Showing posts with label Quilting. Show all posts
Showing posts with label Quilting. Show all posts

Tuesday, 31 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 2

In my vorige blog post het ek verduidelik waarom ek besluit het om 'n gekwilte baadjie te maak, en wat die materiaal was wat ek gekies het daarvoor. Ek het ook al die snywerk gedoen. Nou is dit tyd om als aanmekaar te sit.

In my previous blog post I explained why I decided to make a quilted jacket and what fabrics I was using. I also completed all the cutting. Now it is time to put everything together.


Ek het eers die rug se NYB blokke gemaak, gevolg deur die moue. Dit is die enigste volledige NYB blokke in die baadjie. Daarna het ek aan die boë gewerk en laastens die lappel. Ek het vele uitlegte eers probeer voordat ek als aanmekaar begin stik het.

Al die gekleurde dele is aan die silwer geappliek, en sommer terselfdertyd 'n bietjie impromptu hand-kwiltwerk is gedoen, Ek het die batting aan die silwer materiaal geryg en toe die baadjie, uitgesluit die moue, aanmekaar gesit. Daarna het ek die gekleurde stukke op geappliek, deur beide die silwer laag en die batting. Laastens het ek sakke ingewerk. Dis 'n bietjie nou, maar my foon pas perfek daarin.

I completed the NYB blocks on the back first, followed by sleeves. Those are the only full NYB blocks in the jacket. After that I made all the coloured arches, and lastly the front. I tried many layouts first, before I started stitching everything together.

All the coloured pieces are appliqued unto the silver fabric, and some impromptu quilting was also done in the process. I basted the batting to the silver fabric, and constructed the jacket first (except the sleeves). Then I appliqued the coloured pieces, taking the thread through both the silver layer and the batting. Lastely I added some pockets. It is a bit narrow, but my phone fits perfectly.

Hier is die moue nadat ek die groen vasgeheg het. Dit wys die kwiltwerk. / Here are the sleeves, after I attached the green. It shows the quilting.



Die voering is orige materiaal van 'n vorige kwilt. Ek wou oorspronklik 'n ligter kleur gebruik het, maar die nate het deurgeskyn, dus het ek op die donkerder kleur besluit (want dis al ander materiaal wat genoegsaam was vir die voering ;) )

The lining was cut from left over fabric from a previous quilt. Originally I wanted to use a lighter colour, but the seems showed through the fabric, so I decided on the darker fabric instead (mostly because it was the only other fabric that I had enough of to make the lining ;) )

Nadat als aanmekaar gewerk is, en die ritssluiter aangeheg is, het ek besluit om versiersteke te gebruik eerder as die gewone reguitlyn, vir die "top stitching" Die moue s'n het perfek uitgekom, maar ek dink egter ek moes grys gare gebruik het vir die kraag en onderlyf se stikwerk, eerder as swart...

After everything was stitched together, and the zipper was added, I decided to use some decorative stitches for the top stitching, instead of the normal straight line stitching. The sleeves came out perfectly, but in hindsight, I should have used grey thread instead of black, for the collar and the bottom stitching.




 

Geen nuwe uitrusting is volledig sonder 'n bypassende masker nie!!! 

Nou, die "photo finish"

No new outfit is complete without a matching mask!!! 

Now, the photo finish.

 





Ek het dit baie geniet om die baadjie te maak. Inteendeel, ek maak nog 2 baadjies...Ek sal dit wys soos die projekte vorder. Die baadjie is baie sagter en snoesiger as was ek oorspronklik gedink het dit sou wees. Ek is mal daaroor!

Tot later!

I really enjoyed making the jacket. In fact, I am making 2 more...I shall show them as the projects progresses. The jacket is a lot softer and cozier than I expected. I love it!

Until later!

Wednesday, 25 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 1

(Om te verhoed dat hierdie blog inskrywing te lank raak, gaan ek dit in 2 dele publiseer /

I will be posting this in 2 parts, to avoid making one very long blog post.)

 

Die laaste 2 maande was vet pret - ek was beslis in my "happy place".

Ek kyk gereeld na YouTube videos oor mense wat historiese kledingstukke maak vir moderne alledaagse gebruik. Ek geniet dit en vind inspirasie daarin om die tegnieke te sien wat hulle gebruik in hul konstruksie van die kledingstukke.

Saam met dit was ek opsoek na 'n baie spesifieke trui wat ek tot op hede nog nie in die hande kan kry nie. So gebeur dit dan een aand terwyl ek aan my DJ blokke werk, dat die perfekte oplossing vir my tref: maak eerder my eie (gekwilte) baadjie! 

The last 2 months have been fun - I was definitely in my "happy place"

I enjoy watching YouTube videos about people making historical clothing for modern everyday use. I enjoy watching and find inspiration in the techniques that they use when constructing the garments.

With that, I was looking for a cardigan, which I have not found to date. So one night, while working on my DJ blocks, the perfect solution hit me: make my own (quilted) jacket instead!

En hier is dit! / And here it is!

Ek het baie staat gemaak op die inligting van die YouTube videos aangesien ek nog nooit 'n kledingstuk vir myself (of enige iemand anders) gemaak het nie. Ek 'n patroon opgetrek deur 'n bestaande baadjie in my kas te gebruik om die patroon op te basseer. Ek het ook die patroon met 1.5" vergroot, om spasie te skep vir 2 lae materiaal en die "batting" tussen-in. Dit het my 'n rukkie gevat om die patroon te kry tot op 'n punt waar ek gelukkig was, gevolg deur die pret van materiale kies.

I counted on the information I gathered from the YouTube videos, since I have never made a piece of clothing for myself (or anyone else for that matter). I used an existing jacket in my closet to draft a pattern. I enlarged the pattern by 1.5" to accommodate for 2 layers of fabric and batting in between. It took me a while to get the pattern to a point where I felt happy with it, followed by the fun of choosing fabrics.

Die silwer materiaal het ek jare gelede gekoop en gewag vir die "perfekte projek" daarvoor. Ek het stukkies al gebruik in vorige projekte, maar nooit gevoel dat die materiaal geskik is vir daardie spesifieke projek nie. Dus het ek dit uitgetrek en besluit my baadjie is die perfekte projek vir die materiaal. Die ander kleure is oorskied materiaal van vorige projekte.

I bought the silver fabric many years ago, keeping it for that "perfect project". I did use small pieces of it in other projects, but never felt that the fabric was meant for those projects. This time, I pulled it out and decided that my jacket will be the perfect project for the fabric. The other colours are leftover fabric from previous projects.

 
Ek het besluit op driehoeke en NYB blokke vir die baadjie. Die snywerk het my vir lank besig gehou, want ek wou alles op een slag klaar sny.
 
I decided on triangles and NYB blocks for the jacket. Cutting took me some time since I wanted to do all the cutting in one go.
 
 
Dis wat oorgebly het van +-2.5 meter se matriaal, nadat ek die baadjie se panele uitgesny het.
 
This is what was left over from +- 2.5 meter of fabric, after I cut all the panels for the jacket.

 
Dis wat oorgebly het nadat ek alles uitgesny het.
 
This is what was left over after I cut everything.
 
In die volgende blog post, sal ek die patroon en die finale resultaat vir julle wys.
 
Tot later!

I will show you the pattern and the final result in the next blog post.

See you later!

Monday, 6 July 2020

Projekte tydens ons afsonderingsperiode

Hallo daar! Ek is so bly om weer agter my rekenaar te kan sit en 'n blog post te kan skryf. Sedert ons in afsondering gegaan het, vanaf 20 Maart tot nou, moes ek vele rolle vertolk, wat my natuurlik baie oorweldig het en my baie besig gehou het. Ek het min tyd gehad vir naaldwerk, maar hier is die projekte waarmee ek myself besig gehou het...

Hi there! I am so happy to be able to sit behind my pc and write a blog post. I had to play many roles since our lockdown started, from 20 March to now, which left me overwhelmed and busy. I did not have a lot of time for sewing, but these are the projects I have been busy with...


1. Maskers (natuurlik) / Masks (off course) 


 2 Die kinders se kwilte / The kids' quilts


Sussie se kwilt. Elkeen van hulle kon hul eie agterkant se materiaal kies. Sy het Paw Patrol gekies. Ek het die kwiltwerk 'n kombinasie van meandering en "doggy treats" gemaak. / DD's quilt. Each of them could chose their own backing. She chose Paw Patrol, so I did the quilting with meandering and "doggy treats"
 

Hier is die voltooide kwilt op haar bed. / Here is the finished quilt on her bed.

Boeta se kwilt. Hy het Minions vir sy agterkant gekies. Ek het die kwiltwerk blare gemaak, aangesien dit die tema van die materiale was (oerwoud) asook die blare van die Minions se klere. / DS's quilt. He chose Minions for his backing. I chose to quilt leaves for this quilt, as it fitted the theme of the fabric (jungle) as well as the outfits of the Minions.

 

Hier is die voltooide kwilt op sy bed. / Here is the finished quilt on his bed.


3. Ek het toe besluit dat dit is tyd vir 'n projek, wat ek al lankal al wou maak - die kinders se "Memory Quilts". Ek het al hulle baba klere, tot en met 18 maande ouderdom, gehou juis vir hierdie projek. Sussie is die jongste en is nou 4, so dis tyd dat hierdie klere verwerk word. Enige klere wat oorbly na hierdie projek, sal vir liefdadigheid gegee word.

3. After this, I decided to take on a project that I have been wanting to do for years - the kids' Memory Quilts. I kept there clothes up to the age of 18 months just for this project. DD is my youngest and is now 4, so it is time for the clothes to be processed. The clothes that will be left over after the project, will be donated to charity.


Sussie se klere / DD's clothes


 Boeta se klere / DS's clothes

 4. Ek het ook 'n paar DJ blokke gemaak. / I also completed a few DJ blocks


Tans word my naalwerk area hoofsaaklik as my tuis kantoor gebruik, so ek spandeer nie baie tyd aan my naalwerk nie. Hopelik sal dit binne-kort verander.

Tot later!

My sewing area is currently being used as a home office, so I am not spending much time on sewing. That will hopefully change soon.

Until later!

Sunday, 18 August 2019

Die Blou kwilt is klaar!

Eerstens, baie jammer aan almal wat kommentaar gelos het, wat geen terugvoer van my af gekry het nie. Vir een of ander rede het ek nie die kennisgewings gekry dat jul kommentaar geplaas was nie. Ek sal so spoedig moontlik daaraan aandag gee, en op jul plasings antwoord.

First of all, apologies for those who left comments, and who did not get any feedback from my side. For some  reason or another, I did not get the notifications that your comments were submitted. I will look into it soonest and reply on your comments.



Na my vorige inskrywing, het ek terug gegaan na die omboorsel, die hoeke wat reeds vasgewerk was losgetorring en die hoeke weer vasgestik, die keer op die "korrekte" manier. Dit het 'n wêreld se verskil gemaak, en die afronding lyk soveel beter.

After my last post, I went back to the binding, undid the corners which were already stitched, and redid it all the "right" way. It made a world's difference and the finishing looks so much better.

Intussen het ek kort tye gehad om aan die omboorsel te werk en het gisteraand die laaste stukkie vasgewerk en die los gare ingewerk. Dis altyd 'n wonderlike gevoel om 'n klaarproduk te sien, met die wete dat daar soveel tyd, liefde en geduld in die projek ingegaan het.

I had short periods "here and there" to work on the binding and I finish the last bit last night. I also took care of the loose threads by hiding them into the quilt. It is always a wonderful feeling to see a finished project, especially when you know how much time, love and patience went into the project.

Die voorkant: Ek hou baie van die kontras in waarde en die effek wat dit skep. /  
The front: I like the contrast in value a lot and the effect that it brings.

Die rugkant: die gekleurde strook is bloot daar om die ekstra lengte/breedte aan die agterkant te gee. Die laken was net daardie stukke te smal om die hele rugkant te dek. /
The back: The coloured part is only there to give me the extra length/width at the back. The sheet was only that bit too narrow to cover the whole backing.

Die kwilt sal nou sy pad na sy nuwe eienaar maak, aangesien hierdie na 'n kollega gaan.

The quilt will now make it's way to it's new owner, as this is going to a colleague.

Met die projek agter die rug, het ons bietjie in die Black River National Gorges gaan stap vandag. Met al die reën wat ons die seisoen gekry het, het die rivier sterk gevloei. Dit was baie lekker om die rivier weer so vol te sien, aangesien die laaste paar jaar redelik droog was by ons.

With the project behind me, we went for a walk in the Black River National Gorges. The river was flowing strong thanks to the amount of rain that was falling this season. I am very happy to see the river so full, as it has been dry here the last few years.




Wat het julle gedoen hierdie naweek? 

Tot later!

What did you do this weekend?

Until later!

Wednesday, 5 June 2019

Blou Kwilt - vordering!

Die einde is in sig vir hierdie projek. Ek het so "aan en af" aan die kwilt gewerk, en het gisteraand die laaste kwiltwerk gedoen.

Nou moet ek die omboorsel aanwerk, die los gare verwerk, die kwilt was en dan kan dit aangestuur word.

The end is in sight for this project. I have been working on the quilt "on again off again". Last night I finished the last of the quilting. 

Now I have to do the binding, take care of all the loose threads, wash the quilt and then it is good to go.


Ek het net die kwilt oor ons bed gegooi. Al moet ek nou self so sê, ek dink die kwilt vertoon nogal mooi. / I just draped the quilt over our bed. Even if I have to say so myself, this quilt does look good.

 

Die kwiltwerk van nader / A close up of the quilting.


Die randstrook het ek op 'n eenvoudige kwilt patroon besluit - reguit lyne weerskante van die nate. Ek is nie seker of dit is omdat ek "moeg" raak vir die kwilt en/of dit is omdat ek geen inspirasie vir 'n beter patroon kon kry nie.

I decided on a simple pattern for the border - straight lines either side of the seam. I am not sure whether it is because I am getting "tired" of this quilt or if I just couldn't find any inspiration for a better pattern.


Hierdie strook aan die rugkant, moes ek inwerk sodat ek genoegsame lengte aan die rugkant kon kry, anders wat dit 'n bietjie te knap na my sin.

I had to work this strip into the backing, just to make sure that I have enough length at the back, otherwise it would have been a bit of a "squeeze".


Nog 'n foto van die kwiltwerk aan die angterkant / Another pic of the quilting on the back

Ek is oor die algemeen baie tevrede met hierdie kwilt. Dis die eerste keer wat ek werklike "free motion quilting" gedoen het. Dis nou nie skou kwalitiet nie, maar ek is baie tevrede.

Tot later!

I am very happy with the end result. This is the first time I am doing real "free motion quilting". It isn't quilt show quality, but I am satisfied.

Until later! 

Monday, 14 January 2019

1ste probeerslag met FMQ

So-ja, nou is als feitlik terug na normaal. Nuwe rekenaar is opgestel, ek is terug op kantoor en die kinders is terug by die skool...Laat die pret begin!

Voor ek by die blou kwilt kom, hier is 'n geskenk wat ek vir 'n vriendin gemaak het. Die borduurstuk is nog een van Aimee Ray (ek hou regtig van haar hand borduur patrone) en julle kan die patroon, en nog vele ander, op haar blog Little Dear Tracks kry. Hierdie is haar Life Mandala patroon. Ongelukkig het die hele patroon nie op die kassie gepas nie. Nietemin is ek baie tevrede met die hele stel.

There you go. Now everything is basically back to normal. My new laptop is setup, I am back at work and the kids are back at school...Let the fun begin!

Before I get to the blue quilt, here is a gift I made for a friend, using another one of Aimee Ray's patterns. I really like her hand embroidery patterns. You can find this one, and many more, on her blog Little Dear Tracks. This is her Life Mandala pattern. Unfortunately, the whole pattern didn't fit on the cabinet, but I like the whole setup non-the-less.


Ek werk dan nou al byna 3 weke lank aan die blou kwilt - soos wat tyd my toelaat. Ek het die 3 lae aangemaar geryg en het die vreesaanjaendste ding probeer - Free Motion Quilting (FMQ). Dis die rede waarom ek my Elna destyds gekoop het, en tot op hede het ek dit gladnie daarvoor gebruik nie. Ek het skouer aan die wiel gesit en besluit om FMQ op hierdie kwilt te doen. Tot dusver is ek tevrede, gegewe dat dit my eerste keer is. Die kwiltpatroon is genaamd "3's and E's".

I have been working for nearly 3 weeks on the blue quilt - as time allows. I basted the 3 layers and attempted the most scariest thing - Free Motion Quilting (FMQ). This is the main reason I bought my Elna years ago, and up to now I haven't used it like this. So, I grabbed the bull by the horns and decided I will quilt FMQ on this quilt. So far I am pleased, considering it being my first time. The quilt pattern is called "3's and E's".


Hier was ek nog besig met die rygwerk - halfpad klaar / Here is was still busy with the basting - halfway done


Eerste foto van die kwiltwerk / First photo of the quilting


Foto van nader (moet nie te naby kyk nie, daar is baie stomp hoeke en skerp draaie) / Close up (don't look too close, there is many blund turns and sharp edges)


Vreemd hoe die kwiltwerk op die "vis" materiaal verdwyn / Funny how the quilting disappears on the "fish" fabric


Die rugkant / The back

 Ek het intussen weer bietjie gevorder. Ek sal weer later foto's oplaai daaroor.

Dis dit vir nou. Tot later!

I have made progress in the meantime. I will upload more pics later.

That's it for now. Until later!

 

Monday, 28 March 2016

'n Belofte is 'n belofte...

Hallo almal!

Ja, ek is nog hier. Sedert Oktober was dinge baie deurmekaar en ek het belowe om 'n paar foto's te wys van waarmee ek besig was. Ek het julle egter gewaarsku dat dit nie veel gaan wees om na te kyk nie...

Hi All!

Yes, I am still here. Since October things have been a bit of a mess and I promised you a few pictures of what I did. I did warn you that it won't be much to look at...


Dis hoe ver ek gekom het met my borduur Kerskwilt, voordat die lewe weer 'n draai in ons pad gegooi het / This is how far I got with the embroidery Christmas quilt before life happend.



Boetie het gereeld vir my hierdie prentjie gewys en ek het aanvaar hy wou die poppie hê. Na lank gesukkel om te bepaal presies hoe die instruksies werk vir pop-maak en die nodige naalde en toerusting kry, het ek aan die werk gespring om die pop vir sy verjaarsdag klaar te maak. Vir 'n eerste probeerslag is dit seker nie te sleg nie, maar ek is nie 100% gelukkig nie. Boetie speel tog met die pop, so ek gaan dit daar los.

DS showed me this picture  a lot and I thus assumed that he wanted the doll. After some time trying to understand the instructions of doll making and buying the necessary needles and tools, I jumped in and tried to finish the doll in time for his birthday. For a first-try I suppose it is not too bad, but I am not 100% happy. DS is playing with the doll, however, so I will leave it at that.

En toe kom al die draaie en swaaie op ons pad...Ek het kort daarna weer swanger geraak en die naarheid het my onderstebo gehad. Tot onlangs het ek geen begeerte of die energie gehad om aan 'n lap te raak nie. Hierdie keer verwag ons 'n dogtertjie wat volgende maand gebore moet word, indien als glad verloop.

And then life happened. Shortly after this I fell pregnant and the nausea had me completely upside down. Until recently, I had not the energy nor the desire to touch a piece of fabric. This time we are expecting a little girl who will be born next month, if all goes well.

Kort nadat ons gehoor het ek is swanger, moes ons ook ons verblyfspermitte hernu. Langs stories kort - dit was chaos! Dit het ons gekos om heen en weer tussen SA en Mauritius te reis, en dit oor Kerstyd en Nuwejaar, met onsekerheid om elke hoek en draai. Dit blyk nou maar net dat ons permitte lank geneem het vir geen spesifieke rede nie. Gelukkige nuus is dat ons permitte wel op die ou end goedgekeur is en ons is gemagtig om nog 3 jaar hier te bly.

Shortly after we heard that I was pregnant, we had to renew our occupation permits. Long stories short - it was chaotic! We had to travel between SA en Mauritius a few times, and that over Christmas and New Year, with uncertainty around every corner. It seems that our permits just took forever for no particular reason. Good news is that our permits were approved in the end and we are permitted to stay another 3 years.

"Nuut en Oud" / "New and Old"


Na 'n lang ruk van geen kwiltwerk, het ek begin juk om iets te doen. My geluk het dit toe dat Boetie genooi word vir 'n partytjie van 'n 3-jarige meisie in sy klas. En wat sal ek doen vir 'n geskenk...een maak natuurlik. Aangesien ek 3 dae gehad het om aan iets te dink, het ek weer in my argiewe gaan soek vir die patroon van die handsak wat ek jare gelede gemaak het. Bietjie grouwerk in my "stash" het genoegsame materiaal opgelewer om 'n pienk sakkie te maak. Ek kon uiteindelik ook my nuwe naaldwerkmasjien ordentlik gebruik en het sommer ook so bietjie kreatiewe stikwerk probeer! Ek is heel trots op hierdie sakkie.

So, dis wat ek het om te wys vir 5 maande se afwesigheid.

Hopelik, voordat die baba arriveer, sou ek nog iets gepoog het om te wys.

Tot later!

After a long while with no quilting, I started to "itch" to make something. Just my luck that DS got invited to a party of a 3 year old girl in his class. And what would I do for a gift...make one off course! Since I only had 3 days to think of something, I went to my archives and searched for the pattern of the bag I made years ago. Some diving into my stash turned up enough fabric to make a pink bag. I also got the chance to finally use my new sewing machine to the fullest and I even had some guts to try out a creative stitch! I am really proud of this bag.

So, that is all I have to show for 5 months of absence. 

Hopefully, before baby arrives, I will have attempted something else to show.

Until later!