Die foto's is op, en julle kan gaan ooohhh en aaahhh na die inskrywings. Bly op hoogte! Die kompetisie eindig 1 April, dus gaan die inskrywings nou begin instroom.
Hier is my projek - Whirlpool:
Ek het begin met hierdie materiale, gestuur deur Brenda van Quilting Along Life's Way . Die blou materiaal was die kleinste stuk, en die groen was die grootste. Ek het so gewerk dat ek die blou en rooi met sterre eerste opgebruik het. Daarna het ek die rooi-en-goud, en die groen verwerk.
Ek het besluit om 'n table runner te maak. Ek het nie soorgelyke of gepaste materiale in my stash gehad nie. Dus moes ek werk met wat ek het. Die reëls het gespesifiseer dat ons net een stuk nuwe materiaal mag aankoop, maar van enige lengte. Die materiaal wat ek by gekoop het, is die blou met die wit kolle, en slegs 1/2m daarvan.
Die top bestaan uit:
15 vierkante (middelstuk en buitekant)
24 kort stroke vir die middelstuk
28 lang stroke vir die buitekant
224 HST's (Half Square Triangles) verwerk na 112 vierkante vir die middelstuk.
Die kleinste vierkant se voltooide grootte is 3.8 cm / 1.5 inch
Die kleinste Half Square Triangle se voltooide hoogte is 2.8 cm / 1 inch
Beplanning het my omtrent 2 weke geneem. Die stikwerk, kwiltwerk en snywerk het...baie lank geneem.
Hier is 'n die middelstuk van nader bekyk. Die middelstuk is my eie ontwerp, terwyl die table runner-patroon van 'n bestaande patroon geneem is. Ek moes dit egter aanpas by die grootte van die middelstuk.
Die agterkant bestaan uit die oorblywende groen, rooi-en-goud en blou met kolle materiale, asook materiaal van my stash. Dus het ek al die materiale gebruik wat aan my gestuur is, asook van my stash gebruik.
Finale grootte is 163cm / 64 inch by 82.5 cm / 32.5 inch. Kwiltwerk is gedoen deur middel van Free Motion Quilting tegnieke.
Gaan kyk op Flickr vir die ander inskrywings.
Sterkte aan al die deelnemers!
Showing posts with label BBQC. Show all posts
Showing posts with label BBQC. Show all posts
Tuesday, 22 February 2011
Monday, 24 January 2011
Naaldwerk naweek
O, wat 'n lieflike naweek het ek beleef! Manlief het tyd met sy rekenaar spandeer, en ek het tyd spandeer agter die sny tafel en naaldwerkmasjien. Ek het so baie mikpunte bereik, dat ek besluit het om myself te bederf.
Ek het my Brown Bag Quilt voltooi. Daar is nou net die klein "tweaking" wat gedoen moet word. Ek wys vir julle die rugkant, vir eers. Die groen, donkerblou en rooi is al wat oorgebly het van die materiaal wat oorspronklik aan my gestuur is, en die bietjie wat ek moes by koop. Die blou met die prentjies op, pienk en wit is uit my "stash". Dus het ek al die moontlike bruikbare materiale gebruik vir hierdie kompetisie, asook 'n bietjie "stash busting" gedoen. Dis 'n wen-wen situasie vir my!
Daarna het ek aan die Raggedy Blokke 7 tot 9 gewerk, wat Donderdag vrygestel is. Hulle is almal vasgewerk, maar moet nog geborduur word. Blok 6 wag ook nog om geborduur te word. Ek het nog nie lank genoeg tyd gehad om te sit en borduurwerk te doen nie. Blyk my ek begin agter raak!
Hierdie was die heel eerste kwiltwerk projek wat ek gedoen het. Ek het 'n klas bygewoon, waar ons hierdie sak gemaak het. Hierdie sak bestaan uit 8 kleure. Die patroon is so dat jy enige iets van 2 kleure tot 72 kleure kan gebruik. Maar ek dink tog dat 2, 4 en 8 kleure vertoon die beste.
My ou sak is al twee jaar lank in diens, en dit begin te wys:

Na ek alles voltooi het, het ek besluit dis tyd om vir my 'n nuwe sak te maak. Hier is my ou sak:
Hierdie was die heel eerste kwiltwerk projek wat ek gedoen het. Ek het 'n klas bygewoon, waar ons hierdie sak gemaak het. Hierdie sak bestaan uit 8 kleure. Die patroon is so dat jy enige iets van 2 kleure tot 72 kleure kan gebruik. Maar ek dink tog dat 2, 4 en 8 kleure vertoon die beste.
My ou sak is al twee jaar lank in diens, en dit begin te wys:
Die handvatsels is al onherstelbaar;
en die buitekant het begin los skeur (al het ek dit voorheen herstel), en die kleure het begin verbleik a.g.v. die son.
Wat my betref, was dit tyd vir 'n nuwe een:
Ek het hierdie keer besluit om iets meer neutraal te maak. Ek het twee materiale gebruik. Die gekleurde materiaal het bruin, groen, goud en blou in. Dus is dit 'n two-tone/multi kleur skema. Ek neem my sak orals saam, selfs na kliënte toe. Dus moet ek altyd op my beste lyk. Ek glo hierdie sak pas in daardie "profiel".
Wel, dis my naweek. Hoe was jul naweek?
Groete vir eers!
Subscribe to:
Posts (Atom)