Thursday, 16 August 2012

Blogger's BOM 10 en 11

Ek het bietjie tyd gehad hierdie week om weer aandag te gee aan my lappies. Ek het die kwilt klaar geryg, en het ook die Blogger's BOM blokke 10 en 11 voltooi.

I had some time available this week for my fabrics. I finished basting the quilt, and also completed the Blogger's BOM blocks 10 and 11.

Blok 10 is deur Pam Vieira-McGinnis van Pam Kitty Mornings

Block 10 by Pam Vieira-McGinnis of Pam Kitty Mornings


Blok 11 deur Victoria Wolfe van Bumble Beans Inc.

Block 11 by Victoria Wolfe of Bumble Beans Inc.


Hier is hulle almal saam.

And here they are, all together.


Ek moet seker weer aandag gee aan my NYB blokke ook. Ek dink ek het 4 oor om te doen. Miskien later.

Groete!

I should give some attention to my NYB blocks as well. I think I have 4 left to do. Maybe later.

Regards!

Monday, 13 August 2012

Aangename verrassing

Vandag is dit 'n nie-kwilt blog inskrywing. Bloot omdat dit net sulke goeie nuus is wat ek graag wil deel. Ek het 'n vistenk en tans is daar Zebra Danio en Platy visse in. Die laaste twee naweke het vir my groot verrassing ingehou...

Today is a non-quilting blog entry. Mostly because I have such good news that I want to share with all. I have a fish tank with Zebra Danio and Platy fish. The last two weekends held a big surprise for me...

(Die foto's in ongelukkig nie baie goed nie / The photos are not very good, sorry)


(Julle sal dalk die op die foto's moet kliek om dit groter te maak om die vissies te kan sien / You might have to click on the photo to make it bigger in order to see the fry)

In die laaste week het my Zebra Danio's besluit om te broei - spontaan! Ek het hulle maar slegs sedert Mei. Dit was belis nie my beplaning om te broei nie, maar ek is in die sewende hemel aangesien daar byne 10 baba vissies is (hulle is op hierdie stadium te klein om akkuraat te tel, dus kan dit meer of minder wees). Ek en Manlief het vanoggend byna 'n uur spandeer om die kleintjies te vang en in die broeinet te plaas. Verlede naweek het ons 'n kleintjie gevang uit 'n vorige broeisel en dit was alreeds 'n verrassing.

In the last week, my Zebra Danio's decided to spawn - spontaneously! I only have them since May. It was not my intention to breed, but I am ecstatic since there is almost 10 fry (at this stage they are too small to count accurately, so there can be more or less). Hubby and I spend nearly an hour this morning to catch the youngsters and place them in the breeding net. Last weekend we caught a baby as well, but from another spawning. That in itself was already a surprise.

Die net gaan vir die volgende rukkie hul tuiste wees, totdat hulle groot genoeg is om tussen die volwasse visse te swem. Dit sal vir my 'n groot plesier wees indien meeste van hulle oorleef.

Tot later!

The net will be their home for the next while, until they are big enough to swim with the adult fish. It will be a great pleasure if most of them survive.

Until later!

Friday, 10 August 2012

Nog net...


... hierdie bietjie oor om te ryg, dan kan ek begin met die kwiltwerk.

Just this much left to do, before I can start quilting. 


Dis hoe ek gewoonlik my rygwerk doen: ek sit/kniel op die kussing, en ryg ry vir ry, van links na regs. My enigste toerusting is die kussing, naalde, gare, skêr en natuurlik leer vingerhoede. Soms sal ek musiek luister of 'n video speel, net vir agtergrond geluide. Werk soos 'n bom vir my. Hoe doen julle gewoonlik jul voorbereiding?

Groete

This is how I normally do my basting: I will sit/kneel on the cushion, and will baste row for row, from left to right. My only tools are the cushion, needles, thread, scissors and off course some leather thimbles. Sometimes I will play some music or a video, just for some background noise. This works like a charm for me. How do you normally do your basting?

 Regards

Friday, 27 July 2012

Ditjies en datjies

Wel, na byna 'n maand van stilte, is dit seker weer tyd dat ek iets sê. Om die waarheid te sê, is daar nie regtig veel om te vertel nie. Manlief se ouers het 'n rukkie by ons kom kuier, en ons het natuurlik heerlik rondgery en plekke gesien...

Well, after a month of nothing, I suppose it is time that I say something. To tell the truth, there isn't much to talk about. Hubby's family came for a visit, and we enjoyed showing them the scenery and places...


Die gesig in die berg...kan julle dit sien? (Julle sal dalk op die foto moet kliek om dit groter te maak om die gesig te kan sien) / The face in the mountain...can you see it?(You will probably have to click on the photo and make it bigger to see)


Le Morne Brabant, van aangesig tot aangesig / Le Morne Brabant, up close and personal


Coin de Mire eiland / Coin de Mire island




Krokodille by La Vanille krokodil plaas. Dis 'n leker dag-uitstappie en julle sien meer as net leer handsakke en -skoene :) (Wanneer julle op die website is, werk die foto gallary selgs as julle die Franse taal kies)

Crocodiles at La Vanille Crocodile farm. It is a lovely day-trip, and you can see much more than just leather handbags and shoes :) (If you are on the website, the photo gallery only works when you are choosing the French language option)

Wat my kwiltwerk aanbetref, is ek steeds besig om aan Broer 1 se kwilt te werk. Ek het 'n bietjie van 'n probleem gehad in terme van spasie. Aangesien die kwilt 2m by 2m is, is die kamer waarin ek gewoonlik werk, se vloerspasie te klein om die watteersel en die rugkant te meet en te sny. Die gevolg is dat ek myself tuisgemaak het in die gang...

Regarding my quilting, I am still busy with Brother 1's quilt. I had a bit of an issue regarding space. Since the quilt measures 2 meter x 2 meter, the floor space in room where I normally work in is too small to measure and cut the batting and backing. The result is that I decided to "camp out" in the hallway for a while...

Ek is tans besig met die rygwerk en is beslis nie van plan om weer so lank te neem soos met my ander kwilte nie. Ek kon gistraand redelik baie gedoen kry, want Manlief het gesit en Olimpiese sokker gekyk. Dis nie regtig vir my interessant nie, dus het ek eerder tyd op die kwilt spandeer.


Currently I am busy with the basting and I don't plan to take as long as with my other quilts in the past. Last night I managed to get a lot done since Hubby watched Olympic soccer on TV. I don't care much for that, so I spend some time on the quilt instead.






Laat die rygwerk marathon begin! / Let the basting marathon begin!

Wednesday, 27 June 2012

Bokant klaar!

Die bokant van Boetie 1 se kwilt is klaar! Ek is heel teverede met die resultaat. Aangesien hy belang stel in die veld van Wetenskap, het ek gedink hy sal dit waardeer indien ek die kleure van die warmste na die koudste rangskik in die kwilt, met Cyan/Turquoise (weet nooit watter een dit regtig is nie) as die bindende kleur.

The top of Brother 1's quilt is finished. I am really happy with the result. Since he is interested in the field of Science, I thought he would appreciate it if I arrange the colours in the whole quilt from the hottest to the coolest, with Cyan/Turquoise (I never know which one it really is) as the binding colour.


Jammer as die foto bietjie snaaks lyk. Ek het iets nuuts probeer en dit wil nie werk soos ek dit wil hê nie, maar julle kry darem die idee van hoe die kwilt lyk.

Sorry if the photo is a bit funny. I tried something new and it did not work out exactly as I wanted, but you get the idea of how the quilt looks.

Ek gaan vir die volgende rukkie "van die lug af" wees. Ons kry more gaste vir twee weke, en ek dink daar gaan min tyd wees vir my om te spandeer aan kwiltwerk.

Tot later!

I am going to be "off the air" for a while. We are getting visitors tomorrow, and they are staying for two weeks. I don't think I will have much time for sewing.

Until later!