Sunday, 13 January 2013

Hallooo!!!

Die fees seisoen is nou weer iets van die verlede, almal is terug werk toe en die "rat race" het weer begin. Hier by ons is dit ook die geval. Maar, hier is 'n paar goedjies wat gebeur het terwyl ons almal heerlike fees gevier het:

The festive season is now again something of the past, everybody is back at work and the "rat race" started all over. Here it is also the case. But, here is a few things that happened while we were all celebrating in the festivities:

Ek het vir Manlief vir Kersfees 'n "fleece" Pikkewyn gemaak. Ek het die patroon uit 'n tydskrif gekry. Manlief is tans pikkewyn-mal en hierdie was die perfekte geskenk aan hom.

I made a fleece penguin for Hubby for Christmas. I found the pattern in a magazine. Hubby is currently penguin crazy, so this was the perfect gift for him.



Gepraat van Kersfees, ek het hierdie jaar besluit om nog 'n kerskwilt te maak. Aangesien ek hierdie wil kwilt wanneer ek daarvoor kans sien en nie omdat ek moet nie, begin ek sommer nou. Mens weet nooit hoeveel tyd ek gaan hê nie. Die kwilt bestaan uit borduurwerk en bietjie stikwerk. Ek het hierdie patroon ook uit 'n tydskrif gekry.

Speaking of Christmas, I decided to make another Christmas quilt this year. Since I want to quilt this year as I feel like it and not because I must, I decided to start now. Nobody knows how much time I will have to spend on quilting this year. I also got this pattern from a magazine.



Die prentjie is op Muslin afgetrek en sodra ek al die borduurgare het, sal ek aan die werk spring hiermee. Hierdie is ook die eerste blok van 12.

The picture is traced unto Muslin and as soos as I have all the embroidery thread, I will start working on this one. This is also the first block of 12.

Ons het dan ook Nuwejaar met 'n groot "bang" begin. Op 3 Januarie het Sikloon Dumile verby ons gegaan. Die sikloon het ons suster eiland - Reunion - ten volle getref, maar het 300km Wes van ons verby gegaan. Afgesien daarvan het ons rowwe winde en reën gehad. Dit was wel 'n kategorie 1 sikloon, maar dit gee jou 'n idee van wat Moeder Natuur kan doen.

We started the New Year with a big "bang". On 3 January, Cyclone Dumile passed us by on the West. The cyclone hit our sister island - Reunion - full on, but only passed us at about 300km away. Despite that, we had some strong winds and rain. Although is was only a category 1 cyclone, it does give you the idea of what Mother Nature can do.



As 'n mens in ag neem dat ons nie gewoonlik branders kry nie, a.g.v. die koraal rif rondom die eiland, is hierdie branders ongelooflik. Julle kan dan ook die idee van die wind kry in die tweede foto.

If you keep in mind that we don't normally get waves, due to the coral reef around the island, than these are amazing! You can get the idea of the wind in the second photo.

Dis al vir nou. Groete!

That is all for now. Regards!

Wednesday, 12 December 2012

Stilte

Daar gebeur tans nie veel aan hierdie kant nie. Stik- en kwiltwerk het tot 'n stilstand gekom en gaan seker so aanhou tot in die nuwe jaar in.

Ons het intussen gaste gehad, en voorbereidings begin nou gemaak word vir Kersfees en Nuwejaar.

Tot later!

Not much is happening at this moment. Sewing and quilting have come to an halt, and it will probably stay that way into the new year.

We had some visitors, and now preparations for Christmas and New Year are being made.

Until later!

Sunday, 11 November 2012

Geskenke

Ons was vir 'n baie kort besoek in Suid-Afrika gewees, waar ons 2 troues bygewoon het, en natuurlik 'n blits besoek aan die familie gemaak het. Tydens ons besoek, het ek die geleentheid gehad om Broer 1 se kwilt aan hom te oorhandig. Noodloos om te sê dat hy was baie opgewonde daaroor, en het reeds beplan wanneer en waar hy dit gaan gebruik :)

We were for a short visit in South Africa, where we attended 2 weddings and of course a quick visit to the family. During our visit, I had the opportunity to present Brother 1 with his quilt. Needless to say that he was very excited and already planned when and where to use the quilt :)


Ook, tydens ons besoek, het ek die voorreg gehad om 'n mede-blogger te besoek. Ek het Karin se blog Beary Quilts ontdek op Quilting Bloggers. Min het ek geweet dat Karin baie naby aan ons familie bly, en ons het afgespreek om mekaar te ontmoet. Sy was so gaaf om 'n oulike sakkie vir my te maak. Julle kan die volle verhaal lees op haar blog. Nogmaals baie dankie, Karin, vir hierdie geskenkie. Jy is baie dierbaar!

Also, during our visit, I had the privilege of visiting a fellow blogger. I discovered Karin's blog Beary Quilts on Quilting Bloggers. I never thought that Karin would live so close to our family, and a visit was in order. She  made this cute pouch for me. You can read all about it on her blog. Again, thank you Karin for this gift. You are a dear!


Laastens, vandag het ek uitgesit om verder aan my Bloggers BOM kwilt te werk, maar ek het eerder in 'n tydskrif rondgeblaai en 'n oulike idee vir 'n geskenk gesien. Ek het bietjie gesukkel, en het die heel dag geneem om die selfoon sakkie te maak. Dis veronderstel om aan iemand te gaan wat binne-kort vertrek op vakansie, maar ek dink ek sal dit moet oordoen, want ek is nie baie tevrede met die eindresultaat nie. Dis goed vir myself, maar nie as ek dit wil weggee nie. Die patroon het ek in die Australian Homespun tydskrif (Vol 12.12- Summer Issue) gesien. Ek het egter 'n knopie aangewerk, waar die patroon vir 'n knippie voorsiening maak.

Lastly, I had put today aside to continue working on my Bloggers BOM quilt. However, I paged through a magazine and saw this cute idea for a gift. I had some trouble with it, and it took me the whole day to make this cellphone bag. It is suppose to go to someone who is leaving for holiday, but I think I will have to redo it, as I am not very satisfied with it. It is o.k. for me, but not if I want to give it so someone. I saw the pattern in the Australian Homespun magazine (Vol. 12.12 - The Summer Issue). I, however, added a button where the pattern provided for a snap fastener.


Tot volgende keer!

Until later!

Thursday, 8 November 2012

Bloggers' BOM 12 en 13

My Bloggers' BOM blokke 12 en 13 is klaar! Nou kan ek die uiteensetting uitlê en die laaste goedjies vir die bokant afhandel.

My Bloggers' BOM blocks 12 and 13 are finished! Now I can place the layout on the floor and do the last few things to finish the top.

Blok 12 deur Amy van Amy's Creative Side

Block 12 by Amy from Amy's Creative Side



Blok 13 deur Sarah van The Last Piece

Block 13 from Sarah of The Last Piece


Indien julle belangstel in die BOM blokke of selfs die kwilt, kan julle op Jackie se Blog Canton Village Quilt Works gaan kyk vir al die patrone en uitlegging.

If you are interested in the BOM blocks, or the quilt itself, then you can go to Jackie's blog Canton Village Quilt Works and have a look at all the patterns and layout.

Nou kan die pret begin - die uitlegging en finalisering. Tot later!

Now the fun can begin - the layout and the finishing. Until later!

Friday, 2 November 2012

Frienship Mini Quilt Swap

In September het ek deelgeneem aan 'n mini kwilt uitruiling. Dit was 'n geheime uitruiling, en dus kon ek nie veel daaroor blog nie, tot nou toe.

In September I took part in a mini quilt swap. It was a secret swap, thus I couldn't say much about it, until now.

Ons het almal 'n borduurwerk patroon gekry om te maak, en ons kon 'n kwilt daarmee skep. Die enigste vereistes was dat die kwilt moet 'n sekere grootte wees, en dat die borduurwerk daarin moet wees. Verder kon ons ons kreatiwiteit laat seevier.

We all received a stitchery and we had to make a quilt with it. The only requirements were that it had to be within a certain size and that the stitchery had to feature. Otherwise, we could set our creativity free.

Hier is my weergawe van die kwilt. Ek het met die "tuin" idee gebly en blomme ge-appliek met organza (soos met die kussings wat ek maak). My kwilt het aan Michele Foster van Quilting Gallery gegaan. Sy is ook die organiseerder van die uitruiling. (Dankie Michele vir jou insette en 'n wonderlike projek).

Here is my version of the quilt. I stayed with the "garden" idea and appliqued some flowers with organza (just like with my pillows). My quilt went to Michele Foster from Quilting Gallery. She is also the organizer of the swap. (Thank you Michele for your input and a wonderful project.)


 My "spook" was Benita Gustavsoon uit Swede. Sy het hierdie pragtige rooi-werk weergawe gemaak. Sy het ook die oulike skinkbord met Dalaperde gestuur. Baie dankie Benita. Die kwilt en skinkbord gaan baie geniet en waardeer word.

My "secret partner" was Benita Gustavsson from Sweden. She made this lovely redwork version. She also send me this cute tray with Dala horses. Thank you very much Benita. The quilt and tray will be enjoyed and appreciated.



Ek sal graag weer in so 'n uitruiling wil deelneem, wanneer die tyd en geleentheid dit toelaat.
Groete vir eers!

I would like to take part in another swap like this, when the time and opportunity allows it.
Regards for now!