Monday, 12 March 2018

Veels geluk Jennifer met jou verjaarsdag!

Hou julle oe op hierdie blog: http://www.42quilts.com/ Jennifer skep pragtige werk en trek my hart se snare met haar helder en veelkleurige kwilte. Sy het selfs 'n paar boeke en patrone gepubliseer. Vandag kan julle 'n getekende kopie van haar boek "The Modern Applique Workbook" koop vir slegs $10! Dis haar verjaasdag week en elke dag hierdie week gaan sy 'n speisiale aanbieding he.

Hoop jy verjaar baie lekker Jennifer!

Keep your eyes on this blog: http://www.42quilts.com/ Jennifer creates beautiful work and pulls on my heart with her bright and multi coloured quilts. She has even published some books and patterns. Today you can purchase a signed copy of her book "The Modern Applique Workbook" for only $10! This is her birthday week and every day this week she will have a special offer.

Hope you have an awesome birthday Jennifer!

Friday, 2 March 2018

Reënboog blom

Sussie is baie lief vir ritssluiters, so ek het besluit om 'n aktiwiteit met ritssluiters in haar stil speletjies boek te sit. Ek het lank gevat om te besluit hoe ek die ritssluiters wil vas sit. Eers het ek dit net in rye gehad, toe biejtie skeef, maar laastens besluit op die blom motief- sodat sy in alle rigtings kan oefen om ritse oop en toe te trek.

DD loves zippers, so I decided to have an activity in her quiet book, that consists of zippers. It took me some time to decide on how to place the zippers. First I had them in rows, then skew and lastly in the flower pattern, so that she can practice zippers in all directions.



Nadat ek die ritssluiters klaar vasgegom het, het die violet deel gebreek, en moes ek dit met 'n nuwe ritssluiter en kraletjie vervang. Nie te veel moeite nie, maar ek was nie lus om die ou ritssluiter los te trek en die nuwe een in sy plek vas te gom nie. 

Ek is besig met die volgende speletjie, wat vir beide presies dieselfde is - seisoene. Ek sukkel nog om te besluit wat om vir winter te doen, behalwe 'n kaal boom, want in Mauritius sneeu dit nie in die winter nie. Enige idees?

Tot later!

After I glued the zips, the violet one broke and I had to replace the zip and the bead. Not to much effort, but I wasn't in the mood for doing the same thing twice.

I am busy with the next activity, which is the same for both - seasons. I am having trouble deciding what to do for winter, except an empty tree, as it doesn't snow in Mauritius in the winter. Any ideas?

Until later!

Monday, 12 February 2018

Speelgronde

Met die weer wat baie ongemaklik is (baie reën, hitte, bedompigheid), bly ons maar meestal in die huis. Ek het myself besig gehou met Boetie se volgende stil speletjie. Hierdie is 'n aanpassing van 'n patroon deur Aimee Ray van Little Dear Tracks, genaamd Dreamland. Jy kan die patroon by haar Etsy winkel koop.

With the weather being very uncomfortable (rain, heat, humidity), we are keeping to our self indoors. I kept myself busy with DS next quit book activity. This is an adaptation of a pattern by Aimee Ray from Little Dear Tracks, called Dreamland. You can purchase the pattern at her Etsy shop.

 
Die karakters is vry om rond te beweeg. Hulle kan die volgende doen op die speelgronde: In die wolke vlieg, swaai, wegkruipertjie speel agter die sampioene, sterre kyk, glyplank gly en slaap in the sekelmaan

The characters are free to move about. They can do the following on the playground: Fly in the clouds, swing, play hide-and-seek behind the mushrooms, gaze at the stars, slide down the slide and sleep in the crescent moon.


Dit was pret om hierdie een te maak. Hierdie patroon is ook natuurlik die oorspronklike rede waarom ek die Stil speletjie boeke begin het. Als het om hierdie aktiwiteit gedraai en uitgebrei soos ek navorsing bly doen het.

Tot later!

This was a fun one to make. This pattern is also the reason why I started the Quiet books in the first place. Everything started here and spread out as I continued my research on the quiet books.

Until later!

Tuesday, 30 January 2018

Sussie se Abakus

Ons hou by die tel-tema met Sussie se abakus vir haar stil speletjies boek. Ek wou meer versierings byvoeg, maar het aan die einde daarteen besluit (want ek is lui).

In keeping with the counting theme, here is DD's abacus for her quiet book. I wanted to add more embellishments, but I decided against it in the end (because I am lazy).



Dit was nou al die maklike aktiwiteite om te maak, met min detail. Ek reken ek gaan nou meer tyd aan die aktiwiteite spandeer omdat dit nou kleiner stukkies is wat ek moet sny en meer detail wat ek moet inbring in die bladsy/aktiwiteit.

Lekker dag!

This was the easy activities to make, with little detail. I assume I am going to take longer now with the other activities, because it is smaller pieces to cut and more detail to bring into the activity/page.

Enjoy your day!


Wednesday, 24 January 2018

'n Sappige geheim...

...Maar voor ek daarby kom, Boetie se volgende stil speletjie is klaar. Ek sal dalk die kleiner kraletjies moet vaswerk. Als is egter op die oomblik vas gegom. Ek het stukkies velcro aan die agterkant van die trokke, sodat die stukkie nie die wêreld vol rond val nie. Dit is sy Tel Trein

...But before I get to that, DS's second quiet book activity is finished. I might need to sew the smaller beads into place though. At the moment everything is glued in place. I put some velcro at the back of the trucks so that they don't fall off.  This is his Counting Train.



So, my geheim...Vir die laaste 2 jaar het ek aan 'n BOM deelgeneem. Ek het egter net die materiale bymekaar gemaak en nie aan die kwilt self gewerk nie. Vanoggend het ek die laaste pakkie materiale gekry en is my stel nou volledig. Ek gaan my eie Dear Jane kwilt maak!!!

So, my secret...For the last 2 years, I have participated in a BOM. I only collected the fabrics and didn't make the quilt. This morning, I received my last package of fabrics and my set is now complete. I am going to make my own Dear Jane quilt!!!


Al die materiale wat ek oor die laaste 23 maande versamel het... /  
All the fabrics I have been collecting over the last 23 months.

Ek kan nie wag om hiermee te begin nie, maar ek sal ook erken: ek is bietjie angstig. Dis min dat ek kwilte maak "so na as moontlik aan die oorspronklike". Die laaste keer wat ek so iets gedoen het, was my appliek kussings. Ek verkies helder, "blender" of soliede kleure, so om hierdie 1930 reeks materiale te gebruik gaan buite my "comfort zone" wees. Ek sal julle met 'n volgende geleentheid meer van my Dear Jane storie vertel.

I can't wait to get started, although I will admit: I am a bit anxious. It isn't my usual style to make quilts "as close to the original as possible". The last time I did that was with my applique pillows. I prefer bright, blender or solid colours, so working with this 1930 reproduction fabrics is a bit outside my comfort zone. I will tell you more about my Dear Jane story in a future post.