Showing posts with label FMQ. Show all posts
Showing posts with label FMQ. Show all posts

Wednesday, 5 June 2019

Blou Kwilt - vordering!

Die einde is in sig vir hierdie projek. Ek het so "aan en af" aan die kwilt gewerk, en het gisteraand die laaste kwiltwerk gedoen.

Nou moet ek die omboorsel aanwerk, die los gare verwerk, die kwilt was en dan kan dit aangestuur word.

The end is in sight for this project. I have been working on the quilt "on again off again". Last night I finished the last of the quilting. 

Now I have to do the binding, take care of all the loose threads, wash the quilt and then it is good to go.


Ek het net die kwilt oor ons bed gegooi. Al moet ek nou self so sê, ek dink die kwilt vertoon nogal mooi. / I just draped the quilt over our bed. Even if I have to say so myself, this quilt does look good.

 

Die kwiltwerk van nader / A close up of the quilting.


Die randstrook het ek op 'n eenvoudige kwilt patroon besluit - reguit lyne weerskante van die nate. Ek is nie seker of dit is omdat ek "moeg" raak vir die kwilt en/of dit is omdat ek geen inspirasie vir 'n beter patroon kon kry nie.

I decided on a simple pattern for the border - straight lines either side of the seam. I am not sure whether it is because I am getting "tired" of this quilt or if I just couldn't find any inspiration for a better pattern.


Hierdie strook aan die rugkant, moes ek inwerk sodat ek genoegsame lengte aan die rugkant kon kry, anders wat dit 'n bietjie te knap na my sin.

I had to work this strip into the backing, just to make sure that I have enough length at the back, otherwise it would have been a bit of a "squeeze".


Nog 'n foto van die kwiltwerk aan die angterkant / Another pic of the quilting on the back

Ek is oor die algemeen baie tevrede met hierdie kwilt. Dis die eerste keer wat ek werklike "free motion quilting" gedoen het. Dis nou nie skou kwalitiet nie, maar ek is baie tevrede.

Tot later!

I am very happy with the end result. This is the first time I am doing real "free motion quilting". It isn't quilt show quality, but I am satisfied.

Until later! 

Monday, 14 January 2019

1ste probeerslag met FMQ

So-ja, nou is als feitlik terug na normaal. Nuwe rekenaar is opgestel, ek is terug op kantoor en die kinders is terug by die skool...Laat die pret begin!

Voor ek by die blou kwilt kom, hier is 'n geskenk wat ek vir 'n vriendin gemaak het. Die borduurstuk is nog een van Aimee Ray (ek hou regtig van haar hand borduur patrone) en julle kan die patroon, en nog vele ander, op haar blog Little Dear Tracks kry. Hierdie is haar Life Mandala patroon. Ongelukkig het die hele patroon nie op die kassie gepas nie. Nietemin is ek baie tevrede met die hele stel.

There you go. Now everything is basically back to normal. My new laptop is setup, I am back at work and the kids are back at school...Let the fun begin!

Before I get to the blue quilt, here is a gift I made for a friend, using another one of Aimee Ray's patterns. I really like her hand embroidery patterns. You can find this one, and many more, on her blog Little Dear Tracks. This is her Life Mandala pattern. Unfortunately, the whole pattern didn't fit on the cabinet, but I like the whole setup non-the-less.


Ek werk dan nou al byna 3 weke lank aan die blou kwilt - soos wat tyd my toelaat. Ek het die 3 lae aangemaar geryg en het die vreesaanjaendste ding probeer - Free Motion Quilting (FMQ). Dis die rede waarom ek my Elna destyds gekoop het, en tot op hede het ek dit gladnie daarvoor gebruik nie. Ek het skouer aan die wiel gesit en besluit om FMQ op hierdie kwilt te doen. Tot dusver is ek tevrede, gegewe dat dit my eerste keer is. Die kwiltpatroon is genaamd "3's and E's".

I have been working for nearly 3 weeks on the blue quilt - as time allows. I basted the 3 layers and attempted the most scariest thing - Free Motion Quilting (FMQ). This is the main reason I bought my Elna years ago, and up to now I haven't used it like this. So, I grabbed the bull by the horns and decided I will quilt FMQ on this quilt. So far I am pleased, considering it being my first time. The quilt pattern is called "3's and E's".


Hier was ek nog besig met die rygwerk - halfpad klaar / Here is was still busy with the basting - halfway done


Eerste foto van die kwiltwerk / First photo of the quilting


Foto van nader (moet nie te naby kyk nie, daar is baie stomp hoeke en skerp draaie) / Close up (don't look too close, there is many blund turns and sharp edges)


Vreemd hoe die kwiltwerk op die "vis" materiaal verdwyn / Funny how the quilting disappears on the "fish" fabric


Die rugkant / The back

 Ek het intussen weer bietjie gevorder. Ek sal weer later foto's oplaai daaroor.

Dis dit vir nou. Tot later!

I have made progress in the meantime. I will upload more pics later.

That's it for now. Until later!

 

Friday, 3 June 2011

Stadige vordering en iets nuuts

Sjoe, wie sou kon dink dat tyd so vinnig verby vlieg!!! Dis al meer as 'n maand sedert my laaste blog inskrywing. Waarom is ek so stil...?

Wel, vir 'n week en 'n half was ek nie naby die internet nie, en die ander twee en 'n half weke het ek nie baie kwiltwerk gedoen nie. Dus het ek niks regtig om met julle te deel nie. Maar, om myself aan te moedig, het ek dit goed gedink om aan julle my (bietjie) vordering te toon.

Eerstens, hier is die kwiltwerk wat ek tot op hede op Manlief se kwilt gedoen het. 


Dit blyk of ek middelstuk te dig gekwilt het, maar ek gaan dit so los - dit pla my nie.



Die tweede ry het ek minder dig gekwilt, en dit lyk beter. Ek speel ook met twee kleure gare. Die ligter kruisies, kwilt ek met 'n ligter gare, en die blou kruisies, met 'n ligte blou gare. Ek hou van die effek, en hoop ook dit sal die kleurskema uitlig - soos ek dit patroon beplan het. (Indien ek julle nou heeltemal deurmekaar het, kyk HIER. Die middelstuk is lig, dan het dit 'n stel blou kruisies rondom, gevolg deur weer 'n stel ligter kruisies, en laastes weer 'n stel blou kruisies (squeare in the sqaure-effek)


Ek beter opskud as ek hierdie kwilt wil klaar hê vir Manlief se verjaarsdag oor 'n maand...!!!

My volgende appliek kussing se organsa laag is voorberei en reg om geborduur te word.


Die probleem met langtermyn projekte is...wel...dit raak vervelig en eentonig. Ek is versot op die kussings, en en is steeds van plan om al 12 patrone in die boek te doen, maar dit neem tyd. Ek begin wonder of ek my mikpunt (van nog 5 kussings vir hierdie jaar te maak) gaan bereik, as ek nog nie eers die eerste een vir die jaar klaar het nie.

Om my te inspireer, het ek my eie ontwerp gemaak...


...en ek is baie tevrede. Dis helder, en besig, en ek dink dit beeld uit wie ek nou is (op hierdie stadium van my lewe). Die ontwerp mag dalk "primitief" wees, maar 'n mens moet seker iewers begin. Ek meen, dit is my heel eerste ontwerp - met ander woorde geen ander patrone wat ek verwerk het nie, en/of geen prentjies wat ek gemanipuleer het nie! Alles met my eie hand geteken en met my eie brein uitgedink! Ek het die motivering vir die kleure gekry met die blou materiaal en al die kleure wat daarin versteek is. My doel was om die ander kleure (behalwe blou) uit te lig deur middel van die appliek en borduurwerk. Hierdie gaan natuurlik ook 'n kussing raak. Ek gaan wel kwiltwerk daarop doen, en dan die agterkant van die kussing-oortreksel aanwerk. Hoop om dit hierdie naweek te doen.

Dit blyk of ek nog baie het om te doen. Wat het julle beplan vir die naweek?

Tot later!

Ps. Die foto's is met die selfoon geneem - ons kamera is bietjie "out-of-order" vir die oomblik. Hoop die kwaliteit is nie te sleg nie.

Monday, 8 November 2010

Kerskwilt - KLAAR!!!

Dit is klaar, dit is klaar, tra la la la-la...!!!

Hier is my Kersfees kwilt tra la la la-la:
Dis seker nie so noemenswaardig nie, maar ek is baie trots op die werk wat ek op hierdie kwilt gedoen het. Siende dat ek skaars 'n rukkie terug ontdek het hoe om FMQ te doen op my masjien, dink ek die werk wat gedoen is, is baie goed. Ek het baie tyd gehad, siende dat ons nou 'n paar vakansie dae gehad het, en dat manlief vir 'n rukkie weg was met 'n besigheids-projek. So, ek het agter die masjien gaan sit, baie mooi met hom gepraat, en die volgende het uit die naald en gare verskyn tot op die kwilt:

Tussen die kleiner prentjies, het ek drie verskillende prentjies, in rooi, gekwilt. Die eerste een is die ster...


...tweedens is die Poinsettia...


 ...en derdens 'n stel klokkies (dink hulle is die moeilikste om raak te sien).


Rondom die middelstuk, het ek 'n kruiper met blare (probeer) kwilt, in groen...dink ek moet nog oefen aan die punte van die blare...dit lyk 'n bietjie rond :-)


(soos met al die ander, indien julle op die prentjies kliek, word die prentjie groter)

Dit voel vir my asof ek 'n berg uitgeklim het - ek het nie seer bene of longe sonder asem nie, maar die oorwinning van die klim! Wonder wat ek volgende kan kwilt...

Ek het tussen-in ook aan blok #4 van die Raggedy BOM gewerk.

Tot dusver, was hierdie my gunstelling een om te borduur.

My "Brown Bag" kwilt staan op die oomblik stil. Ek het nie genoeg blou nie, en moes dit aankoop...grrrr...Ek het so gehoop dat ek al die materiale kon gebruik, sonder om ekstra aan te koop, maar die "goeie fee" was nie aan my kant nie. Hopelik sal ek my pakkie blou materiaal binne die volgende twee weke of so kry.

Ek dink my masjien het so bietjie van 'n time-out verdien. Ek het 'n paar hand-werk projekte wat ek kan doen. Dink ook ek gaan dinge nou bietjie stadiger vat, maar nie heeltemal dood stop met my projekte nie. Net tot na Kersfees en Nuwe jaar, dan tel ek weer spoed op.

Tot volgende keer.

Ps. For those of you who do not understand Afrikaans, may I teach you something... The word "Kwilt" means "Quilt", and is pronounced the same. The Translator understands and translate the word "kwiltwerk" to "quilting", but it still gets confused with the word kwilt. Thus, everywhere you see the word kwilt, substitute it with the word quilted, or quilt (noun or verb)