Saturday, 21 January 2012

Aan die gang

Ek het nie veel om te wys vandag nie, maar wat ek het wys ek met graagte:

Eerstens die Scrapbook bladsy van Blok 4 van die Blogger's BOM:

I don't have much to show today, but what I have, I show with pleasure:

Firstly, the Scrapbook page of Blok 4 of the Blogger's BOM:


Tweedens, is die bostuk klaar van die 12 Days of Christmas kwilt. Ek het besluit om eerder een groot(er) kwilt te maak, in plaas van twee kwilte.  Ek is tans besig om dit te ryg, en oorweeg dit sterk om gewone reguit lyn kwiltwerk daarop te doen.

Secondly, is the top of the 12 Days of Christmas quilt. I decided to make one big(ger) quilt than two separate quilts. Currently I am busy basting it, and I am strongly considering to quilt is using straight line quilting.


Wel...dis al. Tot later!

Well...that's it. Chat later!

Wednesday, 11 January 2012

Net vir die mooi

Dis wat jy kry wanneer jy die heeldag gebuk gaan onder hoë humiditeit, 30 Grade Celsius, reënwolke wat nie regtig reën nie, 'n onsmaaklike wind...en voeg 'n sonsondergang daarby...

This is what you get when you suffer the whole day long under high humidity, 30 Degrees Celsius, rain clouds that doesn't really want to rain, an unpleasant wind...and add a sunset to that...






Sunday, 8 January 2012

Inhaal

Ek het die naweek heerlik agter my naaldwerkmasjien ingeskuif, en stikwerk gedoen dat dit by my ore uitloop. Ek kon dit doen, want manlief het 'n uiltjie geknip, en ek was nie regtig lus vir werk in en om die huis nie. Hier is wat ek gedoen het:

I moved in behind my sewing machine this weekend, and sewed until I dropped. I could do it, since Hubby was taking a nap, and I wasn't really in the mood for house work. Here is what I have done:

Ek het eerstens ingehaal op die Bloggers' BOM, en het Desember se blog voltooi. Hierdie maand se blok is van Pat Sloan. Die foto's praat vir hulself.

Firstly I caught up with the Bloggers' BOM, and finished the December block. This block is from Pat Sloan. The photos speak for themselves.





 Hier het ek die blokke almal uitgepak. Ek moet erken, dit begin soos 'n kwilt lyk...

Here I have set out all the blocks. I must admit, it is starting to look like a quilt...



Nadat ek klaar gespeel het, was ek steeds lus vir naaldwerk - ek moet 3 weke se K.O.S. (Kwiltwerk Onttrekkings Simptome) teenwerk :-) 'n Paar bloggers het deelgeneem aan die 12 Days of Christmas, aangebied op Temecula Quilt Co deur Sheryl Johnson, en ek het besluit om ook deel te neem. Ek het solank 7 "dae" klaar. Weereens maak ek twee van alles (die blokke is maar 3.5" groot), maar hierdie keer hou ek die blokke dieselfde. Ek sal later besluit of ek twee afsonderlike kwilte wil maak, of almal in een kwilt plaas. Die materiaal is van 'n orige jelly roll, asook 'n paar stukkies van ander materiale.

After finishing that, I was still in the mood for sewing - I had to counter 3 weeks of Q.D.S. (Quilting Deprivation Syndrome) :-) A few bloggers participated in the 12 Days of Christmas, hosted on Temecula Quilt Co by Sheryl Johnson, and I decided to join them. I finished 7 "days" so far. I am making two of each blocks again (the blocks are 3.5" big), but this time I am keeping them the same. I will decide later whether I want to make two separate quilts, or make one from all the blocks. The fabrics is from leftovers of a jelly roll, together with some other bits and pieces.


Voordat ek nou verder met kan lappies speel, moet ek eers aandag gee aan my huisie. Tot volgende keer!

Before I can have more fun with fabrics, I need to attend to my house. Until next time!

Tuesday, 3 January 2012

Voorspoedige Nuwe Jaar!



Voorspoedige Nuwe Jaar hier vanuit Mauritius. Die nuwe jaar is verwelkom met lieflike vuurwerk-vertonings.

Tot op hede het ek nog nie my jaar beplan nie, en sal later my projekte en mikpunte vir die jaar bepaal.

Happy New Year from Mauritius. Die new year was welcomed with lovely fireworks.

Currently I have not planned my year, and will later decided on my projects and goals for the year.

Wat ek graag wil julle wil wys, is my laaste voltooide kwilt vir 2011 - Die Padda Kwilt.

Die kwilt was saam met ons op "vakansie" en ek het dit in die laaste week van Desember klaargemaak. Dit is ook aan die persoon gegee vir wie dit gemaak is, en sy was BAIE opgewonde :)

What I want to show you, is my last completed quilt for 2011 - The Froggy Quilt.

The quilt was taken along on our "holiday" and I finished it during the last week of December. I also gave it to the person for whom it was made, and she was VERY excited :)

Voorkant / Front


Agterkant / Back

Nou, om weer in roetine in te kom...Lekker dag!

Now, to get back into routine...Enjoy your day!

Friday, 16 December 2011

Op die hond se stert

2011 is feitlik iets van die verlede. Ons gaan wel weg vir die Kersseisoen, maar is met Oujaarsaand weer terug - sodat ons die vuurwerke van ons dak af kan sien.

'n Geseënde Kersfees aan almal van julle wonderlike mense, en 'n voorspoedige 2012.

Sien julle in die nuwe jaar!

Edit: Dankie aan Karen en Josee vir die goeie wense. Ek dink ek het iewers 'n verkeerde knoppie gedruk, want jul kommentaar het verdwyn. Jammer daaroor!

2011 is nearly at an end. We will be gone for Christmas, but will be back on New Year's Eve - to watch the fireworks from our roof.

A Merry Christmas to all of you wonderful people, and a prosperous 2012

See you in the new year!

Edit: Thank you to Karen and Josee for the well wishes. I think I pushed a wrong button somewhere, since your comments have just dissapeared...Sorry about that!