Monday, 30 December 2019

'n Doel vir die Bloggers BOM

Terwyl die tropiese storm Calvinia daar buite woed, is daar geen beter rede om snoesig binne te bly en te kwilt nie :) Ek wag nog vir Boeta se materiale om te arriveer, so ek maak werk aan Sussie se kwilt.

Ek wou oorspronklik dieselfde patroon gebruik as vir Boeta se kwilt, maar het gou besef dat indien ek 4 ekstra blokke byvoeg by die Bloggers BOM projek, dan is die kwilt feitlik groot genoeg vir Sussie. So dis presies wat ek gedoen het.

While tropical storm Calvinia is causing havoc outside, there is no better reason than to stay inside and quilt :) I am still waiting for DS's fabric to arrive, so I started working on DD's quilt.

Originally I wanted to use the same pattern as that of DS's quilt, but I soon realised that if I add 4 more blocks to the Bloggers BOM project, the quilt will be big enough for her. So that is exactly what I did.


Hier is al die blokke uitgelê, voor ek die nuwe blokke bygevoeg het. / Here are all the blocks laid out, before I added the new blocks.


Ek het by die oorspronklike konsep gehou en 2 van elke blok gemaak. Hierdie blokke kom uit die Farmers Wife kwilt, wat ook eendag in die pyplyn sal wees.

I kept to the original concept and made 2 of each block. These blocks come from the Farmers Wife quilt, which will also be in the pipeline one day.



'n Bietjie speel met die uitleg, 'n paar uur agter die masjien en ure se spandeer om te besluit wat om te doen vir 'n buiterand, en dis hoe die kwilt tans lyk.

A bit of layout designing, a few hours behind the machine, lots of hours trying to find a border design, and this is what the quilt looks like at the moment.


Ek is bly ek het besluit om eers 'n klein wit randstrook in te sit, voor ek die gekleurde randstrook en dan 'n derde klein wit randstrook vaswerk. Oorspronklik wou ek goudkleurige materiaal ingewerk het, maar die materiaal wou nie so lekker met die res van die kwilt saamwerk nie. Dis toe dat ek begin rondsoek het na idees vir die randstroke.

I am very happy that I decided to add a narrow white border first, before adding a coloured border and then a narrow white border again. Originally I wanted to add gold coloured fabric, but it didn't work so well with the rest of the quilt. It was then that I started looking around for ideas for the border.

Indien die weer steeds goor is môre, sal ek weer aandag aan die kwilt gee, andersins eers later die week weer.

If the weather is still bad tomorrow, I will continue on this quilt, otherwise it will be later this week.


Tuesday, 10 December 2019

Impromptu kwilt

Ek het nog 2 DJ blokke om vir julle te wys. Beide hierdie blokke lyk nie heeltemal soos die blokke in die oorspronklike kwilt nie. Ek dink die skrywer het die patroon aangepas. Ek het nog sulke blokke teëgekom, en het besluit om daardie blokke soos diè in die kwilt te laat lyk, eerder as om die patroon in die boek te volg.

I have 2 more DJ blocks to show you. Both these blocks doesn't look exactly like those in the original quilt. I think the author adapted the patterns. I had more blocks like that, and decided to replicate those blocks in the quilt, rather than follow the pattern in the book.



Na hierdie 2 blokke voltooi is, het ek nie meer gedrukte patrone gehad nie. Intussen vra Boetie die heeltyd nog vir 'n kombers, sedert ek my DJ begin het. Ek gryp toe 'n materiaal pakkie, wat ek as geskenk by iemand gekry het, en die pakkie het 'n gratis patroon by. Ek besluit toe om die patroon vir hom te maak...

After these 2 blocks were finished, I didn't have any more printed patterns. In the meantime DS has been asking me for a "blanket" ever since I started my DJ. I grabbed a fabric pack, which I received as a gift, and in this packet was a free pattern. So I decided to make this for him.


Dis die patroon wat saam met die materiaalpakkie gekom het. Dis 'n maklike en vinnige patroon. / This is the pattern that came with the fabric pack. This is an easy and quick pattern.


Hierdie is die materiaal wat in die pakkie gekom het. 20 verskillende lappies, elkeen herhaal om 'n totaal van 40 10" lappies te maak. /
This is the fabric that came in the packet. 20 different pieces, each repeating to make a total of 40 10" pieces.


Die voltooide bokant. Die randstrook is nie deel van die patroon nie. Ek het dit bygewoeg sodat Boetie darem 'n jaar of twee lank die kwilt kan gebruik ;) Die bokant is ongeveer 158cm x 158cm /
The finished quilt top. The border is not part of the pattern. I added it so that DS can have at least an extra year or two's worth of use from the quilt ;) The top is about 62.5" x 62.5".

Nou moet ek wag vir watte-ersel en die rugkant. Terug na DJ... Tot later!

Now I need to wait for batting and backing fabric. Back to DJ... Until later!

Tuesday, 26 November 2019

DJ vordering is maar stadig

Vordering is maar stadig hierdie rondte deur. Die "foundation piecing" blokke begin nou vir my ingewikkeld raak ten opsigte van die aanmekaar werk. Ek het darem weer 5 blokke om vir julle te wys.

Progress is slow this time around. The foundation piecing blocks are starting to get difficult for me, with regards to the assembly. I can at least show you 5 more blocks.


Friday, 1 November 2019

Nuutste vordering op DJ

Verlede week was 'n goeie week vir Dear Jane. Ek het 8 blokke voltooi. Hierdie week was ek minder suksesvol, met slegs 2 blokke tot dusvêr (foto's daarvan met 'n volgende geleentheid)

Last week was a very good week for Dear Jane. I managed to complete 8 blocks. This week was not such a great week, with only 2 blocks so far (photos of them in a future post)


Die groen blok links-bo is my gunstelling. Ek kon die groot groen blokke "fuzzy cut" en die algemene blok meer uniek maak.

The green block top row and left, is my favourite. I fuzzy cut the big green blocks, to make the overall block more unique.

Hopelik kan ek nog 'n blok of twee hierdie naweek voltooi. Tot later!

Hopefully I will finish another block or two this weekend. Until later!

Saturday, 19 October 2019

Nog 6 blokke klaar

Ek het die laaste 2 weke nog 6 blokke klaargemaak vir die Dear Jane kwilt, en ek het 'n paar blokke herstel ook.

I completed 6 more blocks for the Dear Jane quilt the last 2 weeks and I repaired a few blocks as well.

In die linkerkanste blok was nie al die Nine-patches in lyn gewees nie, so ek het dit herstel. Die driehoek is 'n nuwe blok, maar ek het oorspronklik nagelaat om 'n naattoelating aan die onderkant te los en het dit besef nadat ek die hele blok voltooi het. Ek het net die onderste pers gedeelte vervang.

For the left block, the Nine-patches didn't line up properly, so I fixed that. The triangle is a new block, but after I completed it, I realised I never had a seam allowance at the bottom of the triangle. So I replaced the bottom purple part.
 

Die pienk blok links is ook 'n nuwe blok en het dieselfde probleem as die geel blok gehad, in die sin dat die buitenste randstroke was nie groot genoeg om 'n ordentlike naattoelating te hê nie, so nadat ek die pienk blok gemaak het, het ek beide blokke se randstroke vervang met brëer stroke.

The pink block on the left is also a new block, and ended up having the same issue as the yellow block, which was that the outside borders weren't wide enough for proper seam allowances. So after I finished the pink block, I replaced both blocks' borders with wider strips.


Met hierdie blok het ek gesukkel om die blok die regte grootte te kry. Ek was alles tussen 1/8" en 1/2" uit gewees. Ek dink die feit dat ek 11pm nog aan die gang was het nie gehelp nie ;) Ek het die driehoeke 3 keer vervang, voordat ek tou opgegooi het. Die volgende dag het ek net nodig gehad om 1 driehoek te vervang. Die blok is nie 100% 5" groot nie, maar dis naby genoeg.

I really struggled with this block to get it the right size. I was out from 1/8" to 1/2". I think that fact that I was still sewing at 11pm didn't help ;). I had to redo the triangles 3 times before I got fed-up. The next day I had to change one triangle only. The block isn't 100% 5" big, but it is close enough.


Uitgesluit al die herstelwerk, is hierdie dan my werk vir die laaste 2 weke

Excluding all the repairs, this is my work for the last 2 weeks.

Dusvêer het ek 350 stukkies materiaal vasgewerk. Die Dear Jane kwilt se totale "piece count" is 5 602 stukke. Ek wonder of dit die "sashing" insluit?
Korreksie - ek het 375 stukkies materiaal vasgewerk. Ek wou al die blokke wat reeds voltooi is neerskryf, en die hoeveelheid stukkies per blok, toe ek besef het dat ek het 'n optelfout gemaak.

So far I have sewn 350 pieces of fabric together. The Dear Jane quilt's total piece count is 5 602 pieces. I wonder if that includes the sashing? 
Correction - the piece count is 375. I wanted to write down all the completed blocks and their piece count, when I realised that I made a counting error.