Showing posts with label Prizes. Show all posts
Showing posts with label Prizes. Show all posts

Saturday, 3 December 2011

My Memories Wenner!

Vandag word die wenner aangekondig van die My Memories wenner. Maar eers...

Hier is my inskrywing vir Block 3 van Blogger's BOM. Die vorige twee inskrywings kan julle hier besigtig. Hoe meer ek met die program werk, ontdek ek allerhande interessante goed wat ek daarmee kan doen. Ek wens net ek het al die geld gehad om al die template en "page elements" te koop!

Today the winner of the My Memories Scrap booking software is announced. But first...

Here is my entry for Block 3 of the Blogger's BOM. The previous two entries can be seen here. The more I work with the program, the more interesting things I discover and what I can do with it. I just wish I had all the money to buy all the templates and page elements!


Nou, vir die wenner...

Now, the winner...


Baie geluk. Jou epos is oppad!
Geniet jul naweek. Groete vir eers!

Congratulations. Your email is on the way!
Enjoy your weekend! Regards for now!

Monday, 20 December 2010

Fish Frenzy en Quilting kookboek

Ek het uiteindelik my posstuk gekry, wat ek al vanaf Oktober voor wag!!!

Erin, van One Piece at a Time, het 'n kompetisie gehad, waarin jy 'n naam moes gee aan een van haar appliek visse. Die prys was die Fish Frenzy patroon.


Alhoewel my naam vir die vis nie gekies is nie, was my naam egter getrek vir die prys  :-D  Dit het verlede week gearriveer. Iewers in die pos sisteem is daar nog 'n Fish Frenzy patroon, met my naam op, maar dit het nooit sy eindbestemming bereik nie. Erin was gaaf genoeg om weer 'n patroon aan my te stuur, en dis die een wat ek nou ontvang het. Ek kan nie wag om hiermee te begin nie, maar daar is eers 'n paar ander projekte wat ek moet voltooi, voordat ek my "vissies" kan maak. *sug*

Die van julle wat lief is vir tyd in die kombuis spandeer, of opsoek is na nuwe idees vir disse om voor te sit op die tafel, gaan maak 'n draai by Quilting Gallery - hulle het pas hul tweede kookboek vrygestel - Holiday Traditions. Die eerste kookboek is ook nog beskikbaar.


In beide kookboeke is daar heerlike resepte om te probeer, stories wat vertel word, en kwilt projekte om te bewonder. Die boeke kom in 'n .pdf formaat, dus hoef jy nie te wag dat dit in die pos kom nie. Dit kan dadelik afgelaai word, sodra jou aankope voltooi is.

Geseënde Kersfees aan julle almal.

Groete vir eers!