Tuesday 10 December 2019

Impromptu kwilt

Ek het nog 2 DJ blokke om vir julle te wys. Beide hierdie blokke lyk nie heeltemal soos die blokke in die oorspronklike kwilt nie. Ek dink die skrywer het die patroon aangepas. Ek het nog sulke blokke teëgekom, en het besluit om daardie blokke soos diè in die kwilt te laat lyk, eerder as om die patroon in die boek te volg.

I have 2 more DJ blocks to show you. Both these blocks doesn't look exactly like those in the original quilt. I think the author adapted the patterns. I had more blocks like that, and decided to replicate those blocks in the quilt, rather than follow the pattern in the book.



Na hierdie 2 blokke voltooi is, het ek nie meer gedrukte patrone gehad nie. Intussen vra Boetie die heeltyd nog vir 'n kombers, sedert ek my DJ begin het. Ek gryp toe 'n materiaal pakkie, wat ek as geskenk by iemand gekry het, en die pakkie het 'n gratis patroon by. Ek besluit toe om die patroon vir hom te maak...

After these 2 blocks were finished, I didn't have any more printed patterns. In the meantime DS has been asking me for a "blanket" ever since I started my DJ. I grabbed a fabric pack, which I received as a gift, and in this packet was a free pattern. So I decided to make this for him.


Dis die patroon wat saam met die materiaalpakkie gekom het. Dis 'n maklike en vinnige patroon. / This is the pattern that came with the fabric pack. This is an easy and quick pattern.


Hierdie is die materiaal wat in die pakkie gekom het. 20 verskillende lappies, elkeen herhaal om 'n totaal van 40 10" lappies te maak. /
This is the fabric that came in the packet. 20 different pieces, each repeating to make a total of 40 10" pieces.


Die voltooide bokant. Die randstrook is nie deel van die patroon nie. Ek het dit bygewoeg sodat Boetie darem 'n jaar of twee lank die kwilt kan gebruik ;) Die bokant is ongeveer 158cm x 158cm /
The finished quilt top. The border is not part of the pattern. I added it so that DS can have at least an extra year or two's worth of use from the quilt ;) The top is about 62.5" x 62.5".

Nou moet ek wag vir watte-ersel en die rugkant. Terug na DJ... Tot later!

Now I need to wait for batting and backing fabric. Back to DJ... Until later!

No comments:

Post a Comment

Jou kommentaar word baie waardeer. Ek geniet dit om jul opinies te lees. / Your comments are appreciated. I enjoy reading your opinions.