoe ander kulture en lande die tandmuis-ding doen. Ons het as kinders ons skoene gebruik, maar my kinders dra nie skoene nie, so 'n ander plan moes gemaak word. Sommige kulture het 'n glas met water gebruik, ander begrawe die tand en sommige gooi dit van die dak af...Baie interessant! Ek het toe op die idee van 'n tande kussing afgekom, en het blitsvinning een aanmekaar gesit.

Wow, lots of water has gone under the bridge since my last blog post. I am however still here and my fingers and needles are working hard!

My first project to show, is DS's tooth pillow. He lost his first tooth recently and considering that we live in a country with multiple cultures and languages, I decided to take a look around at all the ways how the tooth is presented for the tooth fairy. As children, we used our shoes, but my kids don't wear shoes, so a plan had to be made. Some cultures use a glass and water, some bury the tooth and others throw the tooth from the roof. It is all very interesting! Then I came across the concept of a tooth pillow and very quickly put one together.



Ek het filt geneem, twee sirkels uitgesny asook 'n halwe sirkel. Die halwe sirkel dien as die sakkie waarin die tand gebêre moet word. Ek het als met gou met die hand vasgemaak en gestop, en 'n lint met knope vasgewerk sodat die kussing teen die bed kon hang en Tooth Fairy daarop geverf. Dit was baie vinnig en eenvoudig gemaak, en ek was nie heeltemal gelukkig op die ou end nie, maar die kussing is daar en dit is gebruik om die tande-skat vir die tandmuis veilig te hou.

I took some felt, cut out 2 circles and a semicircle. The semicircle acted as the pocket in which the tooth is placed. I stitched everything by hand and stuffed the pillow, added a ribbon and buttons so the pillow can hang from the bed post and painted Tooth Fairy on it. I was not too happy about the pillow, but it was there and it was used to keep the tooth-treasure safe for the tooth fairy.

Na die tyd het ek in my materiale gaan grou, vir die kinders 'n kans gegee om hul eie materiale te kies en ordentlike tande kussings gemaak. Ek het sommer vir beide kinders 'n kussing gemaak, sodat Sussie ook kan deel hê aan die opwinding.

Afterwards I went to my stash, allowed the kids to choose their own fabrics and I made a proper tooth pillow. I made one for both of them, so that DD can also have part in the excitement.



Ek het vir die tandmuis 'n klein boodskap op geborduur, 'n tand vasgewerk asook die sakkie waarin die tand geplaas moet word. Beide kinders het besluit om 3 knippies aan die sakkie vas te werk...vir goeie sekuriteit :)

Die borduurwerk op die donker kussing is bietjie te vêr na links, maar ek gaan dit so los. Als op die groen kussing is beter gespasiëerd. Die kussings is gestop met vere van 'n ou kussing wat geskeur het. Nou is ons voorbereid vir die volgende tand se wissel!

I embroidered a small message for the tooth fairy on the pillow, added a tooth and a little bag into which the tooth will go for safe keeping. Both kids decided to have 3 clips on the bag...for better security :)

The embroidery on the dark pillow is a bit too far to the left, but I am going to leave it like that. The spacing on the green pillow is better. I stuffed the two pillows with feathers from an old pillow which got torn. Now we are prepared for the next tooth to fall out!

Verder werk ek nog aan DJ, alhoewel die spoed waarteen ek blokkies produseer byna tot 'n stilstand nou gekom het. Hier is nog 5 blokke wat ek tot op hede klaar het.

 I am still working on DJ, although the speed at which blocks are produced has slowed down to a crawl. Here are 5 blocks that I managed to finish so far.


 Ek werk aan nog 'n paar projekte, maar het nog nie iets om vir julle te wys nie. Hopelik sal en binne-kort iets hê.

Tot later!

 I am working on other projects too, but I don't have anything to show yet. Hopefully I will have something soon. 

See you soon!

Friday, 10 July 2020

Dans rompie

My Dogtertjie het onlangs begin danslesse neem. Sy moet onder andere 'n dans uniform dra, wat bestaan uit 'n ballet leotard en 'n tutu. Dit was 'n nagmerrie om dit in die hande te kry, maar ons het uiteindelik 'n tweedehandse stel kon kry. Saam met dit het ek na ons "Charity shop" toe gegaan en ek kon daar 'n leotard kry en 'n ander kledingstuk met 'n kant rompie, wat ek gekoop het om die kant te gebruik en dan 'n tutu vir haar te maak.

DD started dancing lessons recently. She has to wear a uniform, consisting out of a ballet leotard and a tutu. It was a nightmare to get hold of the uniform, but at last we do have one, albeit second hand. I also went to our thrift store and found another leotard and a dress with a net skirt, which I bought to use the net for a tutu.

 
Ek het die romp losgemaak van die hempie en toe verder die kant losgemaak van die onderrok. Die kant was in 3 stroke vasgewerk en ek moes elke strook apart lostorring. In die foto het ek die 3 stroke begin pas om te kyk hoe ek als weer aanmekaar kan sit. Die rek het ek gelukkig reeds gehad.

I removed the skirt from the shirt and further removed the netting from the petty coat. The netting was sewn in 3 strips so I removed each strip separately. In the photo I have started sizing up the netting to see how I could sew it all back together again. I had the elastic at home already.


Dit het my 3 probeerslae gekos voor ek die rekband ordentlik kon vasstik. (Ek doen laslappies en  kwiltwerk, nie kostuums nie LOL) Ek het die onderrok geneem, 'n breë strook uitgesny en met die 3rde probeerslag eers vasgestik en toe die rek deur gereig. Die vorige 2 probeerslae was die strook wat ek gesny het te smal gewees.

It took me 3 tries before I got the waistband right. (I am used to  patchwork and quilting, not costumes LOL). I took the petty coat and cut a wide strip from it, stitched it together and on the final try managed to get the elastic band through. The previous 2 turns I cut the strip to narrow.


Daarna het ek die 3 stroke kant geneem en hulle aangemaar vasgewerk en dit toe alles aan die rekband vasgewerk. Nou dat ek terugdink...volgende keer moet ek alles eers aanmekaar werk en laastens die rek inwerk...

Then I sewed the 3 strips of netting together and attached all of that to the waistband. In retrospect...next time I will first sew everything together and then add the elastic band in last...
 

Nou het Sussie nog 'n rompie om in te dans!

Now DD has another skirt to dance in!

Monday, 6 July 2020

Projekte tydens ons afsonderingsperiode

Hallo daar! Ek is so bly om weer agter my rekenaar te kan sit en 'n blog post te kan skryf. Sedert ons in afsondering gegaan het, vanaf 20 Maart tot nou, moes ek vele rolle vertolk, wat my natuurlik baie oorweldig het en my baie besig gehou het. Ek het min tyd gehad vir naaldwerk, maar hier is die projekte waarmee ek myself besig gehou het...

Hi there! I am so happy to be able to sit behind my pc and write a blog post. I had to play many roles since our lockdown started, from 20 March to now, which left me overwhelmed and busy. I did not have a lot of time for sewing, but these are the projects I have been busy with...


1. Maskers (natuurlik) / Masks (off course) 


 2 Die kinders se kwilte / The kids' quilts


Sussie se kwilt. Elkeen van hulle kon hul eie agterkant se materiaal kies. Sy het Paw Patrol gekies. Ek het die kwiltwerk 'n kombinasie van meandering en "doggy treats" gemaak. / DD's quilt. Each of them could chose their own backing. She chose Paw Patrol, so I did the quilting with meandering and "doggy treats"
 

Hier is die voltooide kwilt op haar bed. / Here is the finished quilt on her bed.

Boeta se kwilt. Hy het Minions vir sy agterkant gekies. Ek het die kwiltwerk blare gemaak, aangesien dit die tema van die materiale was (oerwoud) asook die blare van die Minions se klere. / DS's quilt. He chose Minions for his backing. I chose to quilt leaves for this quilt, as it fitted the theme of the fabric (jungle) as well as the outfits of the Minions.

 

Hier is die voltooide kwilt op sy bed. / Here is the finished quilt on his bed.


3. Ek het toe besluit dat dit is tyd vir 'n projek, wat ek al lankal al wou maak - die kinders se "Memory Quilts". Ek het al hulle baba klere, tot en met 18 maande ouderdom, gehou juis vir hierdie projek. Sussie is die jongste en is nou 4, so dis tyd dat hierdie klere verwerk word. Enige klere wat oorbly na hierdie projek, sal vir liefdadigheid gegee word.

3. After this, I decided to take on a project that I have been wanting to do for years - the kids' Memory Quilts. I kept there clothes up to the age of 18 months just for this project. DD is my youngest and is now 4, so it is time for the clothes to be processed. The clothes that will be left over after the project, will be donated to charity.


Sussie se klere / DD's clothes


 Boeta se klere / DS's clothes

 4. Ek het ook 'n paar DJ blokke gemaak. / I also completed a few DJ blocks


Tans word my naalwerk area hoofsaaklik as my tuis kantoor gebruik, so ek spandeer nie baie tyd aan my naalwerk nie. Hopelik sal dit binne-kort verander.

Tot later!

My sewing area is currently being used as a home office, so I am not spending much time on sewing. That will hopefully change soon.

Until later!

Sunday, 1 March 2020

Volgende 6 DJ blokke klaar

Ek het nog 6 blokke van my DJ klaar. Stadig maar seker begin hierdie kwilt nou vorm kry. Die tema vir hierdie blokke (behalwe 1) was fuzzy cutting en appliek. Dit was nie oorspronklik my idee om appliek nou al te doen nie. Ek wou dit vir laaste los, aangesien appliek gewoonlik vir my vinnig gaan. Maar, nadat ek myself die uitdaging gegee het om G11 (Blou blok met honde en strikkies) te doen (sien my vorige plasing) het die fuzzy cutting en appliek gogga baie hard gebyt LOL

I finsihed 6 more DJ blocks. Slowly the quilt is starting to get shape. The theme for these blocks (except 1) is fuzzy cutting and applique. I didn't plan on doing applique yet. I wanted to leave it for last as I find applique to go quickly. But, after challenging myself (see my previous post) to do G11 (Blue block with dogs and bows), I guess the bug just bit too hard LOL


Met die pienk blok, het ek my eie reel gebreek: "moenie stikwerk doen as jy moeg is nie". Ek het 23:00 gou-gou die blok aanmekaar gesit, net om te besef ek het my driehoeke verkeerd om vasgewerk. Die volgende oggend het ek dit gou reggestel...

I broke my own rule with the pink block: "don't stitch when you are tired". I quickly assembled the block 23:00 at night, just to discover I had my triangles the wrong way around. The next morning I corrected that...




Tussen-deur het ek vir my 'n nuwe pennetjiesak gemaak. My ou een is nou gedaan en het begin losskeur en uitrafel. Ek het nie 'n patroon gebruik nie, nie die grootte van die ou pennetjiesak as verwysing gebruik en gestik.

In the meantime I made a new bag for my pegs. The old one started to disintegrate. I didn't use a pattern but I did use the size of the old bag as a reference.


Tuesday, 7 January 2020

Bloggers BOM Bokant Klaar


Voorspoedige Nuwe Jaar aan almal! 

Die bokant van die Bloggers BOM kwilt is klaar. Ek het vanmiddag die gekleurde randstrook vasgewerk. Die grootte is nou om en by 113 cm by 138cm.

Ek bevind myself in 'n vreemde posisie waar ek nou 2 kwilt bokante het wat klaar is, maar wat wag vir batting en die rugkante. Gewoonlik werk ek so dat ek een kwilt op 'n slag klaarmaak...Moet sê ek geniet die gevoel :)

Nou kan ek terugkeer na my DJ kwilt en die borduur Kerskwilt.

Happy New Year to everyone!

The top of the Bloggers BOM quilt is finished. I added the coloured border this afternoon. The size is now about 44.5" x 54.5".

I find myself in a peculiar position where I have 2 quilt tops finished and waiting for batting and backing. Normally I work in such a way that I finish one quilt at a time...I must admit that I am enjoying the feeling :)

Now I can return to my DJ and Embroidery Christmas Quilt.

Monday, 30 December 2019

'n Doel vir die Bloggers BOM

Terwyl die tropiese storm Calvinia daar buite woed, is daar geen beter rede om snoesig binne te bly en te kwilt nie :) Ek wag nog vir Boeta se materiale om te arriveer, so ek maak werk aan Sussie se kwilt.

Ek wou oorspronklik dieselfde patroon gebruik as vir Boeta se kwilt, maar het gou besef dat indien ek 4 ekstra blokke byvoeg by die Bloggers BOM projek, dan is die kwilt feitlik groot genoeg vir Sussie. So dis presies wat ek gedoen het.

While tropical storm Calvinia is causing havoc outside, there is no better reason than to stay inside and quilt :) I am still waiting for DS's fabric to arrive, so I started working on DD's quilt.

Originally I wanted to use the same pattern as that of DS's quilt, but I soon realised that if I add 4 more blocks to the Bloggers BOM project, the quilt will be big enough for her. So that is exactly what I did.


Hier is al die blokke uitgelê, voor ek die nuwe blokke bygevoeg het. / Here are all the blocks laid out, before I added the new blocks.


Ek het by die oorspronklike konsep gehou en 2 van elke blok gemaak. Hierdie blokke kom uit die Farmers Wife kwilt, wat ook eendag in die pyplyn sal wees.

I kept to the original concept and made 2 of each block. These blocks come from the Farmers Wife quilt, which will also be in the pipeline one day.



'n Bietjie speel met die uitleg, 'n paar uur agter die masjien en ure se spandeer om te besluit wat om te doen vir 'n buiterand, en dis hoe die kwilt tans lyk.

A bit of layout designing, a few hours behind the machine, lots of hours trying to find a border design, and this is what the quilt looks like at the moment.


Ek is bly ek het besluit om eers 'n klein wit randstrook in te sit, voor ek die gekleurde randstrook en dan 'n derde klein wit randstrook vaswerk. Oorspronklik wou ek goudkleurige materiaal ingewerk het, maar die materiaal wou nie so lekker met die res van die kwilt saamwerk nie. Dis toe dat ek begin rondsoek het na idees vir die randstroke.

I am very happy that I decided to add a narrow white border first, before adding a coloured border and then a narrow white border again. Originally I wanted to add gold coloured fabric, but it didn't work so well with the rest of the quilt. It was then that I started looking around for ideas for the border.

Indien die weer steeds goor is môre, sal ek weer aandag aan die kwilt gee, andersins eers later die week weer.

If the weather is still bad tomorrow, I will continue on this quilt, otherwise it will be later this week.


Tuesday, 10 December 2019

Impromptu kwilt

Ek het nog 2 DJ blokke om vir julle te wys. Beide hierdie blokke lyk nie heeltemal soos die blokke in die oorspronklike kwilt nie. Ek dink die skrywer het die patroon aangepas. Ek het nog sulke blokke teëgekom, en het besluit om daardie blokke soos diè in die kwilt te laat lyk, eerder as om die patroon in die boek te volg.

I have 2 more DJ blocks to show you. Both these blocks doesn't look exactly like those in the original quilt. I think the author adapted the patterns. I had more blocks like that, and decided to replicate those blocks in the quilt, rather than follow the pattern in the book.



Na hierdie 2 blokke voltooi is, het ek nie meer gedrukte patrone gehad nie. Intussen vra Boetie die heeltyd nog vir 'n kombers, sedert ek my DJ begin het. Ek gryp toe 'n materiaal pakkie, wat ek as geskenk by iemand gekry het, en die pakkie het 'n gratis patroon by. Ek besluit toe om die patroon vir hom te maak...

After these 2 blocks were finished, I didn't have any more printed patterns. In the meantime DS has been asking me for a "blanket" ever since I started my DJ. I grabbed a fabric pack, which I received as a gift, and in this packet was a free pattern. So I decided to make this for him.


Dis die patroon wat saam met die materiaalpakkie gekom het. Dis 'n maklike en vinnige patroon. / This is the pattern that came with the fabric pack. This is an easy and quick pattern.


Hierdie is die materiaal wat in die pakkie gekom het. 20 verskillende lappies, elkeen herhaal om 'n totaal van 40 10" lappies te maak. /
This is the fabric that came in the packet. 20 different pieces, each repeating to make a total of 40 10" pieces.


Die voltooide bokant. Die randstrook is nie deel van die patroon nie. Ek het dit bygewoeg sodat Boetie darem 'n jaar of twee lank die kwilt kan gebruik ;) Die bokant is ongeveer 158cm x 158cm /
The finished quilt top. The border is not part of the pattern. I added it so that DS can have at least an extra year or two's worth of use from the quilt ;) The top is about 62.5" x 62.5".

Nou moet ek wag vir watte-ersel en die rugkant. Terug na DJ... Tot later!

Now I need to wait for batting and backing fabric. Back to DJ... Until later!