Showing posts with label Quilt show. Show all posts
Showing posts with label Quilt show. Show all posts

Saturday, 24 September 2016

Blogger's Quilt Festival Fall 2016

Dis weer daardie tyd: Blogger's Quilt Festival, aangebied deur Amy van Amy's Creative Side.

It is that time again: Blogger's Quilt Festival, hosted by Amy from Amy's Creative Side.

Ek het nie onlangs regtig 'n reuse sukses gehad met voltooide kwilte nie. Ek skryf dus my laaste voltooide kwilt in, in the Large Quilt- kategorie

I haven't really had success regarding completed quilts. Thus, I will enter my last finished quilt in the Large Quilt Category. 



 Toestemming om foto te gebruik vanaf EM Groenewald / Permission to use this photo from EM Groenewald

Hierdie kwilt het ek vir my broer gemaak. My idee was om 'n kwilt te maak wat by die "persoon" pas (kleur, patroon, grootte...). Die grootte is 315" rondom en bestaan hoofsaaklik uit Half Vierkant Driehoeke uit, met 'n vierkant hier en daar. Soos in die laaste foto afgelei kan word, is die kwilt baie geliefd.

This quilt I made for my brother. My idea was to make for each of my siblings a quilt that fits to the "person" (colour, pattern, size,...). This quilt measures 315" around and consists of Half Square Triangles for the most part, with a square here and there. As can be deduced from the last photo, this quilt is much loved.

 Geniet die res van die Kwilt Fees, en onthou om vir jou gustelling kwilte te stem.

Dankie Amy vir hierdie wonderlike geleentheid om te kan deel neem en ook om inspirasie vanaf ander kwilte te kan kry!

Enjoy the rest of the Quilt Festival, and remember to vote for your favourite quilts. 

Thanks Amy for this wonderful opportunity to take part and to draw inspiration from other quilts!

Sunday, 20 May 2012

Bloggers' Quilt Festival


Amy van Amy's Creative Side bied 'n Kwiltfees aan. Daar is, soos altyd, wonderlike en asemrowende kwilte om te sien en bewonder. Ek het besluit om my Raggedy Ann and Friends kwilt in te skryf.

Amy from Amy's Creative Side is hosting a Quilt Festival. There is, as always, lots of wonderful and inspiring quilts to see and admire. I decided to enter my Raggedy Ann and Friends quilt.


Vir diegene wat nie gereeld my blog lees nie, Raggedy Ann and Friends is 'n kwilt wat ontwerp en aangebied is as 'n BOM deur Kaaren Johnson van The Painted Quilt. Kaaren het haar kwilt in 'n "scrappy style" gemaak. My weergawe is gedoen in skakerings van bruin, om 'n sjokolade voorkoms te gee. Deur die BOM te volg, het daar 'n paar vriendskappe ontstaan, en het ek 'n paar nuwe tegnieke en patrone geleer.  Toe die BOM begin het, het ek skaars 2 jaar gekwilt, en was dus nog baie nuut in die wêreld van kwilte.

Die kwilt bestaan uit laswerk en borduurwerk. Dit is 197cm (77.5 inch) x 156cm (61.4 inch). Ek het dit met die naaldwerkmasjien gekwilt, deur reguitlyn-kwiltwerk metodes te gebruik. Die kwilt is in April 2012 voltooi.

For those not familiar to my blog, Raggedy Ann and Friends is a quilt designed and hosted as a BOM by Kaaren Johnson from The Painted Quilt. Kaaren made her quilt as a scrappy quilt. My version is made in shades of brown, to give it the chocolate look. By following the BOM, friendships were formed and I learned a few new techniques and patterns. At the time the BOM started, I  only quilted for 2 years, and was thus still very new in the quilting world.

The quilt consist of patchwork and embroidery. It measures 197cm (77.5 inch) x 156cm (61.4 inch). I machine quilted it, using straight line quilting methods. The quilt was finished in April 2012.

Hier is nog 'n paar foto's: / Here are a few more photos:




Vir meer kwilte en inspirasie, gaan na die Kwiltfees by Amy's Creative Side. Groete vir eers!

For more quilts and inspiration, go to the Quilt Festival over at Amy's Creative Side. Regards for now!

Thursday, 18 November 2010

Christmas Quilt Show 2010

Wie van julle is lus om bietjie rond te loop...in hierdie geval seker rond browse... en vele kwiltwerke te bekyk? Miskien opsoek na bietjie inspirasie vir Kersfees? Sew Cal Gal bied 'n Kersfees kwilt skou aan, en ek het besluit (na die aanbeveling van Millie) om ook my indiening te maak.

Hier is my inskrywing:


Hierdie kwilt het ek 'n paar dae gelede voltooi, en is my eerste muurbehangsel wat ek gemaak het.  Hierdie muurbehangsel word gekomplimenteer met hierdie sterre, wat ek 'n paar maande gelede voltooi het:




Daar is vele inskrywings vir die skou, en julle kan elkeen (virtueel) bekyk. Kliek op die prentjie, op my linkerkantste paneel, en word weggevoer...

Geniet dit!