Tuesday 31 August 2021

Gekwilte baadjie - Deel 2

In my vorige blog post het ek verduidelik waarom ek besluit het om 'n gekwilte baadjie te maak, en wat die materiaal was wat ek gekies het daarvoor. Ek het ook al die snywerk gedoen. Nou is dit tyd om als aanmekaar te sit.

In my previous blog post I explained why I decided to make a quilted jacket and what fabrics I was using. I also completed all the cutting. Now it is time to put everything together.


Ek het eers die rug se NYB blokke gemaak, gevolg deur die moue. Dit is die enigste volledige NYB blokke in die baadjie. Daarna het ek aan die boƫ gewerk en laastens die lappel. Ek het vele uitlegte eers probeer voordat ek als aanmekaar begin stik het.

Al die gekleurde dele is aan die silwer geappliek, en sommer terselfdertyd 'n bietjie impromptu hand-kwiltwerk is gedoen, Ek het die batting aan die silwer materiaal geryg en toe die baadjie, uitgesluit die moue, aanmekaar gesit. Daarna het ek die gekleurde stukke op geappliek, deur beide die silwer laag en die batting. Laastens het ek sakke ingewerk. Dis 'n bietjie nou, maar my foon pas perfek daarin.

I completed the NYB blocks on the back first, followed by sleeves. Those are the only full NYB blocks in the jacket. After that I made all the coloured arches, and lastly the front. I tried many layouts first, before I started stitching everything together.

All the coloured pieces are appliqued unto the silver fabric, and some impromptu quilting was also done in the process. I basted the batting to the silver fabric, and constructed the jacket first (except the sleeves). Then I appliqued the coloured pieces, taking the thread through both the silver layer and the batting. Lastely I added some pockets. It is a bit narrow, but my phone fits perfectly.

Hier is die moue nadat ek die groen vasgeheg het. Dit wys die kwiltwerk. / Here are the sleeves, after I attached the green. It shows the quilting.



Die voering is orige materiaal van 'n vorige kwilt. Ek wou oorspronklik 'n ligter kleur gebruik het, maar die nate het deurgeskyn, dus het ek op die donkerder kleur besluit (want dis al ander materiaal wat genoegsaam was vir die voering ;) )

The lining was cut from left over fabric from a previous quilt. Originally I wanted to use a lighter colour, but the seems showed through the fabric, so I decided on the darker fabric instead (mostly because it was the only other fabric that I had enough of to make the lining ;) )

Nadat als aanmekaar gewerk is, en die ritssluiter aangeheg is, het ek besluit om versiersteke te gebruik eerder as die gewone reguitlyn, vir die "top stitching" Die moue s'n het perfek uitgekom, maar ek dink egter ek moes grys gare gebruik het vir die kraag en onderlyf se stikwerk, eerder as swart...

After everything was stitched together, and the zipper was added, I decided to use some decorative stitches for the top stitching, instead of the normal straight line stitching. The sleeves came out perfectly, but in hindsight, I should have used grey thread instead of black, for the collar and the bottom stitching.




 

Geen nuwe uitrusting is volledig sonder 'n bypassende masker nie!!! 

Nou, die "photo finish"

No new outfit is complete without a matching mask!!! 

Now, the photo finish.

 





Ek het dit baie geniet om die baadjie te maak. Inteendeel, ek maak nog 2 baadjies...Ek sal dit wys soos die projekte vorder. Die baadjie is baie sagter en snoesiger as was ek oorspronklik gedink het dit sou wees. Ek is mal daaroor!

Tot later!

I really enjoyed making the jacket. In fact, I am making 2 more...I shall show them as the projects progresses. The jacket is a lot softer and cozier than I expected. I love it!

Until later!

No comments:

Post a Comment

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.