Friday, 27 July 2012

Ditjies en datjies

Wel, na byna 'n maand van stilte, is dit seker weer tyd dat ek iets sê. Om die waarheid te sê, is daar nie regtig veel om te vertel nie. Manlief se ouers het 'n rukkie by ons kom kuier, en ons het natuurlik heerlik rondgery en plekke gesien...

Well, after a month of nothing, I suppose it is time that I say something. To tell the truth, there isn't much to talk about. Hubby's family came for a visit, and we enjoyed showing them the scenery and places...


Die gesig in die berg...kan julle dit sien? (Julle sal dalk op die foto moet kliek om dit groter te maak om die gesig te kan sien) / The face in the mountain...can you see it?(You will probably have to click on the photo and make it bigger to see)


Le Morne Brabant, van aangesig tot aangesig / Le Morne Brabant, up close and personal


Coin de Mire eiland / Coin de Mire island




Krokodille by La Vanille krokodil plaas. Dis 'n leker dag-uitstappie en julle sien meer as net leer handsakke en -skoene :) (Wanneer julle op die website is, werk die foto gallary selgs as julle die Franse taal kies)

Crocodiles at La Vanille Crocodile farm. It is a lovely day-trip, and you can see much more than just leather handbags and shoes :) (If you are on the website, the photo gallery only works when you are choosing the French language option)

Wat my kwiltwerk aanbetref, is ek steeds besig om aan Broer 1 se kwilt te werk. Ek het 'n bietjie van 'n probleem gehad in terme van spasie. Aangesien die kwilt 2m by 2m is, is die kamer waarin ek gewoonlik werk, se vloerspasie te klein om die watteersel en die rugkant te meet en te sny. Die gevolg is dat ek myself tuisgemaak het in die gang...

Regarding my quilting, I am still busy with Brother 1's quilt. I had a bit of an issue regarding space. Since the quilt measures 2 meter x 2 meter, the floor space in room where I normally work in is too small to measure and cut the batting and backing. The result is that I decided to "camp out" in the hallway for a while...

Ek is tans besig met die rygwerk en is beslis nie van plan om weer so lank te neem soos met my ander kwilte nie. Ek kon gistraand redelik baie gedoen kry, want Manlief het gesit en Olimpiese sokker gekyk. Dis nie regtig vir my interessant nie, dus het ek eerder tyd op die kwilt spandeer.


Currently I am busy with the basting and I don't plan to take as long as with my other quilts in the past. Last night I managed to get a lot done since Hubby watched Olympic soccer on TV. I don't care much for that, so I spend some time on the quilt instead.






Laat die rygwerk marathon begin! / Let the basting marathon begin!

Wednesday, 27 June 2012

Bokant klaar!

Die bokant van Boetie 1 se kwilt is klaar! Ek is heel teverede met die resultaat. Aangesien hy belang stel in die veld van Wetenskap, het ek gedink hy sal dit waardeer indien ek die kleure van die warmste na die koudste rangskik in die kwilt, met Cyan/Turquoise (weet nooit watter een dit regtig is nie) as die bindende kleur.

The top of Brother 1's quilt is finished. I am really happy with the result. Since he is interested in the field of Science, I thought he would appreciate it if I arrange the colours in the whole quilt from the hottest to the coolest, with Cyan/Turquoise (I never know which one it really is) as the binding colour.


Jammer as die foto bietjie snaaks lyk. Ek het iets nuuts probeer en dit wil nie werk soos ek dit wil hê nie, maar julle kry darem die idee van hoe die kwilt lyk.

Sorry if the photo is a bit funny. I tried something new and it did not work out exactly as I wanted, but you get the idea of how the quilt looks.

Ek gaan vir die volgende rukkie "van die lug af" wees. Ons kry more gaste vir twee weke, en ek dink daar gaan min tyd wees vir my om te spandeer aan kwiltwerk.

Tot later!

I am going to be "off the air" for a while. We are getting visitors tomorrow, and they are staying for two weeks. I don't think I will have much time for sewing.

Until later!

Thursday, 21 June 2012

Goeie vordering

Ek het uiteindelik nog gare gekry vir Boetie 1 se kwilt, en het laat wiel. Al die blokke se stikwerk is gedoen en die stroke vir die rand is gesny. Ek het 'n paar dae gesit en wonder oor hoe ek die rand moet maak, want ek was nie tevrede met my vorige idees nie. Gelukkig het ek nou op iets besluit wat my sommer baie opgewonde het, en dit is nie eers 'n baie moeilike patroon nie. Ek sal die eindresultaat vir julle wys sodra dit klaar is. Miskien nog hierdie naweek.

At last I got the thread I needed for Brother 1's quilt, and jumped into action. All the blocks' sewing is done and the strips for the border are cut. I spend a few days pondering about the border, as I was not very happy with my initial ideas. Luckily I have decided on something that has me very excited, and it is not even a difficult pattern. I will show you the end results later, maybe this weekend still.




Groete / Regards

Wednesday, 13 June 2012

NYB Blok 6

Hoera! Nog een is klaar. Ek het dit geniet om hierdie een te maak. Soveel so dat ek vergeet het om foto's te neem. Hopelik sal ek volgende keer 'n inskrywing met bietjie meer "lyf" kan maak.

Groete

Yippee! Another one is finished. I enjoyed making this block. So much so that I actually forgot to take some pictures. Hopefully I will write a post with bit more "body" next time.

Regards


Tuesday, 5 June 2012

NYB Blok 5

Terwyl ek wag vir 'n geleentheid om Port Louis of Curepipe toe te gaan sodat ek kan gare koop, werk ek maar aan ander projekte. Die New York Beauty Quilt Along is al iets van die verlede, en ek is natuurlik die agteros... Nie te min, hier is my Blok 5:

While I am waiting for a chance to go to Port Louis or Curepipe to buy some thread, I am working on a few other projects. The New York Beauty Quilt Along is already a thing of the past, yet here I am trotting along...Non the less, here is my Block 5:




En hier is almal by mekaar / And here they are, all together


Nog 5 om te gaan... Ek sal kyk hoeveel materiaal aan die einde oorbly, en miskien nog 'n paar blokke maak om sodoende die kwilt bietjie groter te maak.

5 more to go...I will see how much fabric is left in the end and maybe make a few more blocks just to make the quilt a big bigger.

Nou, 'n raaisel vir julle: kan enige iemand vir my vertel presies wat die doel van hierdie sambreel is? Ek glo nie 'n mens kan onder dit lê en sonbrand nie. Miskien 'n koeltekol vir die visse?

Now, riddle me this: what exactly is the use of this umbrella? I don't think one can lie underneath it and tan. Maybe some shade for the fish?


Tot volgende keer! / Until next time!