Wednesday, 19 September 2012

Bietjie snywerk

Ek moet ongelukkig erken dat ek nie veel het om oor te skryf nie. Sedert my laaste inskrywing, het ek feitlik net kwiltwerk gedoen aan Broer 1 se kwilt. Ek moet ook erken dat ek begin nou verveeld raak, en dat die kwiltwerk meer werk as plesier begin word. Ek het nog 'n klein stukkie om te kwilt en dan die rantstrook. Die kwiltwerk gaan nie regtig op die foto wys nie en daarom het ek besluit om nie een op hierdie stadium te neem nie.

I must admit that I don't have much to say. Since my last entry, I have only been quilting on Brother 1's quilt. I must also admit that I am getting tired of it and it is becoming more work than play. I still have a small piece to do as well as the border. Unfortunately the quilting won't show on a photo, so I decided not to take one now.

Aan die kander kant, het ek wel 'n paar stukkies materiaal gesny tydens ons dag lange kragonderbreking (wat maar net 5 uur lank geduur het) verlede week. Ek het die stukke gesny vir die Blogger's BOM van verlede maand asook Broer 2 se kwilt materiale.

On the other hand, I did do some cutting of fabrics during our day long power failure last week (which lasted for 5 hours). I cut the pieces for last month's Bloggers BOM block as well as Brother 2's quilt fabrics.



Die blokke aan die linker kant gaan nog verder verwerk word tot in half-vierkant-driehoeke / The blocks on the left will be cut further into HST's.

Vir diegene wat geinteresseerd is, dit gaan goed met die baba vissies. Tydens die kragonderbreking, het ALMAL van hulle uit die broeinet ontsnap. Ek het byna 'n hartaanval gehad, maar het later gesien dat die volwasse visse die kleintjies ignoreer. So, toe los ek hulle. Daar blyk in totaal 11 kleintjies te wees - een baie groot een en 10 kleiner vissies.

For those interested, it is going well with the baby fish. During the power failure, ALL of the babies escaped from the breeding net. At fist I nearly had a hart attack, but later noticed that the adult fish are ignoring them. So, I let be. There seems to be 11 fry in total. One which is huge and 10 smaller fry.

"Groot" baba en 4 klein baba vissies / "Big" baby and 4 smaller fry

Dis dit vir eers. Tot later!

That is it for now. Until later!

Tuesday, 4 September 2012

Lentedag

Hier in die suidelike halfrond begin lente weer sy kop uitsteek. Die weer begin weer warmer word, en die begeerte om weer in die natuur rond te loop brand in ons. Daarom dat ons en 'n klomp vriende weer die naweek gaan stap het -  nie omdat dit Lentedag was nie, maar net omdat dit lekker is.

Here in the southern hemisphere, spring is showing its head again. The weather is edging towards the warmer side and the desire to be out in nature is burning again. That is why our friends and us went on an hike this weekend - not so much because it was Spring day, but just because it is so much fun.

Ons uitstappie het begin met 'n besoek aan Grand Bassin. Dis 'n meer wat in 'n krater gevorm het. Vir die Hindu gemeenskap is dit 'n heilige plek, en daar is tempels en beelde van die verskillende gode, asook van Lord Shiva.

Our first stop on our field trip was at Grand Bassin. This is a crater lake. For the Hindu community, this is a sacred place and have build temples and statues for their gods, including Lord Shiva.


 
 




Vandaar is ons na die Black River Gorges toe vir 'n staptog. Die weer het gedreig om te reën, maar gelukkig was geluk aan ons kant. Nie te min, dis was 'n bewolkte dag, met 'n koue wind en so nou en dan 'n paar druppels reën. Soms het die wolke oopgetrek en lieflike sonskyn deurgelaat.

From there we went to the Black River Gorges for a hike. The weather threatened to rain, but luck was on our side. None the less, it was a cloudy day with a cold wind and few drops of rain. Sometimes the sky would clear up and some wonderful sunshine would pass through.



Afgesien van die son, is dit hoe meeste van die roete gelyk het...nat en modderig. My skoene was 'n gemors, maar dankie tog vir Handy Andy!

Despite the sun, this is what our track looked like...wet and muddy. My shoes were a mess, but thank goodness for Handy Andy!


 Die diere was min hierdie keer. 'n Paar voëls was sigbaar, asook hierdie outjie...

The animals were few this time. There was some birds, and then this guy...

 
Wel, hoe het julle jul naweek en Lentedag spandeer? Groete vir eers.

Well, how did you spend your weekend and Spring day? Regards for now.

Thursday, 16 August 2012

Blogger's BOM 10 en 11

Ek het bietjie tyd gehad hierdie week om weer aandag te gee aan my lappies. Ek het die kwilt klaar geryg, en het ook die Blogger's BOM blokke 10 en 11 voltooi.

I had some time available this week for my fabrics. I finished basting the quilt, and also completed the Blogger's BOM blocks 10 and 11.

Blok 10 is deur Pam Vieira-McGinnis van Pam Kitty Mornings

Block 10 by Pam Vieira-McGinnis of Pam Kitty Mornings


Blok 11 deur Victoria Wolfe van Bumble Beans Inc.

Block 11 by Victoria Wolfe of Bumble Beans Inc.


Hier is hulle almal saam.

And here they are, all together.


Ek moet seker weer aandag gee aan my NYB blokke ook. Ek dink ek het 4 oor om te doen. Miskien later.

Groete!

I should give some attention to my NYB blocks as well. I think I have 4 left to do. Maybe later.

Regards!

Monday, 13 August 2012

Aangename verrassing

Vandag is dit 'n nie-kwilt blog inskrywing. Bloot omdat dit net sulke goeie nuus is wat ek graag wil deel. Ek het 'n vistenk en tans is daar Zebra Danio en Platy visse in. Die laaste twee naweke het vir my groot verrassing ingehou...

Today is a non-quilting blog entry. Mostly because I have such good news that I want to share with all. I have a fish tank with Zebra Danio and Platy fish. The last two weekends held a big surprise for me...

(Die foto's in ongelukkig nie baie goed nie / The photos are not very good, sorry)


(Julle sal dalk die op die foto's moet kliek om dit groter te maak om die vissies te kan sien / You might have to click on the photo to make it bigger in order to see the fry)

In die laaste week het my Zebra Danio's besluit om te broei - spontaan! Ek het hulle maar slegs sedert Mei. Dit was belis nie my beplaning om te broei nie, maar ek is in die sewende hemel aangesien daar byne 10 baba vissies is (hulle is op hierdie stadium te klein om akkuraat te tel, dus kan dit meer of minder wees). Ek en Manlief het vanoggend byna 'n uur spandeer om die kleintjies te vang en in die broeinet te plaas. Verlede naweek het ons 'n kleintjie gevang uit 'n vorige broeisel en dit was alreeds 'n verrassing.

In the last week, my Zebra Danio's decided to spawn - spontaneously! I only have them since May. It was not my intention to breed, but I am ecstatic since there is almost 10 fry (at this stage they are too small to count accurately, so there can be more or less). Hubby and I spend nearly an hour this morning to catch the youngsters and place them in the breeding net. Last weekend we caught a baby as well, but from another spawning. That in itself was already a surprise.

Die net gaan vir die volgende rukkie hul tuiste wees, totdat hulle groot genoeg is om tussen die volwasse visse te swem. Dit sal vir my 'n groot plesier wees indien meeste van hulle oorleef.

Tot later!

The net will be their home for the next while, until they are big enough to swim with the adult fish. It will be a great pleasure if most of them survive.

Until later!

Friday, 10 August 2012

Nog net...


... hierdie bietjie oor om te ryg, dan kan ek begin met die kwiltwerk.

Just this much left to do, before I can start quilting. 


Dis hoe ek gewoonlik my rygwerk doen: ek sit/kniel op die kussing, en ryg ry vir ry, van links na regs. My enigste toerusting is die kussing, naalde, gare, skêr en natuurlik leer vingerhoede. Soms sal ek musiek luister of 'n video speel, net vir agtergrond geluide. Werk soos 'n bom vir my. Hoe doen julle gewoonlik jul voorbereiding?

Groete

This is how I normally do my basting: I will sit/kneel on the cushion, and will baste row for row, from left to right. My only tools are the cushion, needles, thread, scissors and off course some leather thimbles. Sometimes I will play some music or a video, just for some background noise. This works like a charm for me. How do you normally do your basting?

 Regards