Showing posts with label Gifts. Show all posts
Showing posts with label Gifts. Show all posts

Sunday, 23 September 2018

Moses Rombayi wil 'n borduurmasjien he - kom ons help hom!

Ek het vanoggend op Moses Rombayi se storie afgekom. Hy net nou wel 'n tragiese geskiedenis, maar hy sit nie en sulk nie. Hy werk met sy hande en maak die oulikste speelgoed. Sy droom is om speelgoed reg oor die wereld te stuur. Ek gee nie om, om vir so 'n persoon te ondersteun nie. Kom ons almal help Moses om sy naaldwerkmasjiene te kan bekostig. Hy werk hard genoeg daarvoor!

Hier is die skakel na sy gofundme bladsy: gf.me/u/md3kvj

I came across Moses Rombayi's story this morning. Although he has a tragic history, he is not sitting and sulking. He is working with his hands and is making very cute toys. His dream is to send toys all over the world. I don't mind supporting such a person. Let's all pitch in and help Moses buy his machines. He is working hard enough for that!

Click on this link: gf.me/u/md3kvj

Thursday, 12 February 2015

Sommer 'n klomp goed

My kwiltwerk op Broer 2 se kwilt vorder redelik goed. Ek het nou die medalje-gedeelte klaar en het net die randstroke oor om te kwilt. Daarvoor moet ek eers die kwiltpatroon op die kwilt/materiaal merk.

My quilting on Brother 2's quilt is coming along well. I have finished quilting the medallion and have only the borders still to quilt. For that I first need to draw the quilting pattern onto the quilt/fabric.


Ek het 'n blaaskans van die kwilt nodig gehad. Ek het dit egter nie besef nie, totdat 'n tydskrif my aandag getrek het verlede naweek. Dis 'n "stitchery" tydskrif, so ek kyk hulle gewoonlik mis. Maar hierdie keer was daar 'n kit bygewees en dis die kit wat my aandag getrek het

I needed a break from the quilt. However, I didn't realise it until  a magazine caught my attention last weekend. It is a stitchery magazine, so normally I look right pass them. But this time there was a kit with the magazine and it is this kit that caught my eye.


Ek het op laerskool laas kruissteek gedoen, so ek was opgewonde en angstig op dieselfde tyd. Teen die einde van Sondagaand het ek al 'n hele paar steke op die gaas gehad en 5 dae later is die eerste van die twee items klaar! Ek het met die skêr-gelukbringertjie (is dit die regte woord?) eerste begin, omdat dit die makliker projek is.

The last time I did cross stitching was in primary school, so I was excited and anxious at the same time. By Sunday night I had a few stitches on the aida and 5 days later I had the first item done! I decided to make the scissor fob first, because it was the easier project.

Vordering teen Sondagaand / Progress by Sunday night
Die agterkant / The back

Kant en klaar / Finished

Die volgende item is natuurlik die skêr houertjie, maar dit gaan my 'n rukkie neem. Ek sal maar tussen-deur die kwiltwerk daaraan aandag gee, anders gaan die kwilt nooit klaarkom nie.

The next item is off course the scissor keeper, but that might take me some time. I will work on it in-between the quilting, otherwise the quilt will never be finished.

Laastens, ek het 'n lieflike, geborduurde handdoek ontvang vanaf my vriendin Dilene, asook 'n kombers vir my seuntjie wat sy self gemaak het. Ek weet nie van julle nie, maar ek is dol daaroor om (aangename) verrassings in die pos te kry en hierdie was beslis 'n aangename verrassing.

Lastly, I received a lovely embroidered towel from my friend Dilene, as well a blanket for my son which she also made herself. I don't know about you, but I love getting (pleasant) surprises in the mail and this was indeed a pleasant surprise.

Die borduurwerk op die handdoek / Emboridery on the towel

 
Naby foto vir die detail / Close up for the detail

Boetie se kombers / DS's blanket

Dis wonderlik om kreatiewe vriendinne te hê. Dankie Dilene! Jy het my dag gemaak!

It is wonderful to have creative friends. Thanks Dilene! You made my day!


Friday, 9 August 2013

Wat 'n verrassing!

Ek weet nie van julle nie, maar ek is mal daaroor om geskenke te ontvang. Of dit nou 'n sjokolade is en of dit iets baie duur of persoonlik is, 'n geskenk kom uit die hart uit en daarom waardeer ek dit ten seerste. Dus is dit geen verrassing om beskryf dat ek byna in trane uitgebars het toe Manlief gister met hierdie kosbare geskenk by die huis aankom nie...

I don't know about you, but I love receiving gifts. Whether it is a chocolate or something expensive or personal, a gift is from the heart and I appreciate it greatly. Thus, it won't be a surprise to note that I nearly burst out in tears when Hubby arrived home with this treasure yesterday...




Wat ek kon uitvind is dat hierdie dame is in 1963 vervaardig in Taiwan. Maar ek sukkel om die presiese model te kry. Sover my kennis strek is hierdie 'n model "15", maar ek verstaan ook dat daar verskei weergawes van model "15" vervaardig is. Hier is 'n paar ekstra foto's. Indien enige van julle weet presies watter model dit is, sal ek dit waardeer. Dit sal my help om die korrekte handleiding op te spoor.

What I could gather is that this lady was produced in 1963 in Taiwan. I am, however, struggling to confirm which model it is. As far as my knowledge goes, it is a model "15", but I also understand that there are various model "15"s. Here are a few additional photos. I would appreciate it if any of you can indicate which exact model this is. It will help me to find the correct manual for the machine.

Die masjien het 'n tru-rat / The machine has a reverse gear

 
Produksie nommer / Serial number

 
'n Onbekende nommer 5.14 / An unknown number 5.14
 
Ek is nie seker waarvoor die skroef in die middel is nie, en kon ook nog nie ander foto's kry wat dieselfde skroef het nie. Ek is dus nie seker of dit oorspronklik deel was van die masjien nie / I am not sure what the screw in the middle is for and I couldn't find any other photos with the same screw. I am thus not sure if it was part of the original machine.
 
Die spoeletjie is in 'n vertikale posisie. Meeste foto's wat ek kon kry wys 'n horisontale posisie. / The bobbin chamber is vertical. Most pictures I could find had a horizontal bobbin chamber.

Hoe dit okal sy, ek is in die wolke oor my geskenk. Dit het dalk 'n bietjie aandag nodig, maar ek gaan beslis hierdie masjien nie ignoreer nie. 

Tot later!

Which ever way, I am extremely happy about my gift. It does require a bit of TLC, but I will definitely not ignore this machine.

Until later!

Sunday, 13 January 2013

Hallooo!!!

Die fees seisoen is nou weer iets van die verlede, almal is terug werk toe en die "rat race" het weer begin. Hier by ons is dit ook die geval. Maar, hier is 'n paar goedjies wat gebeur het terwyl ons almal heerlike fees gevier het:

The festive season is now again something of the past, everybody is back at work and the "rat race" started all over. Here it is also the case. But, here is a few things that happened while we were all celebrating in the festivities:

Ek het vir Manlief vir Kersfees 'n "fleece" Pikkewyn gemaak. Ek het die patroon uit 'n tydskrif gekry. Manlief is tans pikkewyn-mal en hierdie was die perfekte geskenk aan hom.

I made a fleece penguin for Hubby for Christmas. I found the pattern in a magazine. Hubby is currently penguin crazy, so this was the perfect gift for him.



Gepraat van Kersfees, ek het hierdie jaar besluit om nog 'n kerskwilt te maak. Aangesien ek hierdie wil kwilt wanneer ek daarvoor kans sien en nie omdat ek moet nie, begin ek sommer nou. Mens weet nooit hoeveel tyd ek gaan hê nie. Die kwilt bestaan uit borduurwerk en bietjie stikwerk. Ek het hierdie patroon ook uit 'n tydskrif gekry.

Speaking of Christmas, I decided to make another Christmas quilt this year. Since I want to quilt this year as I feel like it and not because I must, I decided to start now. Nobody knows how much time I will have to spend on quilting this year. I also got this pattern from a magazine.



Die prentjie is op Muslin afgetrek en sodra ek al die borduurgare het, sal ek aan die werk spring hiermee. Hierdie is ook die eerste blok van 12.

The picture is traced unto Muslin and as soos as I have all the embroidery thread, I will start working on this one. This is also the first block of 12.

Ons het dan ook Nuwejaar met 'n groot "bang" begin. Op 3 Januarie het Sikloon Dumile verby ons gegaan. Die sikloon het ons suster eiland - Reunion - ten volle getref, maar het 300km Wes van ons verby gegaan. Afgesien daarvan het ons rowwe winde en reën gehad. Dit was wel 'n kategorie 1 sikloon, maar dit gee jou 'n idee van wat Moeder Natuur kan doen.

We started the New Year with a big "bang". On 3 January, Cyclone Dumile passed us by on the West. The cyclone hit our sister island - Reunion - full on, but only passed us at about 300km away. Despite that, we had some strong winds and rain. Although is was only a category 1 cyclone, it does give you the idea of what Mother Nature can do.



As 'n mens in ag neem dat ons nie gewoonlik branders kry nie, a.g.v. die koraal rif rondom die eiland, is hierdie branders ongelooflik. Julle kan dan ook die idee van die wind kry in die tweede foto.

If you keep in mind that we don't normally get waves, due to the coral reef around the island, than these are amazing! You can get the idea of the wind in the second photo.

Dis al vir nou. Groete!

That is all for now. Regards!

Sunday, 11 November 2012

Geskenke

Ons was vir 'n baie kort besoek in Suid-Afrika gewees, waar ons 2 troues bygewoon het, en natuurlik 'n blits besoek aan die familie gemaak het. Tydens ons besoek, het ek die geleentheid gehad om Broer 1 se kwilt aan hom te oorhandig. Noodloos om te sê dat hy was baie opgewonde daaroor, en het reeds beplan wanneer en waar hy dit gaan gebruik :)

We were for a short visit in South Africa, where we attended 2 weddings and of course a quick visit to the family. During our visit, I had the opportunity to present Brother 1 with his quilt. Needless to say that he was very excited and already planned when and where to use the quilt :)


Ook, tydens ons besoek, het ek die voorreg gehad om 'n mede-blogger te besoek. Ek het Karin se blog Beary Quilts ontdek op Quilting Bloggers. Min het ek geweet dat Karin baie naby aan ons familie bly, en ons het afgespreek om mekaar te ontmoet. Sy was so gaaf om 'n oulike sakkie vir my te maak. Julle kan die volle verhaal lees op haar blog. Nogmaals baie dankie, Karin, vir hierdie geskenkie. Jy is baie dierbaar!

Also, during our visit, I had the privilege of visiting a fellow blogger. I discovered Karin's blog Beary Quilts on Quilting Bloggers. I never thought that Karin would live so close to our family, and a visit was in order. She  made this cute pouch for me. You can read all about it on her blog. Again, thank you Karin for this gift. You are a dear!


Laastens, vandag het ek uitgesit om verder aan my Bloggers BOM kwilt te werk, maar ek het eerder in 'n tydskrif rondgeblaai en 'n oulike idee vir 'n geskenk gesien. Ek het bietjie gesukkel, en het die heel dag geneem om die selfoon sakkie te maak. Dis veronderstel om aan iemand te gaan wat binne-kort vertrek op vakansie, maar ek dink ek sal dit moet oordoen, want ek is nie baie tevrede met die eindresultaat nie. Dis goed vir myself, maar nie as ek dit wil weggee nie. Die patroon het ek in die Australian Homespun tydskrif (Vol 12.12- Summer Issue) gesien. Ek het egter 'n knopie aangewerk, waar die patroon vir 'n knippie voorsiening maak.

Lastly, I had put today aside to continue working on my Bloggers BOM quilt. However, I paged through a magazine and saw this cute idea for a gift. I had some trouble with it, and it took me the whole day to make this cellphone bag. It is suppose to go to someone who is leaving for holiday, but I think I will have to redo it, as I am not very satisfied with it. It is o.k. for me, but not if I want to give it so someone. I saw the pattern in the Australian Homespun magazine (Vol. 12.12 - The Summer Issue). I, however, added a button where the pattern provided for a snap fastener.


Tot volgende keer!

Until later!

Friday, 2 November 2012

Frienship Mini Quilt Swap

In September het ek deelgeneem aan 'n mini kwilt uitruiling. Dit was 'n geheime uitruiling, en dus kon ek nie veel daaroor blog nie, tot nou toe.

In September I took part in a mini quilt swap. It was a secret swap, thus I couldn't say much about it, until now.

Ons het almal 'n borduurwerk patroon gekry om te maak, en ons kon 'n kwilt daarmee skep. Die enigste vereistes was dat die kwilt moet 'n sekere grootte wees, en dat die borduurwerk daarin moet wees. Verder kon ons ons kreatiwiteit laat seevier.

We all received a stitchery and we had to make a quilt with it. The only requirements were that it had to be within a certain size and that the stitchery had to feature. Otherwise, we could set our creativity free.

Hier is my weergawe van die kwilt. Ek het met die "tuin" idee gebly en blomme ge-appliek met organza (soos met die kussings wat ek maak). My kwilt het aan Michele Foster van Quilting Gallery gegaan. Sy is ook die organiseerder van die uitruiling. (Dankie Michele vir jou insette en 'n wonderlike projek).

Here is my version of the quilt. I stayed with the "garden" idea and appliqued some flowers with organza (just like with my pillows). My quilt went to Michele Foster from Quilting Gallery. She is also the organizer of the swap. (Thank you Michele for your input and a wonderful project.)


 My "spook" was Benita Gustavsoon uit Swede. Sy het hierdie pragtige rooi-werk weergawe gemaak. Sy het ook die oulike skinkbord met Dalaperde gestuur. Baie dankie Benita. Die kwilt en skinkbord gaan baie geniet en waardeer word.

My "secret partner" was Benita Gustavsson from Sweden. She made this lovely redwork version. She also send me this cute tray with Dala horses. Thank you very much Benita. The quilt and tray will be enjoyed and appreciated.



Ek sal graag weer in so 'n uitruiling wil deelneem, wanneer die tyd en geleentheid dit toelaat.
Groete vir eers!

I would like to take part in another swap like this, when the time and opportunity allows it.
Regards for now!

Thursday, 18 October 2012

Kussingslope

Na gister se inskrywing, moes ek net iets doen om myself beter te laat voel omtrent my kwiltwerk. Ek besluit toe om twee kussingslope te maak van die orige materiale van die kwilt. Ek het hierdie patroon gebruik

http://quilting.about.com/od/quiltpatternsprojects/ss/easy-pillowcase-pattern.htm

maar het dit bietjie aangepas. Dit is 'n vinnige en eenvoudige patroon.

After yesterday's post, I had to do something to make me feel better about my quilting. I decided to make to pillow cases from the left over fabrics of the quilt. I used this pattern

http://quilting.about.com/od/quiltpatternsprojects/ss/easy-pillowcase-pattern.htm

but made a few adjustments. It is a very quick and easy pattern.


Beste van als is dat ek die kwilt klein genoeg kan oprol en dit binne-in die kussingsloop plaas. Baie oulike manier om 'n kwilt  "toe te draai" as 'n geskenk.

The best thing is that I could roll the quilt up small enough for it to fit in the pillow case. Very cute way to wrap a quilt up in "gift wrapping". 


Tot later!

Until later!

Wednesday, 27 October 2010

Speeltyd en iets uit die verlede

Fleurette by Fleur's place het die oulikste tissue-houers gemaak, en ek kon nie dit weerstaan om van my eie te maak nie. Julle kan die patroon vir hierdie oulike, snoesige houertjies (en ander oulike idees), kry by Polka Dot Pineapple. Hierdie houers is so vinnig en maklik om te maak. Dit gaan natuurlik ook baie oulike geskenkies maak...Ek het alreeds 'n hele paar name vir wie ek hierdie houertjies kan/gaan maak.



Terwyl ek so aan die speel was, het ek ook gekyk of ek kan FMQ (free motion quilting) doen. Dit het my 'n rukkie geneem om my masjien aan te pas, maar ek het dit reg gekry. Ek het 'n beker mussie gemaak. Ek vergeet soms van my koffie, wanneer ek baie besig raak, en wanneer ek weer onthou, is my koffie yskoud. Hopelik is dit nou iets van die verlede met my beker mussie.



Kan julle die kwiltwerk sien? Dis nie regtig besonders nie, maar vir my is dit goed genoeg as motivering om dit op ander projekte ook te probeer.

Onthou julle hierdie foto, vanaf hierdie inskrywing:



Michelle by The Desert Quilter het toevallig, in die kommentaar wat sy gelos het, reg geraai. Dit is inderdaad 'n baba kwilt. In September het my skoon-suster geboorte geskenk aan 'n pragtige baba seuntjie, en as Tannie, wou ek graag iets vir die kleinding maak. Hier is die voltooide kombersie:



En hier is die agter kant (Jammer vir die swak fokus):



Dis dit, vir eers. Tot later!