Showing posts with label Fabric. Show all posts
Showing posts with label Fabric. Show all posts

Tuesday, 4 January 2022

Back to Basics

Voorspoedige 2022 aan almal!

Die tyd het gekom en gegaan. My tyd vir kreatief wees was redelik beperk, maar waar ek kon het ek 'n bietjie naaldwerk gedoen, hetsy met die hand of op die masjien.

Dit is egter nou 'n nuwe jaar, vol beloftes vir 'n nuwe begin, so die sny area is skoongemaak en reg om projekte aan te pak.

Wishing you all a prosperous 2022!

Time has sped by. My time for being creative was on the short side, but where I could I did do some sewing, either by hand or machine.

However, it is a new year with promises of new beginnings, so I cleaned up my cutting area and it is now ready to tackle projects.

 

Die fout wat ek nader aan die einde van die jaar gemaak het, is dat ek te veel projekte op een slag wou aanpak en voltooi. Dit het natuurlik gelei tot 'n oorweldigende hoeveelheid werk, bo-op als wat ek reeds moes beheer en bestuur. Ek het dus besluit om dinge bietjie stadiger te vat, en die proses van die kwilt- en naaldwerk weer te geniet. 

Die eerste projekte waaraan ek gaan werk is:

- My Ma se Redwork Blomme

- My 2de baadjie

Dis die projekte wat op die oomblik my aandag die lankste hou, so ek sal aan hulle werk. Ek hoop om die baadjie klaar te maak voor die seisoen begin draai. Die Redwork sal 'n deurlopende projek wees.

Ander projekte wat ek aan aandag wil gee (ek wil nie aan meer as 2 projekte op 'n slag werk nie)

- My 3rde baadjie

- Dear Jane

- Die (langdradige) Kersfees borduur kwilt

- Die kinders se memory quilts met hul baba klere

- 3 Kruisiesteek projekte 

The mistake I made closer to the end of the year, was to try and do/complete more than enough of projects at a single time. This lead to me being overwhelmed, over and above all the other things I had to manage and handle. So I have decided to take things slower and to enjoy the process of sewing and quilting again.

The current projects that I want to work on first is:

- My 2nd Quilted Jacket

- My Mom's Redwork Flowers

I want to try and finish the jacket before the seasons start to change. The Redwork will be a continuous project.

Other projects I want to work on (I don't want to take on more than 2 projects at a time) are:

- My 3rd Jacket

- Dear Jane

- The (getting very old now) Christmas Embroidery Quilt

- The kids' memory quilts made from their baby clothes

- 3 Cross Stitch projects

 

 

Die laaste projek wat ek voltooi het, was 'n klok-broek, gemaak uit denims wat ek by ons 2de handse winkel gekoop het. Ek moet nog foto's neem, dus is 'n blog inskrywing daarvoor oppad.

Ek hoop julle sien uit na die jaar wat voorlê en die projekte wat julle beplan.

 Tot later!

The last project I worked on was a bell-bottom pants, made from denims from our local thrift shop. I still need to take pictures, so a blog post for that is on it's way.

I hope you are looking forward to the year ahead and the projects that you are planning.

Until later!

Tuesday, 31 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 2

In my vorige blog post het ek verduidelik waarom ek besluit het om 'n gekwilte baadjie te maak, en wat die materiaal was wat ek gekies het daarvoor. Ek het ook al die snywerk gedoen. Nou is dit tyd om als aanmekaar te sit.

In my previous blog post I explained why I decided to make a quilted jacket and what fabrics I was using. I also completed all the cutting. Now it is time to put everything together.


Ek het eers die rug se NYB blokke gemaak, gevolg deur die moue. Dit is die enigste volledige NYB blokke in die baadjie. Daarna het ek aan die boë gewerk en laastens die lappel. Ek het vele uitlegte eers probeer voordat ek als aanmekaar begin stik het.

Al die gekleurde dele is aan die silwer geappliek, en sommer terselfdertyd 'n bietjie impromptu hand-kwiltwerk is gedoen, Ek het die batting aan die silwer materiaal geryg en toe die baadjie, uitgesluit die moue, aanmekaar gesit. Daarna het ek die gekleurde stukke op geappliek, deur beide die silwer laag en die batting. Laastens het ek sakke ingewerk. Dis 'n bietjie nou, maar my foon pas perfek daarin.

I completed the NYB blocks on the back first, followed by sleeves. Those are the only full NYB blocks in the jacket. After that I made all the coloured arches, and lastly the front. I tried many layouts first, before I started stitching everything together.

All the coloured pieces are appliqued unto the silver fabric, and some impromptu quilting was also done in the process. I basted the batting to the silver fabric, and constructed the jacket first (except the sleeves). Then I appliqued the coloured pieces, taking the thread through both the silver layer and the batting. Lastely I added some pockets. It is a bit narrow, but my phone fits perfectly.

Hier is die moue nadat ek die groen vasgeheg het. Dit wys die kwiltwerk. / Here are the sleeves, after I attached the green. It shows the quilting.



Die voering is orige materiaal van 'n vorige kwilt. Ek wou oorspronklik 'n ligter kleur gebruik het, maar die nate het deurgeskyn, dus het ek op die donkerder kleur besluit (want dis al ander materiaal wat genoegsaam was vir die voering ;) )

The lining was cut from left over fabric from a previous quilt. Originally I wanted to use a lighter colour, but the seems showed through the fabric, so I decided on the darker fabric instead (mostly because it was the only other fabric that I had enough of to make the lining ;) )

Nadat als aanmekaar gewerk is, en die ritssluiter aangeheg is, het ek besluit om versiersteke te gebruik eerder as die gewone reguitlyn, vir die "top stitching" Die moue s'n het perfek uitgekom, maar ek dink egter ek moes grys gare gebruik het vir die kraag en onderlyf se stikwerk, eerder as swart...

After everything was stitched together, and the zipper was added, I decided to use some decorative stitches for the top stitching, instead of the normal straight line stitching. The sleeves came out perfectly, but in hindsight, I should have used grey thread instead of black, for the collar and the bottom stitching.




 

Geen nuwe uitrusting is volledig sonder 'n bypassende masker nie!!! 

Nou, die "photo finish"

No new outfit is complete without a matching mask!!! 

Now, the photo finish.

 





Ek het dit baie geniet om die baadjie te maak. Inteendeel, ek maak nog 2 baadjies...Ek sal dit wys soos die projekte vorder. Die baadjie is baie sagter en snoesiger as was ek oorspronklik gedink het dit sou wees. Ek is mal daaroor!

Tot later!

I really enjoyed making the jacket. In fact, I am making 2 more...I shall show them as the projects progresses. The jacket is a lot softer and cozier than I expected. I love it!

Until later!

Wednesday, 25 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 1

(Om te verhoed dat hierdie blog inskrywing te lank raak, gaan ek dit in 2 dele publiseer /

I will be posting this in 2 parts, to avoid making one very long blog post.)

 

Die laaste 2 maande was vet pret - ek was beslis in my "happy place".

Ek kyk gereeld na YouTube videos oor mense wat historiese kledingstukke maak vir moderne alledaagse gebruik. Ek geniet dit en vind inspirasie daarin om die tegnieke te sien wat hulle gebruik in hul konstruksie van die kledingstukke.

Saam met dit was ek opsoek na 'n baie spesifieke trui wat ek tot op hede nog nie in die hande kan kry nie. So gebeur dit dan een aand terwyl ek aan my DJ blokke werk, dat die perfekte oplossing vir my tref: maak eerder my eie (gekwilte) baadjie! 

The last 2 months have been fun - I was definitely in my "happy place"

I enjoy watching YouTube videos about people making historical clothing for modern everyday use. I enjoy watching and find inspiration in the techniques that they use when constructing the garments.

With that, I was looking for a cardigan, which I have not found to date. So one night, while working on my DJ blocks, the perfect solution hit me: make my own (quilted) jacket instead!

En hier is dit! / And here it is!

Ek het baie staat gemaak op die inligting van die YouTube videos aangesien ek nog nooit 'n kledingstuk vir myself (of enige iemand anders) gemaak het nie. Ek 'n patroon opgetrek deur 'n bestaande baadjie in my kas te gebruik om die patroon op te basseer. Ek het ook die patroon met 1.5" vergroot, om spasie te skep vir 2 lae materiaal en die "batting" tussen-in. Dit het my 'n rukkie gevat om die patroon te kry tot op 'n punt waar ek gelukkig was, gevolg deur die pret van materiale kies.

I counted on the information I gathered from the YouTube videos, since I have never made a piece of clothing for myself (or anyone else for that matter). I used an existing jacket in my closet to draft a pattern. I enlarged the pattern by 1.5" to accommodate for 2 layers of fabric and batting in between. It took me a while to get the pattern to a point where I felt happy with it, followed by the fun of choosing fabrics.

Die silwer materiaal het ek jare gelede gekoop en gewag vir die "perfekte projek" daarvoor. Ek het stukkies al gebruik in vorige projekte, maar nooit gevoel dat die materiaal geskik is vir daardie spesifieke projek nie. Dus het ek dit uitgetrek en besluit my baadjie is die perfekte projek vir die materiaal. Die ander kleure is oorskied materiaal van vorige projekte.

I bought the silver fabric many years ago, keeping it for that "perfect project". I did use small pieces of it in other projects, but never felt that the fabric was meant for those projects. This time, I pulled it out and decided that my jacket will be the perfect project for the fabric. The other colours are leftover fabric from previous projects.

 
Ek het besluit op driehoeke en NYB blokke vir die baadjie. Die snywerk het my vir lank besig gehou, want ek wou alles op een slag klaar sny.
 
I decided on triangles and NYB blocks for the jacket. Cutting took me some time since I wanted to do all the cutting in one go.
 
 
Dis wat oorgebly het van +-2.5 meter se matriaal, nadat ek die baadjie se panele uitgesny het.
 
This is what was left over from +- 2.5 meter of fabric, after I cut all the panels for the jacket.

 
Dis wat oorgebly het nadat ek alles uitgesny het.
 
This is what was left over after I cut everything.
 
In die volgende blog post, sal ek die patroon en die finale resultaat vir julle wys.
 
Tot later!

I will show you the pattern and the final result in the next blog post.

See you later!

Thursday, 3 June 2021

Nuwer projekte en pret

Verlede jaar het ek vir 'n familielid gevra om 'n lys te maak van haar gunstelling blomme. Die idee is om te kyk of ek dit kan borduur. Ek het besluit ek gaan al die borduurwerk in rooi doen - dus "Redwork". Anders as my DJ projek - waar elke blok redelik baie voorbereiding vereis - wil ek net iets hê wat ek tussen-in net kan "optel en neersit" soos die tyd beskikbaar is. Hierdie is dan die twee stukke wat ek reeds gemaak het. Die blokke is 6.5" x 6.5", en die borduurwerk probeer ek by 5" x 5" hou. Net om die blok bietjie op te kikker, sit ek kraaletjies ook in die stukke, net so hier en daar.

Last year I asked a family member to list me her favourite flowers. The idea is to embroider them. I decided to do it in Redwork. Where the DJ blocks take a lot of prep-work, I wanted something that I can just "pick up and put down" as the time allows. Here then is two blocks that I have already made. The blocks are 6.5" x 6.5" and the embroidery I try to keep to 5" x 5". To jazz up the block, I am adding some beads, just here and there.


Saam met dit wil ek graag 'n kwilt maak wat ek oor ons sitkamerbank kan gooi. Ek het gereken dat die beste sal wees om dit uit my afvallappies te maak, eerder as om nou ten duurste materiaal te koop. So het ek dus nou begin om my afvallappies te sny, maar het baie min stukke wat 2.5" of groter gesny kan word. Ek het egter baie 1.5" en 1" stukkies...En toe begin ek speel...

Ek het die 1.5" stukkies geneem en uitgepak, sodat ek 'n voltooide blok van 8" x 8" kon maak (dus 64 blokkies) en toe verder my patroon gevolg en vir my nuwe laslappie maskers gemaak. Ek het op daardie stadium genoegsame stukkies gehad om 2 maskers te maak. Daar is nog baie afvallappies om op te sny, so ek verwag dat daar genoeg materiaal stukkies gaan wees vir nog maskers.

While I am doing that, I also want to make quilt to throw on our sofa. I reckoned that it would be best if I use my scraps to make the quilt, rather than buy new fabric. So I started cutting up my scraps and so far I don't have a lot of 2.5" or bigger pieces. I do have a lot of 1.5" and 1" pieces...And then I started to play...

I used the 1.5" pieces and laid them out to make a completed block of 8" x 8" (thus 64 pieces) and from there I followed the pattern to make my new patchwork masks. I ended up having enough pieces to make two masks. There are still a lot of scraps to cut, so I foresee a lot more pieces for masks.

 



 
Is daar enige projekte wat julle net vir die pret doen?

Tot later!

Is there any projects you are doing, just for fun?

See you later!




Friday, 10 July 2020

Dans rompie

My Dogtertjie het onlangs begin danslesse neem. Sy moet onder andere 'n dans uniform dra, wat bestaan uit 'n ballet leotard en 'n tutu. Dit was 'n nagmerrie om dit in die hande te kry, maar ons het uiteindelik 'n tweedehandse stel kon kry. Saam met dit het ek na ons "Charity shop" toe gegaan en ek kon daar 'n leotard kry en 'n ander kledingstuk met 'n kant rompie, wat ek gekoop het om die kant te gebruik en dan 'n tutu vir haar te maak.

DD started dancing lessons recently. She has to wear a uniform, consisting out of a ballet leotard and a tutu. It was a nightmare to get hold of the uniform, but at last we do have one, albeit second hand. I also went to our thrift store and found another leotard and a dress with a net skirt, which I bought to use the net for a tutu.

 
Ek het die romp losgemaak van die hempie en toe verder die kant losgemaak van die onderrok. Die kant was in 3 stroke vasgewerk en ek moes elke strook apart lostorring. In die foto het ek die 3 stroke begin pas om te kyk hoe ek als weer aanmekaar kan sit. Die rek het ek gelukkig reeds gehad.

I removed the skirt from the shirt and further removed the netting from the petty coat. The netting was sewn in 3 strips so I removed each strip separately. In the photo I have started sizing up the netting to see how I could sew it all back together again. I had the elastic at home already.


Dit het my 3 probeerslae gekos voor ek die rekband ordentlik kon vasstik. (Ek doen laslappies en  kwiltwerk, nie kostuums nie LOL) Ek het die onderrok geneem, 'n breë strook uitgesny en met die 3rde probeerslag eers vasgestik en toe die rek deur gereig. Die vorige 2 probeerslae was die strook wat ek gesny het te smal gewees.

It took me 3 tries before I got the waistband right. (I am used to  patchwork and quilting, not costumes LOL). I took the petty coat and cut a wide strip from it, stitched it together and on the final try managed to get the elastic band through. The previous 2 turns I cut the strip to narrow.


Daarna het ek die 3 stroke kant geneem en hulle aangemaar vasgewerk en dit toe alles aan die rekband vasgewerk. Nou dat ek terugdink...volgende keer moet ek alles eers aanmekaar werk en laastens die rek inwerk...

Then I sewed the 3 strips of netting together and attached all of that to the waistband. In retrospect...next time I will first sew everything together and then add the elastic band in last...
 

Nou het Sussie nog 'n rompie om in te dans!

Now DD has another skirt to dance in!

Friday, 31 January 2020

Dear Jane Materiale

Oorspronklik wou ek by die "sew along" se maadelikse materiaal pakkies gebly het, soos ek dit ontvang het vir elke spesifieke maand, vanaf die BOM program. Maar ek het begin besef dat ek sekere materiale eerder vir ander blokke wil gebruik, wat nie noodwendig in daardie maand se pakkie val nie. Dus het ek van strategie verander en het al die materiale in kleurgroepe geplaas. Dit het my ook 'n beter idee gegee van wat beskikbaar is.

Originally I wanted to stay within the sew along monthly packages, as I received them from the BOM program. But I have now realised that there are some fabrics that suits other blocks better, which doesn't necessarily fall within that particular month's package. So I have changed strategy and have grouped the fabrics by colour. This also gives me a better idea of what is available.

Terwyl ek die materiale gesorteer het, het ek sommer foto's geneem en die materiale getel. In die betrokke kleurgroepe, staan die saak soos volg:
- Rooi 22 Lappe plus 1 duplikaat
- Oranje 11 Lappe plus 2 duplikate
- Geel 17 Lappe plus 2 duplikate
- Groen 44 Lappe plus 5 duplikate
- Blou 39 Lappe plus 7 duplikate
- Pienk 33 Lappe plus 1 duplikaat
- Pers 20 Lappe plus 3 duplikate
- Totaal van 207 Lappe (uitgesluit die wit materiaal)

While I was sorting the fabrics, I took photos and counted the pieces. In the colour groups, this is where I stand:
- Red 22 Pieces plus 1 duplicate
- Orange 11 Pieces plus 2 duplicates
- Yellow 17 Pieces plus 2 duplicates
- Green 44 Pieces plus 5 duplicates
- Blue 39 Pieces plus 7 duplicates
- Pink 33 Pieces plus 1 duplicate
- Purple 20 Pieces plus 3 duplicates
- Total of 207 Pieces (excluding the white fabric)


Ek is nie seker waarom ek so baie groen en blou materiaal het en so min oranje nie. Ek sou ook dink dat om 225 blokke en driehoeke te maak, gaan ek 225 stukke lap benodig...bygesê dit is fat 8's so daar is genoeg materiaal vir 2 blokke, afhangende van die patroon.

I am not sure why I have so many green and blue fabric and so little orange. I also would have thought that to make 225 blocks and triangles, I would need 225 pieces of fabric...mind you, it is fat 8's, so you can make 2 patterns from one piece of fabric, depending on the pattern.


Hierdie is die wit/agtergrond materiaal. Die groen/bruin materiaal aan die onderkant, wil ek vir die rugkant en dalk die omboorsel gebruik.

This is the white/background fabric. The green/brown fabric at the bottom is what I want to use for the backing and binding.

Tuesday, 10 December 2019

Impromptu kwilt

Ek het nog 2 DJ blokke om vir julle te wys. Beide hierdie blokke lyk nie heeltemal soos die blokke in die oorspronklike kwilt nie. Ek dink die skrywer het die patroon aangepas. Ek het nog sulke blokke teëgekom, en het besluit om daardie blokke soos diè in die kwilt te laat lyk, eerder as om die patroon in die boek te volg.

I have 2 more DJ blocks to show you. Both these blocks doesn't look exactly like those in the original quilt. I think the author adapted the patterns. I had more blocks like that, and decided to replicate those blocks in the quilt, rather than follow the pattern in the book.



Na hierdie 2 blokke voltooi is, het ek nie meer gedrukte patrone gehad nie. Intussen vra Boetie die heeltyd nog vir 'n kombers, sedert ek my DJ begin het. Ek gryp toe 'n materiaal pakkie, wat ek as geskenk by iemand gekry het, en die pakkie het 'n gratis patroon by. Ek besluit toe om die patroon vir hom te maak...

After these 2 blocks were finished, I didn't have any more printed patterns. In the meantime DS has been asking me for a "blanket" ever since I started my DJ. I grabbed a fabric pack, which I received as a gift, and in this packet was a free pattern. So I decided to make this for him.


Dis die patroon wat saam met die materiaalpakkie gekom het. Dis 'n maklike en vinnige patroon. / This is the pattern that came with the fabric pack. This is an easy and quick pattern.


Hierdie is die materiaal wat in die pakkie gekom het. 20 verskillende lappies, elkeen herhaal om 'n totaal van 40 10" lappies te maak. /
This is the fabric that came in the packet. 20 different pieces, each repeating to make a total of 40 10" pieces.


Die voltooide bokant. Die randstrook is nie deel van die patroon nie. Ek het dit bygewoeg sodat Boetie darem 'n jaar of twee lank die kwilt kan gebruik ;) Die bokant is ongeveer 158cm x 158cm /
The finished quilt top. The border is not part of the pattern. I added it so that DS can have at least an extra year or two's worth of use from the quilt ;) The top is about 62.5" x 62.5".

Nou moet ek wag vir watte-ersel en die rugkant. Terug na DJ... Tot later!

Now I need to wait for batting and backing fabric. Back to DJ... Until later!

Monday, 7 October 2019

Borduur kwilt en Dear Jane

Ek het stadig aan begin vordering maak met my borduur kwilt, totdat daar 'n klein ongelukkie gebeur het. Dit het iets te doen met 'n rooi sak wat nat geword het en kleur uitgeloop het. Hierdie rooi sak is toe bo-op my borduurstuk geplaas en die kleur het oorgeloop tot op die borduurstuk. Noodeloos om te sê wat was baie ongelukkig toe ek dit ontdek. Gelukkig wel, is dat ek kon die vlekke feitlik uithaal. Dis 95% weg, en as jy weet waarvoor om te kyk, sal jy dit kan sien. Andersins is dit goed genoeg om nie 'n ramp te wees nie. Ek het al die "halo's" van die engele klaar, en die vlerke van nog 2 engele klaar (jammer, geen foto daarvan nie).

I started making some progress on the embroidery quilt, when a mishap happened. It involves a red bag getting wet and begin placed on top of my embroidery piece. It then so happened that the red started running...It goes without saying that I was very upset when I discovered it. Luckily, I did manage to mostly make the stain go away. It is about 95% vanished, and if you know where to look, you might find it. But I am satisfied that it isn't a disaster anymore. I have after that completed all the halos of the angles and I finished 2 angles' wings (sorry, no photo of that)

Voor ek die borduurstuk begin was het / Before I started washing the piece

Terwyl ek na die soveelste was vir die borduurstuk gewag het om droog te word, het ek aan 'n ander stuk gewerk. Dit het my darem so bietjie beter laat voel en die emosies gesus :)

While I was waiting for the embroidery piece to dry, after the so-many-th was, I decided to work on another piece. It did calm the emotions a bit and I soon felt better :)


My gedagtes het egter gou begin draai na die "boks in die hoek" met al my Dear Jane materiale in, en vir die laaste paar dae het ek daaraan begin werk. Die plan is om alles wat ek met die masjien eers kan vaswerk, te verwerk en dan oor te gaan na die "foundation piecing" en appliek. Dusvêr het ek 12 blokke klaar. Daar is geen kleurplan nie, ek maak dit behoorlik "scrappy".

My mind kept wandering to the "box in the corner" lately, with all my Dear Jane fabrics in. And so I have started working on those. The plan is to first finish all the machine piecing pieces, then move over to foundation piecing and applique. So far I have finished 12 blocks. There is no colour placement plan. It is all scrappy.


Aan watter opwindende projekte werk julle?

On which exciting projects are you working on?