Showing posts with label Mauritius. Show all posts
Showing posts with label Mauritius. Show all posts

Sunday, 18 August 2019

Die Blou kwilt is klaar!

Eerstens, baie jammer aan almal wat kommentaar gelos het, wat geen terugvoer van my af gekry het nie. Vir een of ander rede het ek nie die kennisgewings gekry dat jul kommentaar geplaas was nie. Ek sal so spoedig moontlik daaraan aandag gee, en op jul plasings antwoord.

First of all, apologies for those who left comments, and who did not get any feedback from my side. For some  reason or another, I did not get the notifications that your comments were submitted. I will look into it soonest and reply on your comments.



Na my vorige inskrywing, het ek terug gegaan na die omboorsel, die hoeke wat reeds vasgewerk was losgetorring en die hoeke weer vasgestik, die keer op die "korrekte" manier. Dit het 'n wêreld se verskil gemaak, en die afronding lyk soveel beter.

After my last post, I went back to the binding, undid the corners which were already stitched, and redid it all the "right" way. It made a world's difference and the finishing looks so much better.

Intussen het ek kort tye gehad om aan die omboorsel te werk en het gisteraand die laaste stukkie vasgewerk en die los gare ingewerk. Dis altyd 'n wonderlike gevoel om 'n klaarproduk te sien, met die wete dat daar soveel tyd, liefde en geduld in die projek ingegaan het.

I had short periods "here and there" to work on the binding and I finish the last bit last night. I also took care of the loose threads by hiding them into the quilt. It is always a wonderful feeling to see a finished project, especially when you know how much time, love and patience went into the project.

Die voorkant: Ek hou baie van die kontras in waarde en die effek wat dit skep. /  
The front: I like the contrast in value a lot and the effect that it brings.

Die rugkant: die gekleurde strook is bloot daar om die ekstra lengte/breedte aan die agterkant te gee. Die laken was net daardie stukke te smal om die hele rugkant te dek. /
The back: The coloured part is only there to give me the extra length/width at the back. The sheet was only that bit too narrow to cover the whole backing.

Die kwilt sal nou sy pad na sy nuwe eienaar maak, aangesien hierdie na 'n kollega gaan.

The quilt will now make it's way to it's new owner, as this is going to a colleague.

Met die projek agter die rug, het ons bietjie in die Black River National Gorges gaan stap vandag. Met al die reën wat ons die seisoen gekry het, het die rivier sterk gevloei. Dit was baie lekker om die rivier weer so vol te sien, aangesien die laaste paar jaar redelik droog was by ons.

With the project behind me, we went for a walk in the Black River National Gorges. The river was flowing strong thanks to the amount of rain that was falling this season. I am very happy to see the river so full, as it has been dry here the last few years.




Wat het julle gedoen hierdie naweek? 

Tot later!

What did you do this weekend?

Until later!

Friday, 20 October 2017

Musical Queues

Vanoggend nadat ons die kinders by die skool afgelaai het, is ek en Manlief Port Louis toe vir 'n taak waarna almal opsien - die oordrag van eienaarskap van my nuwe motor.

This morning, after dropping the kids at school, Hubby and I went to Port Louis for a task that everybody dreads - transfer of ownership of my new car.

Ons eerste wagpunt was die Registrateur. Daar het ons in 'n ry gesit vir +- 30min voordat ons die dokumentasie kon indien en nog 'n verdere 30min se wag voordat hulle die dokumentasie verwerk het.

Our first queue was at the Registrar. There we waited for +- 30min before we could submit the documentation and another 30min for it to be processed. 


Ons tweede wagpunt was by die versekering. Hier die die wagtyd plus die uitreik van die versekering ons 45min geneem.

The second queue was at the insurers. Here the waiting period and the issue of the insurance took us 45min.


Ons 3rde, die langste en die laaste wagpunt was die National Transport Authority, waar ons 1 en 'n half uur gewag het vir die finale oordrag en lisensiering om plaas te vind.

Our 3rd, longest and final queue was at the National Transport Authority, where we waited 1 and a half hours for the final transfer of ownership and licensing to take place.




Ons het ons lewe om gewag vandag, maar die papierwerk is nou afgehandel en ons kan die motor op die pad neem...

Hoe het julle jul Vrydag spandeer?

We waited our lives away today, but the paperwork is done and we can take the car on the road...

How did you spend your Friday?

Sunday, 1 October 2017

Net betyds vir die somer

Ek het uiteindelik iets om oor te blog! Daar is niks beter as die gevoel van prestasie wanneer jy 'n projek voltooi nie.

Finally, I have something to blog about! There is nothing better than the feeling of achievement when you finish a project.

Verlede jaar het ek begin om vir die slaapkamers nuwe gordyne te maak. Die rede was omdat dit belaglik warm raak in die somer en om die heeltyd die lugverkoelers aan te hê het ons sakke diep geruk. So ek het besluit om gordyne met "blackout" te maak met die hoop dat ek so bietjie van die direkte sonlig en hitte uit die kamers kan hou deur die somersdae.

Last  year I started making new curtains for the bedrooms. The reason was that it gets unbelievably hot here in the summer and to use the air conditioners the whole time just emptied our pockets. So I decided to make curtains with blackout, hoping that I can block some of the direct sunlight and heat out of the rooms during the summer days. 

Ek verwys terug na hierdie blog inskrywing waar ek die kinders se kamergordyne gemaak het.

I refer back to this blog post, where I made the kids' room curtains.


Kort daarna het ek die gang (wat na die kamers lei) se gordyne ook gemaak en daar gestop.

Shortly thereafter, I managed to complete the curtains for the hallway, leading to the bedrooms, and that is where it ended.

 Die ingang na die gang / The entrance to the hallway

Die agterkant. Hier kan julle die sonblok voering duidelik sien / The back. Here you can see the blackout clearly. 
 

Noudat die somer weer oppad is, het ek dit goed gedink om die ander kamer se gordyne klaar te maak. Ai, maar dis lekker om 'n projek af te handel!

Now that the summer is on its way, I considered finishing the other room's curtains. Oh boy, it is so nice to have a project completed!

Hoe berei julle voor vir somer? Tot later.

How do you prepare for summer? Until later.


Saturday, 14 January 2017

Talipot

'n Kort rukkie gelede is ons as gesin na die Pamplemousses Tuine, vir 'n uitstappie.

Ons het spesifiek gemik om 'n baie besonderse boom te gaan besigtig.

A short while ago we went as a family to the Pamplemousses Gardens.

We went specifically to see a certain special tree.



Ons het gaan kyk na die Talipot. Dis 'n boom wat baie lank neem om volwasse te word en dan slegs een maal te blom voordat dit doodgaan. Die resultaat is 'n blomvertoning wat skrik vir niks!

We went to see the Talipot. It is a tree that takes a long time to reach maturity and then only blooms once before it dies. The result is a majestic flower show!

 

Die inligtingsbordjie in die tuine rakende die Talipot / The information board in the gardens, regarding the Talipot

Ek en die kinders staan aan die voet van die boom. / The children and I are standing at the base of the tree.   


 Die pragtige blomme van die Talipot / The beautiful flowers of the Talipot.


Om meer te lees oor die Talipot, kliek hier.

To read about the Talipot, click here.

Lekker naweek vir almal!

Have a wonderful weekend!

 

Monday, 5 December 2016

Flamboyant

In November en Desember, blom die pragtige Flamboyant hier in Mauritius.

Waar ek kon het ek foto's geneem van 'n paar Flamboyant bome in ons dorpie, terwyl ek terug gekeer het van die poskantoor af.

In November and December, the beautiful Flamboyant blooms here in Mauritius.

Where I had the chance, I took some photos of Flamboyant  trees in our town while on my way back from the post office.

Kliek hier vir meer inligting oor hierdie boom / Click here for more information about this tree








 

Tuesday, 22 November 2016

Verrassings!

Hier in Mauritius kan geluk jou soms op die vreemdste manier tref. Manlief was besig om deur die advertensies te blaai nou-die-aand, en toe sien hy 'n advertensie wat my aandag soos 'n magneet getrek het. Daar is iemand wat 'n Butterfly naaldwerkmasjien MET sy "treadle" tafel verkoop. 'n Paar boodskappe later is dit afgespreek dat ek die stel sal koop.

Die advertensie het genoem dat hulle is geleë in Bel Air, in die Suide. Dus het ons dit op die kaart gaan soek en het soentoe gekry. Daar gekom, het die persoon ons ingelig dis die verkeerde Bel Air (Grand Bel Air), en dat daar nog een is, in die Weste. So toe is ons na die korrekte Bel Air (Bel Air Riviere Seche) om die masjien en tafel te gaan optel. Op die kaart kan julle ons roete sien. Die kaart bereken dit is 'n amper 3 uur roete. Ons het 4 uur gery en moes iewers stop om te eet - wat natuurlik nou onbeplan was - wat 'n ekstra uur by ons ry tyd gesit het. Dus was dit 'n 5 uur heen en weer trip, maar dit was die moeite werd!


Here in Mauritius, luck can catch you in the strangest of ways. Hubby was paging through the classifieds one evening and saw an advert that grabbed my attention like a magnet. Someone was selling a Butterfly sewing machine WITH its treadle table. After a few messages, it was agreed that I will buy the set.

The advert stated that it was situated in Bel Air, in the South. So we checked on the map and went our merry way. When we reached our destination, it was the wrong Bel Air (Grand Bel Air) and we discovered there was another Bel Air (Bel Air Riviere Seche) in the West. So we went there to collect the machine and table. The map calculated that it should have been an almost 3 hour drive. We drove for 4 hours and we had to stop to get something to eat, which wasn't planned. Our total trip there and back was 5 hours long, but it was worth it!

Toe ons by Bel Air Riviere Seche aankom, is ons versoek om by die ou poskantoor te wag vir die verkoper. Ons het 'n rukkie gesoek vir die gebou, maar het dit wel later gevind...Nodeloos om te sê dis nie wat ons verwag het nie.

When we reached Bel Air Riviere Seche, we were requested to wait for the seller at the old post office. We searched a while for the building, but found it eventually...Needless to say it was not what we expected.


Hier is wat ons saam met ons terug huistoe gebring het:

Here is what we brought back home with us:

 






Die masjien is werkend, maar het beslis aandag nodig. Volgens die eienaar is dit in 2005 gekoop. En kan jy meer - dis elektries! Die versiering op die masjien is vir my baie mooi en ek glo na so bietjie "liefde" gaan die masjien nog beter lyk ook. Die tafel vermis 'n verlengingsblad en die treadle kabel is weg, maar dit kan ons ook aanskaf soos nodig.

The machine is working, but it needs some tlc. According to the owner, it was bought in 2005, and will you believe, it is electric! The decorations on the machine are very beautiful and I am sure that after some "love" it will look even better. The table is missing a extension table and the treadle cable is missing, but that we can add as necessary. 

Sommige van julle sal onthou dat ek 'n paar jaar terug 'n soortgelyke masjien as 'n geskenk by Manlief gekry het. Hier is die blog inskrywing daarvoor.

Some of you will remember that I got a similar machine as a gift from Hubby, some years ago. Here is that blog entry.

Wel, hoe het julle jul naweek spandeer?

Well, how did you spend your weekend?

Wednesday, 19 October 2016

Gordyne

Dit het die afgelope paar weke sommer vinnig al hoe warmer begin word. Die slaapkamers kry veral swaar in die somer, aangesien die middag son die kamers bak. Om te poog om die kamers koeler te hou hierdie somer, het ek besluit om sonblok gordyne te maak.

It has become hotter and hotter the last few weeks. The bedrooms suffers quite a lot in the summer because the afternoon sun shines on the rooms and then it feels like an oven in there. To try and keep the rooms cooler this summer, I decided to make blackout curtains.

"Blackout" Voering / Blackout Lining

 Nuwe gordyn materiaal / New curtain fabric 

Soos wat ek die tyd het, sny ek die panele en doen die nodige voorbereiding. Wanneer die kinders my 'n kans gee, dan werk ek die voering aan die gordyn vas en hang die gordyn op. Wanneer Boetie my help, neem dit seker so 2 - 3 uur per paneel.

As I have the time, I would cut the panels and do the necessary preparations. When the kids give me a chance, I would attach the lining and put the curtains up. If DS is helping, then each panel takes about 2 - 3 hours.
 Panele word gesny op die kombuisvloer (die grootste beskikbare oppervlak) / The panels are cut on the kitchen floor (the biggest available space)

 Die some word dan gemeet en ingestryk, die voering word ingewerk en alles word vasgestik. / The seems are then measured and ironed in, the lining is added and everything is stitched together.

 Transformasie van die kinders se kamer: 4 dae/2 naweke in totaal geneem. / Transformation of the kids' room: total of 4 days/2 weekends.



Nou moet ek nog die hoofslaapkamer se gordyne en die gang se gordyne doen. Tot later!

Now I need to start on the main bedroom's and the hallway's curtains. Until later!


Monday, 28 March 2016

'n Belofte is 'n belofte...

Hallo almal!

Ja, ek is nog hier. Sedert Oktober was dinge baie deurmekaar en ek het belowe om 'n paar foto's te wys van waarmee ek besig was. Ek het julle egter gewaarsku dat dit nie veel gaan wees om na te kyk nie...

Hi All!

Yes, I am still here. Since October things have been a bit of a mess and I promised you a few pictures of what I did. I did warn you that it won't be much to look at...


Dis hoe ver ek gekom het met my borduur Kerskwilt, voordat die lewe weer 'n draai in ons pad gegooi het / This is how far I got with the embroidery Christmas quilt before life happend.



Boetie het gereeld vir my hierdie prentjie gewys en ek het aanvaar hy wou die poppie hê. Na lank gesukkel om te bepaal presies hoe die instruksies werk vir pop-maak en die nodige naalde en toerusting kry, het ek aan die werk gespring om die pop vir sy verjaarsdag klaar te maak. Vir 'n eerste probeerslag is dit seker nie te sleg nie, maar ek is nie 100% gelukkig nie. Boetie speel tog met die pop, so ek gaan dit daar los.

DS showed me this picture  a lot and I thus assumed that he wanted the doll. After some time trying to understand the instructions of doll making and buying the necessary needles and tools, I jumped in and tried to finish the doll in time for his birthday. For a first-try I suppose it is not too bad, but I am not 100% happy. DS is playing with the doll, however, so I will leave it at that.

En toe kom al die draaie en swaaie op ons pad...Ek het kort daarna weer swanger geraak en die naarheid het my onderstebo gehad. Tot onlangs het ek geen begeerte of die energie gehad om aan 'n lap te raak nie. Hierdie keer verwag ons 'n dogtertjie wat volgende maand gebore moet word, indien als glad verloop.

And then life happened. Shortly after this I fell pregnant and the nausea had me completely upside down. Until recently, I had not the energy nor the desire to touch a piece of fabric. This time we are expecting a little girl who will be born next month, if all goes well.

Kort nadat ons gehoor het ek is swanger, moes ons ook ons verblyfspermitte hernu. Langs stories kort - dit was chaos! Dit het ons gekos om heen en weer tussen SA en Mauritius te reis, en dit oor Kerstyd en Nuwejaar, met onsekerheid om elke hoek en draai. Dit blyk nou maar net dat ons permitte lank geneem het vir geen spesifieke rede nie. Gelukkige nuus is dat ons permitte wel op die ou end goedgekeur is en ons is gemagtig om nog 3 jaar hier te bly.

Shortly after we heard that I was pregnant, we had to renew our occupation permits. Long stories short - it was chaotic! We had to travel between SA en Mauritius a few times, and that over Christmas and New Year, with uncertainty around every corner. It seems that our permits just took forever for no particular reason. Good news is that our permits were approved in the end and we are permitted to stay another 3 years.

"Nuut en Oud" / "New and Old"


Na 'n lang ruk van geen kwiltwerk, het ek begin juk om iets te doen. My geluk het dit toe dat Boetie genooi word vir 'n partytjie van 'n 3-jarige meisie in sy klas. En wat sal ek doen vir 'n geskenk...een maak natuurlik. Aangesien ek 3 dae gehad het om aan iets te dink, het ek weer in my argiewe gaan soek vir die patroon van die handsak wat ek jare gelede gemaak het. Bietjie grouwerk in my "stash" het genoegsame materiaal opgelewer om 'n pienk sakkie te maak. Ek kon uiteindelik ook my nuwe naaldwerkmasjien ordentlik gebruik en het sommer ook so bietjie kreatiewe stikwerk probeer! Ek is heel trots op hierdie sakkie.

So, dis wat ek het om te wys vir 5 maande se afwesigheid.

Hopelik, voordat die baba arriveer, sou ek nog iets gepoog het om te wys.

Tot later!

After a long while with no quilting, I started to "itch" to make something. Just my luck that DS got invited to a party of a 3 year old girl in his class. And what would I do for a gift...make one off course! Since I only had 3 days to think of something, I went to my archives and searched for the pattern of the bag I made years ago. Some diving into my stash turned up enough fabric to make a pink bag. I also got the chance to finally use my new sewing machine to the fullest and I even had some guts to try out a creative stitch! I am really proud of this bag.

So, that is all I have to show for 5 months of absence. 

Hopefully, before baby arrives, I will have attempted something else to show.

Until later!

Saturday, 25 July 2015

Borduur Kerskwilt - Blokke 2 en 3

My borduurkwilt vorder redelik goed, tot op hede. Ek het Blok 2 klaar en was nog besig om 'n gaping te soek sodat ek daaroor kon blog. Terwyl ek vir die gaping gesoek het, het ek blok 3 ook klaar. Dis darem 'n klein blokkie gewees, dus het daar geen wonderwerke gebeur nie.

My embroidery quilt is progressing, up to now. I finished Block 2 and was waiting for an opportunity to write a blog post about it. While waiting for the opportunity, I finished block 3 as well. It is a small block, so no miracles happened in the meantime.


Blokke 1 - 3 / Blocks 1 - 3
  
 Blok 3 van nader / Closer look at Block 3

Blok 4 is gereed en ek het ook al 'n paar steke vasgewerk. Dis egter te groot om in een foto te sit, dus hier is die prentjie in 3 dele (my kamera se "panoramic view" wou nie saamwerk nie)

Block 4 is prepped and I have already put a few stitches on it. It is, however, to big to put in one photo, so here is the picture in 3 parts (my camera's panoramic view wasn't working with me)


Linkerkant / Left side

 Middel / Centre
 
Regterkant / Right side
 
Wat ek tot dusver geleer het, is dat dit is baie moeilik om met Metallic gare te werk as jy nie die regte naald het nie. Ek hoop om binne-kort 'n naald te hê wat sal saamwerk met hierdie gare. Enige voorstelle, van die van julle wat gereeld handborduurwerk doen?

What I have learned so far, is that it is very difficult to work with Metallic thread if you do not have the right needle. I hope to have a needle that will accommodate the thread very soon. Any suggestions from those of you who does hand embroidery?
 
Laastens, ons het nou-die-dag 'n besoeker gehad - 'n Tarentaal! Hulle kom so een maal 'n jaar en dan hardloop hulle oor die mense se erwe. Gewoonlik bly hulle weg uit ons erf uit, maar hierdie keer was daar sommer 3, al spelende oor ons erf.
 
Lastely, we had a visitor the other day - a guinea fowl! They pass through the neigbourhood about once a year and normally they stay away from our yard. This time there were 3, all playing around in our yard!
 

 
Tot later!
 

Until later!